‘Gewelddadige misdadiger’ vas in Bloem

Lede van die Parkweg-opsporingseenheid saam met die verdagte. Foto: Verskaf

Lede van die Parkweg-opsporingseenheid saam met die verdagte. Foto: Verskaf

ʼn 32-jarige man wat glo verantwoordelik is vir ʼn reeks “ernstige en afskuwelike misdade” in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy maande lank die polisie ontwyk het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Dinsdag in Bochabelo in hegtenis geneem nadat lede van die Parkweg-opsporingseenheid inligting van die publiek af ontvang het.

Volgens Marope word die verdagte verbind met ʼn reeks gewelddadige misdade wat die afgelope vier maande in Bloemfontein plaasgevind het, waaronder ʼn huisroof waartydens ʼn bejaarde vrou ernstig aangerand, verkrag en beroof is.

Die verdagte word ook verbind met vier ander sake van huisroof en verkragtings. Hy sal na verwagting Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte van huisroof en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

broos ·

hoekom wil hulle altyd hulle gesigte wegsteek? dit het julle nie gekeer om die daad te pleeg nie???

Tiger ·

Stem saam met Eilram.Die wat sulke kriminele wat sulke gruwelike dade pleeg sommer so vir ‘n paar rand op borg uitgelaat word moet stop gesit word.Hy vedien om in die kniee geskiet te word as hy uit die hof stap op borg!

Anne ·

Die probleem by ons is sulke wreede misdade word nie erken tot mense self geraak word deur dit dan will opspring en skree! Misdaad is misdaad en die vark verdien nie borgtog nie

Susan ·

Doodstraf moet terug gebring word die kriminele element kos ons land te veel ons ekonomie kan hulle nie meer dra nie, ek is eerlik en hardwerkend en `n enkel ouer die staat sorg nie vir my nie of vir my kinders nie maar ek moet sorg vir kriminele waar is reg en geregtigheid vir my??

Piet Piper ·

‘n Paar van Suid Afrika se Polisielede moet China toe gestuur word, sodat hulle daar kan gaan kyk hoe word met sulke misdadigers gewerk. Eers hof toe, en as skuldig bevind, agter die howe sommer die doodskoot in die agterkop. Geen lang lekker hotel lewe in ‘n S.A. Tronk, wat nog te se borgtog en lang uitgerekte duur hofsake.
Kos die belasting betaler baie min. ‘n TV program oor geregtigheid in China kan gerus op SABC gewys word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.