‘Gewelddadige betogings kan dalk aan SA se verlede gekoppel word’

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid (Maart 2017) Foto: GCIS

Die geweld wat met diensleweringsbetogings in Suid-Afrika verbind word, kan dalk gekoppel word aan die gewelddadige aard van betogings tydens die struggle teen apartheid, het minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, Dinsdag gesê.

Mahlobo het gesê die regering sal sy pogings, om vandalisme, verwoesting van eiendom en sterftes wat met die betogings verband hou te bekamp, moet voortsit. Mahlobo het dit gesê toe hy sy departement se begroting aan die parlement voorgehou het.

“As ons op die geskiedenis van die struggle in die land terugkyk, sien ons dit was baie gewelddadig. Mense het hul stem gekry deur verskeie vorme van betogings wat bloedig geëindig het. Dit was die donkerste periode in die geskiedenis van ons land,” het hy gesê.

“Die bewering kan gemaak word dat die gewelddadige aard van betogings in ons land en die gewelddadige aard van sekere misdaadkategorieë in die land die ou geweld reflekteer.”

Hy het verwys na betogings oor dienslewering, studentebetogings, stakings, behuisingstekorte en afbakening van munisipaliteite.

Hy het ook te velde getrek teen die beskerming van staatsinstellings deur internasionale privaat veiligheidsmaatskappye. “Die voortsetting van veiligheidsdienste by nasionale sleutelpunte en strategiese installasie deur privaat veiligheidsmaatskappye, bly ʼn probleem. Dit is noodsaaklik dat strategiese instellings deur Suid-Afrikaners beskerm word, om ons soewereiniteit te beskerm.”

Hy het gesê wetgewende veranderinge, in die vorm van die Wysigingswetsontwerp op privaat sekuriteitsbedryf, kan die kwessie oplos. Die wetsontwerp, wat in 2015 in die parlement goedgekeur is, het ten doel om internasionale privaat veiligheidsmaatskappye te verplig om die meerderheidsaandeel (51%) van hul maatskappye aan Suid-Afrikaners te verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Antwoord asb ·

Se nou asb se vir my. Wanneer gaan hietdie VERLEDE DING nou stop. !!!!

Gert ·

Die antwoord is eenvoudig. Nooit. Dit sal nooit stop nie en hoe vinniger ons dit aanvaar hoe minder bloeddruk probleme sal ons ondervind as ons sulke snert lees. Die werklikheid is dat die tiepe gedrag gaan baie verder terug as die “struggle” en word goedgekeur en aangehits. Kom ons spits ons aandag op dit wat ons kan beheer

Elsa ·

wanneer bewerg die mense aan? wat was gedoen in die 20jr verby.? hou op met beskuldigjngs en kom by die Here uit…vergifnis

brt vd merwe ·

En die geweld in ander Afrika state? Is dit ook apartheid se skuld?

cor ·

Hy is reg dit kom van die ou bedeling af toewou hulle die ou regering onregeerbaar maak.Nou kry hulle net terug wat hulle gesaai het en dit wil voorkom asof die massa die nuwe regering wilonregeerbaar maak. Die spreekwoord is so waar wat jy saai sal jy maai.

Adam ·

Goed gestel Cor. Selfs van voor die dae van “no education before liberation” het die ANC ‘n kultuur van geweld geskep wat oa massa optrede, die aanval van sagte teikens ens ten doel gehad het. Daar is geen rede om te glo dit sal ooit verander nie. Die minister is korrek, maar ongelukkig sal hulle maar moet leef met die Frankenstein wat hulle self geskep het. Derhalwe is dit geen verrassing dat die ANC altyd iets sal kry om hulle vernietigende optrede te regverdig nie, maak nie saak of dit nou swak dienslewering, rassisme of wat ook al is nie. Hulle ken net een metode en die sal altyd gebruik word.

Ander Annie ·

Agbare Minister, skrik tog net asseblief wakker. Daar is nou meer betogings as ooit tevore. Die rede is gebrek aan dienslewering, nepotisme, korrupsie, misdaad, ens. Die mense in SA, is keelvol Minister.

Riaan ·

Kry vir julle pappie van die wat betoog is in julle tyd gebore.

GJ de C K ·

Ja – beslis, David. En ook aan die laning amandelbome wat Jan van Riebeeck laat aanplant het.

Johannes van Staden ·

Hoe bestuur n mens n kar as jy meeste van die tyd in jou truspieël kyk ….beweeg asb nou vorentoe …..dit meer as 20 jaar !

karen ·

Ag ja , Vader tog die verlede word gerieflikheid onthalwe elke keer ingesleep. Dis al so vervelig en holrug gery. Die gedrag is wreed en barbaars plunder en brand moor sonder om oog te trek – en solank die man en ander in slumberland rond sweef saam sy wagte, sal hy die snert kwyt raak.

humor ·

Met sulke leiers is ons land se ondergang gewaarborg. Jammer maar dit is ons toekoms.

Gus Dry ·

Mense verstaan .iemand moet die blaam kry en wat is nou maklikker as om die vorige regerings (apartheid) die skuld te gee.

Annette Stander ·

Aitog, alweer apartheid se skuld! Hierdie barbaarse optredes kom al van voor Jan van Riebeeck se tyd af.

Is dit nuus? ·

Mahlabo se toesprakie klink soos ‘n kruiptrekker van ouds – sy ou stokkie slaan elke nou en dan om en dan foeter hy teen homself in.
Hy praat ‘n klomp twak oor die sogenaamde “struggle” en as hy die woordjie “apartheid” uiter, dan lê sy kruiptrekkertjie op sy sy, en tol die stokkie in die rondte agv sy opgewende ANC rekkie.
Hy brabbel ‘n pot dubbelsinnige twak.

