Geweld vlam weer op in Coligny

Vragmotors wat deur betogers in Coligny in Noordwes aan die brand gesteek is (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

Gewelddadige betogings het Dinsdag weer in Coligny in Noordwes opgevlam waartydens vragmotors en huise deur betogers aan die brand gesteek is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê een trekker, drie vragmotors en drie huise in die dorp is Dinsdag afgebrand. “Geen beserings is aangemeld nie. Dit lyk asof daar niemand in die huise was toe dit aan die brand gesteek is nie,” het hy gesê.

Hy het gesê hy verneem daar is wel verdagtes in Coligny in hegtenis geneem, maar kon nie onmiddellik bevestig hoeveel nie.

“Die polisie is op die toneel en doen die nodige stappe om die skare uiteen te jaag. Watter metodes gebruik word kan ek nie nou bevestig nie, want dit is deel van die operasionele besluite wat daar geneem word,” het hy gesê. “Die probleem is dat die betogers nie in ʼn groot groepe beweeg nie, maar eerder in baie kleiner groepe en daarom is hulle moeiliker om te beheer.”

Vrydag is daar ook drie vragmotors buite Lichtenburg aan die brand gesteek en Maandag is ʼn polisie-njala verwoes nadat betogers dit aan die brand gesteek het. Talle winkels en sakeondernemings in Coligny is erg deur betogers beskadig en geplunder.

ʼn Onderneming in Coligny in Noordwes wat onder betogers deurgeloop het (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

Sewe verdagtes is Maandagnag in Blydeville buite Lichtenburg in hegtenis geneem. Vrydag is altesaam 14 verdagtes ook in Lichtenburg in hegtenis geneem.

Mokgwabone het gesê die R503 tussen Coligny en Lichtenburg was teen Dinsdagmiddag steeds oop vir verkeer, maar het motoriste gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle die pad gebruik omdat betogings wel met tye daar opvlam.

Mokgwabone het weer beklemtoon dat talle lede van die polisie se eenheid vir openbare orde asook verkeersbeamptes op verskillende plekke ontplooi is om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

janee ·

Die polisie is nie bevoeg om die situasies te hanteer nie…Njalas is draers van gewapende reaksie …opgelei om onluste te beheer……..beheer hulle dan dammit.

Henk ·

Hulle beweeg dus in bendes rond en terroriseer, plunder en stig brande? Dit is mos nie ‘n protesoptog nie, dis anargie.

JG ·

Hierdie is niks anders as beplande terrorisme en dit is die SAPD se PLIG om dit met die reaksie wat dit verdien te hanteer….maar ons weet almal die WIL ontbreek

Hendrik ·

ek stem volkome met jg saam. Die wil ontbreek en waar daar wel n wil is word dit met die wet onderdruk. wat die sapd ookal doen word daar ondersoeke gehou en stres op die gewillige sapd lede geplaas.

Ronel ·

Ek lewer nie graag kommmetaar in sulke gevalle nie maar nou wil ek net graag weet wat hierdie betogers sal doen as die dorp se mense in hulle nedersettings ingaan en ook voor die voet begin om alles daar aan die brand begin steek?

Rina Pretorius ·

hierdie is ‘n eensydige oorlog en dit gaan uit en uit om die blankes op hulle kniee te dwing, dis beplande aksies die. ons sal moet begin optree

Johann ·

As anargie die dag in hierdie land losbreek, is daar nie ‘n manier hoe die polisie, weermag, lugmag en die veiligheidsdienste dit onder bedwang gaan bring nie.

Gert ·

Stedelike terreur…die regerende party is beslis hiermee vertroud. Die massas gaan al hoe meer begin toeslaan, want SA is leierloos. Kriminele en sosiopate is aan die stuur van dinge in hierdié land. Lekker terugsit en wag maar rustig vir jul ou reënbogie, Suid-Afrika!!

Toerien J. ·

Dit lyk maar sleg daar. Nou het hulle begin klipgooi en roof in Jhb Lenasia ook.

