Gewelddadige misdadigers ontsnap uit polisieselle

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Bellair, KwaZulu-Natal, is op soek na drie gevaarlike misdadigers wat Sondagoggend uit aanhouding ontsnap het.

“Die polisie het ‘n roetine-ondersoek by die polisieselle gedoen toe hulle ontdek dat Vusi Gumede, Bheki Nkosi en Siya Dlamini ontsnap het,” het kol Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê. “Die aangehoudenes het glo ‘n gat in die muur van die sel gegrawe.”

Gumede is in hegtenis geneem op aanklag van moord, Nkosi vir die besit van ‘n vuurwapen, en Dlamini is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde eiendom.

“Die polisie ondersoek ‘n saak van die ontsnapping uit wettige aanhouding,” het Naicker bygevoeg. “Hierdie misdadigers is gevaarlik en ons versoek die gemeenskap om hulle nie self aan te keer nie, maar eerder die polisie so gou as moontlik te kontak.”

Kontak die Bellair-polisie by 031 451 2826 of skakel Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jacques ·

Ek weet nie hoekom hulle se ontsnap nie want hulle is vrygelaat deur die mense wat hulle moes op pas.Hoe breek jy tronk tralies of kom verby die wagte wat jou op pas.

johan ·

Hulle ontsnap nie. Hulle word vrygelaat deur die tronkbewaarders

Louis C. Prinsloo ·

Vraag:
Waarom word sel inspeksies nie meer op gereelde tydstip gehou nie?
Hoe duk is die mure van die sel waardeur gegrou is en hoe sterk is die bou materiaal?

George ·

Ek verstaan alles, maar hoe de hoenders grawe ‘n mens met jou kaal hande ‘n gat deur ‘n beton muur of breek yster tralies??? Net die korrupte polisie beamptes kan so iets verduidelik. Let asb daarop dat ek nie veralgemeen nie.

CHRISTA ·

Ja George, dit lyk my die polisie is nie net blind nie maar DOOF ook! Hy kan selfs hoor as iemand net aan ‘n muur klop, wat nog van grawe!!

Winston ·

Gebrek aan dissipline. Dis al. Solank dit afwesig is sal hierdie soort dinge net erger word. Nie minder nie. FREEDOM

J.Z ·

DAAR MOES GEREEDSKAP GEBRUIK GEWEES HET,OF HET HULLE MET KAAL HANDE DIT GEDOEN ? kAN JAY VERDUIDELIK HOE DIE GEREEDSKAP BY HULLE GEKOM HET,OF WAS DIE SEL VAN IETS SOOS RIETE OF SOORT GELYK GEBOU ?.

George ·

Op ‘n meer ernstige noot ek dink ook disipline is die nommer 1 probleem. Minder ernstig, ek koop ook die verduideliking van die aanhoudingsel van riete.

George ·

Op ‘n meer ernstige noot, ek stem saam disipline is die nommer een probleem. Op ‘n minder ernstige noot die rietselle klink na ‘n baie paslike verduideliking.

George ·

Jammer vir die dubbel kommentaar. Dit lyk soms asof dit nie deurgaan nie.

Theresa ·

Dis darem gerieflik. As hulle so gevaarlik is, hoekom is die bewaking nie opgeskerp nie. Maar almal sit mos nou maar deesdae op hul dik agterkwarte en hoop vir looptyd…………….

Yvonne ·

Grawe ‘n gat deur n muur van baksteen en sement met jou kaal hande!!
Ja whatever! Rerig??
Wie gaan dit nou glo?
Natuurlik het sy mede helpers in polisie uniform hulle gehelp
Rerig . . Hoe dom dink hulle is ons???

michael ·

Plaas sit hulle die 3 se fotos op en dan kan die hele land sien na wie is hulle op soek en dit op nuus facebook ens ens plaas onder die mense wat help dit hulle praat net oor hulle maar hy sal langs jou staan dan weet jy van niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.