Gewelddadige betogings woed voort in Houtbaai

Foto: Twitter via @1SecondLater

Gewelddadige betogings het Maandagoggend weer in Houtbaai in die Wes-Kaap opgevlam waartydens vensters stukkend geslaan, voertuie omgegooi en paaie afgesper is.

Inwoners van die Imizamo Yethu informele nedersetting het Saterdag begin betoog deur paaie met bande wat aan die brand gesteek is te versper. Daar is ook informele behuisingstrukture aan die brand gesteek. Voertuie is met klippe bestook, verkeerstekens is beskadig en aan die brand gesteek en polisiebeamptes is aangeval.

Foto: Twitter via @1SecondLater

Die inwoners van die nedersetting is glo ontevrede oor ʼn tekort aan behuising in die gebied, nadat ʼn brand in Maart honderde huise in die nedersetting verwoes het. Zara Nicholson, woordvoerder vir burgemeester Partricia de Lille, het gesê die Stad Kaapstad het reeds miljoene rande bestee om die gemeenskap by te staan en hulle te help om hul lewe te herbou, “maar kry nie altyd die gemeenskap se volle samewerking nie”.

“Die Stad Kaapstad is toegewyd om saam met die mense van Imizamo Yethu te werk om hul lewe te herbou, maar ons veroordeel die gewelddadige en afbrekende wyse waarop hierdie betogings ontvou het. Ons kan nie geweld goedkeur nie en ons moet saamwerk om ons gemeenskappe te herbou, eerder as om dit af te breek,” het Nicholson gesê.

Foto: Twitter via @1SecondLater

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê talle beamptes van die polisie se eenheid vir openbare orde, stabiliseringseenheid en sigbare polisiëringseenheid is ontplooi om die situasie te hanteer. “Ons werk ten nouste saam met ander wetstoepassingsagentskappe om die situasie in bedwang te bring. Ons beamptes sal in die gebied bly totdat ons seker is die situasie is kalm,” het Traut gesê.

Hy het gesê ʼn groep van ongeveer 100 mense is steeds in die gebied aan’t betoog. “Ons doen ʼn beroep op die publiek om versigtig te wees wanneer hulle in die gebied beweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Van wat ek verstaan is hulle kwaad, want hulle beweer De Lille het vir hulle drie maande gelede belowe dat hul plakkershutte, wat afgebrand het, sal met regte huise vervang word, en tot dusver het daar nog niks gebeur nie.

Ek kan met die beste wil ter wêreld nie glo dat De Lille sodanige belofte sou maak nie.

Baie sterkte ·

Ja,die EFF het mos gese dat die “honey moon” verby is!! En Mandella se x vrou wat genoem het van die vuurhoutjies.. ..aai aai. Baie sterkte daar

Magda ·

Gaan tooi tooi voor die mense wat julle geld so steel – en hou op om ONS Belasting betalers so goed so te verniel – Julle bring net meer skade as enige iets anders – en regtig begin om iets te doen met julle lewe en hou op met al die betogings regtig – julle sien dit bring niks in die sak nie – maar NEE aanhou sal julle!!!!!!!!!!!!!

Callie ·

Wat se mentaliteit, logika en ik moet jy he om te betoog vir iets wat jy nie het nie maat tussenin sommer af te brand dit wat jy het. Ek is seker dit sal baie insiggewend wees as swartmense dit vir ons kan verduidelik.

Nee wat! ·

Nee wat Magda ek dink ons skrywe val op dowe ore. Hierdie klomp het niks tussen die ore nie dit is hol. My familie in Australia wil nie eens hier kom kuier nie. Ek stem bly net daar hier regeer ‘n klomp “branders”. Hul spesialiseer in afbreek, vuurmaak en steel.

Flibo ·

So sal dit aangaan tot daar van ons land niks oor is nie. Een reguit afdraende pad na totale verwoesting.

SkarrelKind ·

Wat my vies maak is toe alles so lelik gebrand het, het almal, van verskillende gemeenskappe bydraes gemaak, komberse, klere, huisgoed is geskenk, selfs hulle honde en katte is deur dierebeskermingsverenigings in geneem en gehuisves en gevoer. Baie van daai diere is nog daar en hulle se hulle wil hulle diere terug he, maar hulle dra nie ‘n sent by vir die versorging van die diere nie (My vriendin is hierby betrokke en het my vertel hoe sukkel hulle om al die diere te voer). Flippit man, hulle huise verloor, nie ‘n inkomste nie maar hulle wil net he en he en he en breek en verniel. Nou na al die hulp van verskeie oorde, is dit wat ‘n gemeenskap daarvoor kry. Afrika is Afrika se eie ondergang. Ek dra nie meer by om sulke gemeenskappe te ondersteun nie.

Ja-nee ·

Ja-nee, breek en brand weer af. Ons het ‘n BEHOORLIKE weermag nodig!!!

Frederik ·

AS Maroela Media my kommentaar plaas:
Siener het al hierdie dinge voorspel. Onder andere dat hul die land sal afbreek totdat daar niks oor is nie – en die blankes sal weer die land herbou.

SARIE VAN HEERDEN ·

Betoog vir huise en wie weet wat nog:
Vertel hierdie bedelaars/werkloses van die Boereoorlog toe Boere terug is na afgebrande huise en alles, insluitende hul vee vernietig is en geen hulp van iemand gekry het nie. Hulle moes SELF voorsien. Binne nie baie jare nie het die oorlogsslagoffers opgestaan, skouer teen die wiel gesit en hul weer op die wereldlys van geleerdes, bekwames geplaas en op alle gebiede leiers van gehalte opgelewer. Hulle het nie gesit en bedel vir hulp nie. Gebruik dit as voorbeeld vir hierdie “hulpbehoewendes”. Amen.

WONDER ·

Ek wonder wanneer hou ons op om te sukkel. Hou op geld mors en koop groot gros van daai rolle doringdraad wat alles binne of buite hou. Span dit dan net om die gebied waar hulle toi toi en los hulle. Beheer slegs die ingang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.