‘Gewelddadige universiteitsbetogings moet dadelik end kry’

Foto: ANA

Foto: ANA

Die regering het in ʼn verklaring ʼn beroep op betogende studente gedoen om die landswette te respekteer en gesê die gewelddadige vernietiging van eiendom is strafregtelik en ongevraag.

“Daar is geen plek vir enige soort geweld by ons instansies van hoër onderrig of enige ander plek nie. Dit ondermyn slegs die regte uitdagings vir toegang tot hoër onderrig van gehalte wat deur die regering gesteun word,” lui die regering se verklaring onder meer.

“Daar is geen rede om ʼn oop deur af te skop nie. Die kwessie rakende klasgeld is voldoende aan die lig gebring en kry die volle aandag van die regering. Pres. Jacob Zuma het ʼn ministeriële taakspan op die been gebring om die minister van hoër onderwys te help om die situasie by instellings van hoër onderwys te normaliseer.”

Die taakspan, onder leiding van die minister in die presidensie, hou dringende gesprekke met rolspelers in verskeie sektore om ʼn oplossing te probeer vind vir die onrus op universiteitskampusse landwyd.

“Die regering benadruk weer die waarskuwing aan studente om nie deel te wees van onwettige optrede wat hulle in konflik kan plaas met instellings wat belas is met die beskerming van grondwetlike regte vir alle burgers nie. Wetstoepassingsagentskappe is grondwetlik verplig om op te tree teen enigiemand wat strafregtelike dade pleeg tydens betogings by instellings van hoër onderwys. Hulle sal in hegtenis geneem en vervolg word. Diegene wat skuldig bevind word in ʼn hof loop die risiko om ʼn misdaadrekord te hê wat hul toekomstige geleenthede in gevaar kan stel.”

Die regering het ʼn beroep op studente en universiteitsbestuur gedoen om die nodige ruimte te gun vir voortdurende raadpleging in die nastrewing van volhoubare oplossings vir die “maatskaplike uitdaging”. Die regering het gesê studente moet fokus op voorbereidings vir hul eindeksamen en hul daarop toespits om tot ʼn beter Suid-Afrika by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lance ·

Regtig baie laat om nou dit te wil se waneer daar alreeds so baie skade aangerig is. Wys mens net hoe traag en onbevoeg die anc regering is

Ahooy ·

Klink net soos n ouer wat praat en praat en praat en praat en nooit niks doen nie. Ek is seker die studente bewe van vrees oor DIE dreigimente.

John ·

Sodra die ‘pershemde’ met ‘n Bybel onder die arm bykom, kan jy maar glo die opstokery kry petrol by. Ouers by sekere skole is glo reeds gewaarsku dat die skobbejakke nie tevrede gaan wees om hul net eie terreine te ontwrig nie. Bedorwe leiers wat die tegies op hoogdrawende wyse vanaf hul goue trone maan om tog maar briek aan te draai want ‘ons’-self kan nie, gaan net soveel regkry as die man in die maan op blou-Maandag.

Aitoggie ·

Soos jy sê Lance, na soveel skade en daars basies niks oor nie, NOU wil hulle hê die betogers moet ophou. Ek reken dis telaat. Hulle moes allankal gestop gewees het.

Aitoggie ·

Soos jy sê Lance, na soveel skade en daars basies niks oor nie, NOU wil hulle hê die betogers moet ophou. Ek reken dis telaat. Hulle moes allankal gestop gewees het. Goeiste… die land darem

Piet ·

My genade, moet dit dadelik end kry? Kyk hoe hardloop almal weg van vrees! Dis nou nuus om te hoor dat dit ‘n misdaad is om die plekke so te plunder. Omdat almal altyd gevang is en weer vrygelaat is dog ek hulle speel net polisie en dief of winkel winkel of so iets.

REAList ·

En Pravin is nie ingesluit in die taakspan nie.
Wys jou ‘n finansiële oplossing word nie gesoek nie.
Of het Zuma toe al beplan om nie een te hê nie.
Lol

Nita ·

Ek wed jul meeste van die studente het alreeds n paar kinders wat by die ouma groot word. Fasiliteite en fondse is nou al beperk. Enige regering gaan altyd 10 stappe agter wees met die GRATIS verskaffing van alles wat hierdie onverantwoordelike mense wil he. Kinders val sommer uit die hemel uit. No problem. Maar alles wat hulle gaan nodig he, val nie uit die hemele uit nie. 5miljoen belastingbetalers moet vir 50 tot 60 miljoen mense sorg. Maar ons baie slim studente kan die sommetjie glad nie maak nie! Wat soek hulle op universiteit?

