Die dood van ʼn tweede veiligheidswag by die suiwelmaatskappy Clover in Olifantsfontein tydens ʼn gewelddadige en onwettige staking is onaanvaarbaar.
Die VF Plus in Gauteng het gesê hy sal die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, dringend versoek om streng op te tree teen die stakers.
Die 56-jarige veiligheidswag is Donderdag dood toe stakers hom en drie ander wagte met klippe bestook het. Sy vuurwapen is ook afgeneem.
ʼn Clover-veiligheidswag, Tsephe Molatsi, is op 22 Januarie dood toe hy ʼn Clover-afleweringsvoertuig teen stakende werkers wou beskerm.
Die staking vind sedert November verlede jaar by sowat tien aanlegte oor die land plaas wat Clover se produksie ontwrig.
“Die staking wat nou lei tot die dood van onskuldige mense kan nie toegelaat word nie en die polisie moet alle mag gebruik om dit stop te sit,” het Kobus Hoffman, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer, gesê.
Lede van die vakbonde Giwusa en Fawu het intussen onderneem om voort te gaan met die staking. Die vakbonde eis dat Clover nie moet voortgaan met verdere afleggings of salarisverminderings nie.
Clover het einde Januarie ʼn tweede interdik teen die stakende werkers bekom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Unies het mafia mentaliteit!
Net soos Marikana, wil geweldadig wees, moor en vernietig, as hulle in eie munt terugbetaal word skop daai alewige slagoffer mentaliteit in.
Sedert November? Dit is al middel Februarie en die polisie het nog niks gedoen nie.
Jaag hulle weg en sluit die aanleg, maak ‘n aanleg in een van ons buurlande oop, en neem hulle mense in diens wat regte wil werk. Dit is hoekom Hawai sy eie mense aanstel, dan sit hulle nie met sulke gemors op hulle stoep nie.
“Here we go again” Wie is die Unies om eise te stel. Dit is reeds as gevolg van hierdie Regering,
optredes/stakings dat besighede finansiële pligte nie kan nakom nie. Tyd dat die oogklappe van die Unies se oë afval/verwyder word. As niks iets probeer wees.