Elna Kupke ·

Waar is die weermag! Bring asb die ou SA terug!!! Sulke GEMORS het net nie plaasgevind nie, want hulle was nie toegelaat om hul terroristiese bedrywighede te pleeg nie! Dit is openlike burgeroorlog wat hul uitlok en die SAP is nie by magte of MAG nie optree nie !!!

Rina ·

Die weermag word net tot voordeel van die regering gebruik.
Op 7 April is 600 lede ontplooi om die Lethulie huis te beskerm.
Ons belasting geld.

n ·

Hoekom stop zuma dit nie…as hy dink hy het nog beheer oor sy mense nie

Rika G ·

My Ma en sisters bly in Coligny… hulle se dit was verskriklik nog nooit so iets gesien nie. Al die winkels is geplunder en hulle het net gevat drank, kruideniersware tot beddens alles waarop hulle, hulle hande kon le. Dit wys weer hulle voel vere vir ander se goed vat wat hulle wil he. Hoop almal van hulle word gevang

TTh ·

Weereens ‘n geval van mislukte onrusbeheer, die polisie is net daar vir vertoon, en kon nie die skade voorkom nie. Dit is jammer en te laat vir trane. Dit is nie misdaad se skuld nie, dit is ‘mense’ wat dit veroorsaak en pleeg. Een van die dae sal die publiek reg in eie hande moet neem, ongelukkig is die algemene beskaafde publiek onkapabel en sal nie weet hoe om onrusbeheer te doen nie… – groot moeilikheid le voor.

Cherokee ·

Onthou julle wat het die terroriste gesê voordat hulle beheer van die land geneem het? Gesê dat hulle die land onregeerbaar sal maak. Dit is gedoen… en hulle kan dit nie beheer nie.

DOEN DIT ·

Dit het nou tyd geword vir die polisie en weermag om skerp aminusie te gebruik dan sal die saak nie langer as ‘n paar uur voortduur nie

Cherokee ·

Dit is geen opstande en betogings nie maar bloot blatante rooftogte wat gedoen word onder die vaandel van betogings. Wed julle die meeste weet nie eers waarteen hulle beswaar maak nie maar roof en vandaliseer net.

Sonja ·

Jy is doodreg. Hulle is nie mooi seker hoekom hulle so tekere gaan nie. Begin een dan hardloop die hele spul agterna en dan is almal ewe kwaad. Ek is naar vir die hele spul. Sal altyd onopgevoed bly. Dis nou maar so

marous ·

Hulle is openlik deur hul heersers in die parlement en openbaar opgesweep om dit te doen. Daar word gegiggel en gelag daaroor….

Rachel ·

Mense ek wil nou nie doem profeet wees nie. Maar hierdie is maar net die begin van Anargie. Hulle begin by klein dorpies dan beweeg hulle na groot stede. Maar net my opinie!

Lollie ·

Ek is verstom. Die mense het so ophef gemaak van Oom Angus. Nou voospel hulle alles wat negatief is. Waar is die geloof nou? Oom Angus swaai nie ń towerstokkie nie! Hy het saam met ń miljoen plus mense gebid vir iets beter in die toekoms! Het almal nou net geglo die paar uur wat hy gepraat en gebid het en die oomblik toe hulle daar ry is alles na die maan?! Magtig mense, ons moet glo en vertrou ook maar dit is hoekom dit so gaan. Almal sê keer terug na God maar ons soek alles dadelik. Ons MOET glo dat alles sal verander en verbeter! Is ons geloof so klein? Dan is Oom Angus besig om sy tyd te mors! Blankes is soos kreupeles. Solank iemand voortou neem staan ons saam en sterk maar die oomblik wat hy nie by is nie en ons is alleen dan val ons weer soos hulpelose wesens plat. Dink net elke keer waarvoor het Oom Angus en ń miljoen ander gebid? Bou op sy gebed en glo in God!

Leona ·

Mense… eks nie iemand om kommentaar te lewer oor sulke situasies nie. Maar dink julle nie dis beter om negatiewe kommentaar te los en eerder saam te staan nie?? Almal soek ou SA terug… maar dink julle nie ons moet eerder net saam staan en ons Geloof reg kry nie. Al wie ons kan help is God…

Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.