Die N1 naby Sand Hills in die Worcester-omgewing is Maandag vroeg gesluit nadat ʼn vragmotor tydens ʼn betoging aan die brand gesteek is.
Jandré Bekker, woordvoerder van die departement van vervoer in die Wes-Kaap, sê daar is in hierdie stadium geen bevestiging van enige beserings nie.
Die pad is steeds gesluit en die polisie en provinsiale verkeersowerhede is op die toneel.
Die verkeer word by Orchards na ʼn alternatiewe pad herlei tot weer op die N1.
Die pad by De Doorns is berug vir die gewelddadige betogings en plundery wat gereeld daar plaasvind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Het iemand die EFF al ingeroep om te kom help beskerm?
waar is die rassiste eff? O ja seker hulle wat die ondersteun en by gewoon het saam Cele en span.
Waar is Malema en sy mense om eiendom te beskerm? Seker sterk oppad…..
En waar is oom Bheki – o ja vergeet ek dit was nie boere nie. Nothing to see here!
Hulle kan dood eenvoudig NIE in vrede toi toi NIE! Brandstigting is beslis ‘n nuwe sport ne! Nee magtag man