Dele van een van Kaapstad se gewildste strande, Clifton-strand, sal tot verdere kennisgewing gesluit wees nadat ʼn rioolpomp in die omgewing onklaar geraak het. Dít het daartoe gelei dat afvalwater op die strand opdam.
Die Stad Kaapstad het in ʼn verklaring gesê dat dele van die strand tydelik gesluit sal wees. Toegang tot die strand was Sondag reeds beperk.
Luidens die Stad se verklaring is die tydelike sluiting te wyte aan ʼn rioolpompstasie wat by Clifton se Vierde strand ontklaar geraak het en afvalwater op dele van die strand gestort het.
“Nadat die stand van sake ondersoek is, is die besluit geneem om slegs ʼn gedeelte van die strand te sluit,” sê die Stad.
“Verskeie staatsdepartemente is in kennis gestel oor die voorval en herstelwerk aan die pompstasie is tans aan die gang.”
ʼn Keerwal is intussen gebou om te verhoed dat die afvalwater die see besoedel.
Waarskuwingsborde is ook opgerig om lede van die publiek in kennis te stel oor die voorval.
Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die fout by die aanleg is nie, maar owerhede is reeds besig om ondersoek in te stel.
Die Stad Kaapstad was verlede maand genoop om ʼn aantal gewilde strande te sluit nadat twee rioolpompe in die omgewing onklaar geraak het. Dit het daartoe gelei dat rioolwater in die see gestort is en dat die water vir ʼn geruime tyd onveilig was om in te swem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Laat die parlement se slapers op die strand gaan wandel ….kaalvoet .
Ons was onlangs in Kaapstad en.oppad Somerset Wes toe.
Ek moet sê die DA sal hulle vingers moet trek om by te bly. Dinge gaan agteruit in Kaapstad. Dis een ding om die ryk woonbuurtes skoon te hou….. en beslis n ander ding om by die informele Settlement skoon te hou.
Dit is hier waar die DA baie punte gaan verloor.
Hou arm en ryk tevrede. Stemme en geld is ewe veel werd.
Ek dog dit gaan so goed in die Kaap
Lyk vir my DA begin ANC te volg. Waar was die voorkomende maatreëls wat in plek moes wees?
Waar is die spaar pompe wat altyd beskikbaar moet wees vir sulke aanlegte — Beboet die persone verantwoordelik vir die nalatigheid – nie die instansie nie en dit stop onmiddelik