Gewelddadige betoging by De Doorns

‘n Vragmotor is vroegoggend aan die brand gesteek. (Foto: Wes-Kaapse dept. van vervoer)

Die N1 naby Sand Hills in die Worcester-omgewing is Maandag vroeg gesluit nadat ʼn vragmotor tydens ʼn betoging aan die brand gesteek is.

Jandré Bekker, woordvoerder van die departement van vervoer in die Wes-Kaap, sê daar is in hierdie stadium geen bevestiging van enige beserings nie.

Die pad is steeds gesluit en die polisie en provinsiale verkeersowerhede is op die toneel.

Die verkeer word by Orchards na ʼn alternatiewe pad herlei tot weer op die N1.

Die pad by De Doorns is berug vir die gewelddadige betogings en plundery wat gereeld daar plaasvind.

(Foto: Wes-Kaapse dept. van vervoer)

(Foto: Rob Beezy/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nozi ·

Ek glo hul het maar sien die eff was elders besig. Hul kan sekerlik nie orals wees om te help die land te beskerm nie. Shame, hierdie klom rooi petters het baie hooi op hul vurkies.

Pieter ·

waar is die rassiste eff? O ja seker hulle wat die ondersteun en by gewoon het saam Cele en span.

Misky ·

Waar is Malema en sy mense om eiendom te beskerm? Seker sterk oppad…..

Jacobus ·

En waar is oom Bheki – o ja vergeet ek dit was nie boere nie. Nothing to see here!

Persheks Adri ·

Hulle kan dood eenvoudig NIE in vrede toi toi NIE! Brandstigting is beslis ‘n nuwe sport ne! Nee magtag man

Alta Alleman ·

Is enige iemand in hegtenis geneem vir poging tot moord ??????

Kokerboom ·

Het die SAPD ‘n strategiese aksieplan om nasionale roetes teen sulke boewery te beskerm? Lyk nie so!! Wat is hul van plan om daaraan te doen. Stuur rekening vir skade aan ons land se geagte President. Dis tyd dat hy instaan vir sy “our people” se boewery

Eltan ·

Ek hou van daai idee…politici moet voortaan finansieel aanspreeklik gehou word vir al die afbreek en brand wat hulle self aanhits..

Mariana ·

Nog ‘n dag, nog ‘n trok, motor, plaas, huis of mens. Als moet brand. Dit is ons SA en hierdie kriminele elemente is besig om hom te vernietig, stukkie vir stukkie, trokkie vir trokkie, plaas vir plaas……en die regering is steeds besig om niks te doen daaraan nie.

Ben ·

Hoekom het hulle toegelaat on ñ plakkerskamp reg langs die N1 te laat ontstaan.

LiveAndLetLive ·

Brand alles af en dan kla hulle oor alles wat hulle nie het nie, brand tot hulle eie kos af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.