Blits ·

Ja nee, na 23 jaar is dienslewering ook apartheid se skuld, wonder net hoekom daar nooit geweld was as gevolg van dienslewering nie, daar was ook nooit munisipaliteite wat bankrot was nie en die staat het nooit nodig gehad om staatsinstansies finansieel te red nie. Die klomp is …………………………………..

Schalk van der Merwe ·

So, is die privaat veiligheidsmaatskappye dan nie Suid Afrikaners nie ? Dit gaan blykbaar nou nie oor sekuriteit nie maar oor wie dit is wat die kontrak kry!

Jaco Grobler ·

Donkerste tye in ons geskiedenis? Wat van toe 1000 ‘e mense se plase afgebrand is en vrou en kinders in haglike kampe uitgeteer was, terwyl die mans gejag was?
Wat van Dingaan en Shaka wat duisende van hule mense uitgegemoor het omdat hulle paranoiës was? Nee wat, maar net nog’n leë blik wat hou van sy eie stem.

bergie ·

weereens mis almal die punt. ek sien hy wil darem hê buitelanders moet VERPLIG word om 51% van hulle besighede aan Suid Afrikaners (hy noem dit nie maar ek dink hy bedoel swart Suid Afrikaners) te VERKOOP. gee die man n Bells. hy wil nie net vat nie. hy wil koop. egter net een ding David mahlobo tensy alle mense (of ten minste die groter meerderheid) nie hulle diensleweringsrekeninge / studiegelde, huise betaal nie, kan hulle nie daarvoor betoog nie. onthou, MONEY MAKETH MONEY. as die mense nie betaal word nie het hulle nie die fondse om herder dienste te lewer, opvoeders te betaal of huise te bou nie.

Kobus ·

Dit is ‘n vreemde tyd waarin ons leef. Daar is twee groepe benadeeldes. Die eerste groep betaal nie vir dienste nie en kry nie dienste nie. Die tweede groep betaal vir dienste wat nie aan hul gelewer word nie. Verder betaal die tweede groep ook vir dienste wat aan die eerste groep gelewer moes word , maar nie gelewer word nie. Die eerste groep voel egter hul word meer benadeel as die tweede groep en kom in opstand, roof, moor en plunder…. want hul kry nie waarvoor hul nie betaal nie…. Wat ‘n vreemde verskynsel!

Lizelle ·

Dis maar die ou afgesaagde store van nie verantwoordelikheid neem nie. Die blaam moet maar altyd net geskuif word. Groot menere wat te klein is om verantwoordelikheid op te neem

chris slabbert ·

Die probleem le by genetika en omgewing waarin jy grootword..maw geneties en opvoeding.

Willem v R ·

Ons probleme in die land is omdat ons ons demokrasie op papier het. Ons demokrassie is gekaap deur diktatorskap van Jacob Zuma. Die bloudruk van demokrassie is vasgevang in die grondwet. Die toepassing daarvan sien ons in geen dienslewering oral in die land terwyl die hoeprofiel ANC hulle self rykmaak met geld wat eintlik moet gaan na hulle wat gestem het vir demokrassie. Daar is so baie dinge om te noem waarmee hulle faal. Die manier van regering het eintlik ontaard in n kommunistiese diktatorskap van die ANC

Frikkie ·

die publiek mag nie hulself beskerm nie, die staat, in hul soevereiniteit, wil dit doen…….
so wil hulle die publiek ontwapen en ontneem van krag en regte
die psgopatiese sadis wat die blommetjie se blaartjies een vir een aftrek maar die blommetjie paai en troos met leë woorde terwyl sy moord-plan reeds in hom gevestig is en hy net nie kan wag om dit eindelik uit te voer nie….

JK ·

Hy praat die grootste rubbish wat enige normale mens kan aan dink. Wat se bollie gaan hulle nog uitdink om ons ander voor te blameer. Hulle moet bykom en aanbeweeg maar hulle is nou besig om enige verskoning te soek vir hulle eie gemors. Party van hulle was nie eers daai tyd by enige iets betrekke nie. Hulle gemors word net groter by die uur.

Rubber ·

Sjoe ons sit met mense met n baie hoe IK……00000001 Ons kan dit nie mis kyk nie. Met Intellegensie ver bo my vuurmaak plek.

L vd Schyff ·

Hierdie is vanoggend die 3de artikel waardeur ek “scan” waar die woord ‘apartheid’ weer opgedis word. Soos ‘n ou vrot karkas wat hulle ALWEER opgrawe en nuwe lewe wil gee! Is dit op die Bell Pottinger agenda/skedule om van vandag af weer daardie woord te misbruik om als wat fout mee toe te smeer?

Rachel ·

Wat het geword van ons Blankes wat moes struggel in 1967 toe bomme orals geplant was. Kerkstraat se bom wat hoeveel van ons mense uitgewis het. Wat van die dae toe ons kinders op die grens moes baklei om hulle bestaan in Suid Afrika te beskerm. Waar was apartheid toe. Ons kinders het geveg teen kommuniste om hulle uit ons land te uithou. Waar was die klomp van vandag en 25 jr se generasies. Hulle moet liewers DANKIE en dankbaar wees dat ons hulle toekoms beskerm het.

marous ·

Vraag aan die agbare minister in hoog ingels dat hy kan verstaan ” Sir , are you robbed of your sentences???”

jan ·

Siestog , en 90persent van die kwaaddoeners het nognie eers bestaan tydens “apaathaait” nie?

Dries ·

Moenie dink dit is Apartheid she skuld nie. Nelson Mandela het sy volgelinge mooi geleer dat geweldadige optogte die manier is on te kry wat jy wil he. Daar is net een sondebok in die verhaal dit is die regering sold to

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.