Gewelddadige betoging woed buite Phalaborwa

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Lede van die polisie se openbare-orde-eenheid is na die Namakgale informele nedersetting buite Phalaborwa in Limpopo ontbied weens ʼn gewelddadige betoging in die gebied.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê gemeenskapslede het paaie in die nedersetting asook die R71 tussen Namakgale en Phalaborwa met klippe en bome versper. Drie vragmotors en twee bakkies is Sondagaand aan die brand gesteek.

Volgens Otto is die inwoners ongelukkig met tradisionele leiers in die gebied. Verlede week is die kantoor waar dié leiers bymekaarkom aan die brand gesteek en sewe verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is Dinsdagoggend in polisieaanhouding dood.

“Die verdagte wat in die polisieselle gesterf het, is die 35-jarige Peter Maluleke. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit te bepaal,” het Otto gesê.

Openbare polisiëring was Maandagoggend steeds besig om die gebied te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

anet ·

Die inwoners is ongelukkig oor die Tradisionele leiers in die gebied. Ek verstaan nie, nou word onskuldige mense se voertuie aan die brand gesteek. Dit is absoluut so platvloers, en die krimenele en vernietigaards geniet hulle self gate uit. Hoe bring jy die kloutjie by die oor, vanaf ongelukkigheid oor tradisionele leiers en dan die brand van voertuie EISH ???????

Erma ·

Waarom voertuie brand en paaie versper.Wat het dit met die traditionele leiers te doen.Dis sommer nonsens nou gaan daar n groot storie wees oor die een wat dood is en hulle gaan niks oorkom vir die onsinnige vandalisme nie

JWK ·

Eers brand hulle ‘n gebou, dan onskuldige mense se voertuie, wat is volgende? Skole, hospitale, minusipaliteite. Tipies ANC.
Wag vandag op die stasie vir die trein wat ek gister af gebrand het en dan blameer ons apartheid. Shame, arme drommels. Weet nie van beter nie.

Mirinda ·

As die tradisionele leiers julle pla gaan hulle dan hulle dan uit hulle gate uit en sien hulle reg.

Johann Marx ·

En elke “tradisionele leier” sit op sy jis en kry (nie verdien nie) ‘n helse klomp geld elke maand……wat van waar kom? Taks uit my en jou se sakke…..ek’s ook lus en brand iets af!!

Etienne ·

Johann kom ons bou ‘n braai en drink ‘n dorp. Altemits beter as om and strooi aan te jaag!

Linda ·

Sal ook graag wil hoor hoe veilig is dit om R71 na Phalaborwa hek toe te gaan? Ons moet dit Saterdagoggend ry, bespreek vanaf 8 Augustus!

Leeutjie ·

En so gaan dit net aan en aan en aan! Vernietiging en stakings het Lonmin geeis en werksverlies veroorsaak! Party mens leer net nie! Word daar mense doodgeskiet dan word alles weer opgeblaas en begin hofsake weer van voor af! En so draai die wiel daagliks! Stakings, moord, verkragtings, diefstal, bedrog, ens…ens…ens… Sommige weet nie eers altyd waarvoor daar gestaak word nie maar vernietiging stop net nie!

Ann van der Schyff ·

Ek geniet die berigte wat Maroela plaas. Hou so aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.