
Leriba Lodge. (Foto: Facebook)
Leriba Lodge in Centurion het sy deure tydelik gesluit weens die afsonderingsregulasies wat sedert Maart ingestel is.
Dié venue onthaal reeds die afgelope 25 jaar gaste en was tot onlangs nog ʼn gewilde bymekaarkomplek vir sakemanne, toeriste en trougaste. Regulasies wat gepaardgaan met die afsonderingstydperk wat ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te beperk, het egter sy tol geëis en Peet du Preez, eienaar van die hotel, het die hotel in Junie tydelik gesluit. Gevolglik moes 116 personeel reeds afgelê word.
“Ons het vir vyf maande geen gaste hier gehad nie. Die regulasies wat steeds van krag is, soos die verbod op alkohol en beperkte reis tussen provinsies, maak dit bitter moeilik vir ons om suksesvol met die besigheid voort te gaan. Ons kan nie eers vir ʼn ou ʼn bottel wyn gee nie,” het Du Preez, aan Maroela Media gesê.
Du Preez is betrokke by die Suid-Afrikaanse toerismeraad en sê die regering besef nie wat hy aan die bedryf doen nie. “Daar is reeds honderde hotelle wat al gesluit het of oorweeg om te sluit en sowat 1,8 miljoen werksgeleenthede wat hierdeur geraak word,” sê Du Preez. “Dis tyd dat die regering wakker word.”
Du Preez wil nou die hotel aan ‘n nuwe eienaar oorgee en sê hy het reeds talle navrae van belangstellendes gekry.
*Maroela Media het vroeër berig dat die hotel nou permanent gesluit gaan word. Dit is nie korrek nie. Leriba Lodge sal in der waarheid net tydelik gesluit bly.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Nog ‘n kerf op die Regering se stok.
Ek het NIE woorde om die moedswillige kwaadwillige ondeurdagte optredes van die ANC regime te beskryf. Dis tyd dat die toerisme en gasvryheidsbedryf ‘n massiewe klasaksie vir skadevergoeding nasionaal teen die regering instel!!Dis so jammer Peet…Leriba is ‘n instelling!!!! Word wakker mense..hoekom aanvaar ons die afgeforseerde ekonomiese selfmoord!!!!
Ja-Nee, so vou die een na die ander besigheid, groot en klein en al wat ons regering doen is om naarstigtelik na hul eie sakke te kyk, danksy korrupsie wat juis nou hoogty vier, in die tyd waar menigte harwerkende mense na ‘n leeftyd se hardewerk, en al hul spaargeld gebruik het om kop bo water te hou en salarisse te betaal aan werknemers wat dink dit is hul eie lang vakansie en is dus geregtig op salaris ongeag die stand van sake, halt moet roep en armoede in die gesigstaar. VIESLIKE SKANDE VAN ‘N REGERING WAT NIKS VOEL BEHALWE… Lees meer »
En die ANC gee nie ‘n damn om nie! Ons plan is lekker op koers ouens…..champagne almal?
En nog steeds wil ons blankes nie standpunt in neem nie ons het nou maar net nie ore nie.