Cherokee ·

Vir watter klas mens is dit nodig om te verduidelik … ‘die geweldadige vrnietiging van eiendom is strafregtelik en ongevraag’? Vir mense wat reeds skoolopleiding voltooi het en voorgee dat hulle beoog om verder te studeer? Dit is iets wat laerskoolkinders weet.

Alida ·

Ag toe nou !!! Asof die studente hulle aan die regering gaan steur. Word wakker !! Die Staatspresident steur hom dan nie eers aan ‘n hofbevel nie. Word wakker !!!!!

Johannes ·

Werklik? Hierdie “studente” doen maar net soos hulle geleer het by hulle terroriste mammies, pappies en “struggle icons”…

Hoe het ons dit OOIT toegelaat om met terroriste te onderhandel…?

Vytjie ·

Sal die studente wat gratis wil studeer as hulle klaar is gratis werk ook…? (Dws geen salaris)..

Vytjie ·

Sal die studente wat aandring op gratis onderwys ens. Gratis werk ook… dws geen salaris…

Jean ·

PRAAT is maklik, die vraag is wat DOEN julle? Polisie staan en toekyk hoe hulle alles vernietig, want hulle is te bang om op te tree, want hulle het instruksie ontvang dat hulle niks mag doen nie .. die DOSENTE hits die spulletjie aan, en niks word aan hulle gedoen nie, Sekuriteitswagte gooi saam klip en niks word aan hulle gedoen nie . nou hoe lank wil julle nog PRAAT?

lettie ·

Die media het hopeloos te veel simpatie vir die betogende kriminele studente,sodra een van hul die polisie beskuldig van hardhandige optrede word dit nasionaal uitgesaai. Wat het geword van die Wet op Gevaarlike Wapens (die klipgooiery, petrolbomme ens). Die polisiebeamptes wat beseer word in die uivoering om wet en orde te handhaaf moet die belhamel vir poging tot moord arresteer. Kortom ons het n slap regering en n sieklike simpatieke media.

Genoeg is genoeg ·

Siestog. “FeesMustFall” is nou ‘n internasionale verleentheid en ewe skielik skrik die regering wakker! Al wat die oproerige studente eintlik sê is “tikkel tokkel ons voel…..”

John ·

Ons moet ongelukkig nou daarmee verlief neem dat Islamitiese ekstremiste op ons kampusse aktief is. Die bedrywighede op Wits het dit openbaar met selfs lektore wat die Palestynse opstandiges skynbaar bygestaan het asook die woorde en dade van opstokers waarvan een vandag in die hof verskyn het. Sy bravado met die kenmerkende nekdoek, spreek boekdele. Hou gerus kanaal 405 dop. Dit is ultra eensydig en skiet die polisie se aksies telkens af.

WW ·

Kamp hulle bondel vir bondel af met lemmetjiesdraad. Ek sal geld betaal om te sien hoe die protes-masjien dan regkry om steeds vorentoe toe te stoom.

Hestie ·

Vader dankie vir Jesus, en dankie dat ons ons liefde aan U kan verklaar. U is van altyd af vir ons lief. So ook vir elke gebroke siel wat deelneem aan die vernietiging van ons kosbare land.
Here bring asseblief aan die lig wat in duisternis aangaan in regeringskantore sodat daarmee gedeel kan word. Ons verklaar in JESUS naam dat studente rustig terug gaan na universiteite toe en dat daar orde sal kan kom. Vader u weet alles. Dankie vir u liefde vir ons. Ons gee aan u al die lof, al die eer en al die aanbidding in JESUS naam. AMEN

Sarel Strydom ·

Waar kom hulle nou vandaan. Dit word al vir ten minste 2 jaar by In iversiteite toegelaat en Belhammels word nie vervolg nie. voor dit was dit die gedurige dienslewering waar geboue en voertuie aan die bran dgesteek is. hoeveel van daardie brandstigters is gearresteer. As die saak nie si ernstig was nie sou ek kon lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.