Gewilde kunstefees eindig: Glo ‘te wit en te Afrikaans’

Die Gariep-kunstefees (Foto: gariepfees.co.za)

Die Noord-Kaapse Gariep-kunstefees wat jaarliks in Kimberley in dié provinsie aangebied is, loop ná 18 jaar ten einde.

Bernice Versluis, uitvoerende feesbestuurder, het dié nuus in ʼn verklaring bevestig.

Versluis sê die feesdireksie het besluit om dié fees te beëindig weens moeilike finansiële en ekonomiese toestande. “Namate die land se ekonomie verswak en finansiering al moeiliker geword het om te vind, het die uitdagings om ʼn hoë standaard te handhaaf al moeiliker geword en baie streng fiskale beheer was noodsaaklik,” sê sy in ʼn verklaring.

Hoewel sy nie verder uitgebrei het oor die finansiële welstand van die fees nie, volg dié aankondiging kort ná ʼn raadsvergadering waartydens die burgemeester glo gedreig het om die finansiering van die fees te staak.

Wynand Boshoff, die VF Plus se leier in die Noord-Kaap, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Mangaliso Matika, burgemeester van die Sol Plaatjie-munisipaliteit in Kimberley, het die fees verskeie kere as “té wit en té Afrikaans” bestempel.

Volgens hom was daar gereelde “ontploffings” tydens raadsvergaderings wanneer die twee jaarlikse ankerfeeste in die stad, die Gariep-fees en die Diamonds & Dorings-fees, geopper word. Boshoff sê hoewel die Gariepfees jaarliks ʼn wins toon – glo in kontras met die Diamonds & Dorings-fees – het ANC- en EFF-lede verskeie kere gesê finansiering van dié fees sal beëindig word omdat dit nie inklusief genoeg is nie.

“Die fees doen sy allerbes om inklusief te wees – daar was jaarliks ʼn ongelooflike bydrae tot die gemeenskap. Gratis kaartjies is aan inwoners van die informele nedersetting gegee en die verhoë is oopgestel sodat plaaslike kunstenaars ook geleenthede vir blootstelling kon kry. Die fees was egter prominent Afrikaans, waarskynlik 90%, maar dis omdat die omgewing waarbinne hy funksioneer Afrikaans is.

“Die uitlatings van die burgemeester en die ANC en EFF is ʼn reuseterugslag vir Afrikaans. Die ANC in Kimberley betree ʼn gevaarlike pad om alle mense en instellings wat nie deel van dié organisasie se erfenis is nie, op die kantlyn te plaas,” sê hy.

Boshoff het bevestig dat die munisipaliteit dié jaar nog vir die fees begroot het, maar dat die direksie waarskynlik bang was dat die finansiering onttrek gaan word wanneer die reëlings vir die jongste fees reeds ver gevorder is.

Met verwysing na die inklusiwiteit van die fees het Versluis gesê dit is jammer dat ʼn fees wat jaarliks sowat R1,6 miljoen tot die plaaslike ekonomie bygedra het, nou tot ʼn einde moet kom.

Versluis sê die fees was inklusief en benewens die ekonomie het die gemeenskap ook daarby gebaat. “Soos die komitee gegroei het, het baie gemeenskapsinisiatiewe ook daarby gebaat. Jaarliks is tot soveel as 600 tydelike werksgeleenthede geskep. Duisende kinders, bejaardes en gestremdes uit minderbevoorregte omstandighede het die fees gratis besoek en gedeel in die pret. Honderde jeugdiges het baat gevind by die gratis werksessies in drama, radio-aanbieding en skryfkuns.

“Liefdadigheidsinstansies soos Caritas, Cansa, die DBV, Reach For a Dream en vele meer het ʼn geleentheid vir geldinsameling gehad. Volgens ʼn toerisme-impakstudie deur die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein is in 2016 bevind dat plaaslike vulstasies en inkopiesentrums veral uit die fees gebaat het. As niewinsgewende maatskappy het die fees op papier nooit sin gemaak nie, maar die passie was altyd groter as die risiko,” sê sy.

Sy sê dié fees was in elke opsig inklusief. “Die Gariepfees is jaarliks deur mense van alle kleure, rasse en tale besoek en geniet. Die feit dat daar iets was vir elkeen en dat die fees tot nasiebou bygedra het, is een van die dinge wat die fees juis so uniek gemaak het. Nou gaan die son oor hierdie juweel van Kimberley sak, maar die organiserende komitee stap inderwaarheid met waardigheid weg van 18 suksesvolle feeste ten spyte van vele uitdagings.”

Die fees is in 2000 deur Theuns Zimmermann, Marius Nagel en Corné Thompson gestig.

Feesgangers kan later vanjaar uitsien na ʼn laaste afskeidskonsert. Vir meer inligting oor dié konsert besoek die fees se amptelike Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Johan ·

Grootste fout wat ons in Suid Afrika maak is om altyd net terugtestaan en te aanvaar!!!

Dit grief my tot in my diepste!!

Ouma ·

Ek stem saam Johan, hoekom moet ons die heeltyd terugstaan. Maak my sommer boos!!!!!

Stem Saam ·

Ek stem 100% saam met jou. Ons wil tog net so graag die vrede bewaar. Solank hulle gelukkig is en hulle sin kry

Oom Piet ·

Ware Voortrekker fees wat die behoud van ons vele eg Afrikaanse tradiesies ten toon stel en laat voortleef vir onseself en ons nageslagte, sonder regerings of buitestaander bevondsing en gevolglike inklusiviteits inmenging, is waarna derduisende Afrikaans Tradiesie gesindes hunker.
Verkoop toegangs pakette vooruit insl. kaartjies vir parkering, netjiese geriewe, etes, drankies, snoepgoed, en alles en wat te besigtig en aan te proe by die byeenkoms insl. aanbiedings, konserte, met af/uistel geld terug waarborg. Dis Afrikaans!

Daan ·

Mense moet ophou en veral die wit afrikaanssprekende om net te aanvaar en skuldig te voel hou julle eie fees op n boer se plaas die Burgermeester kan sy eie fees by sy huis hou as hy wil hoekom nou ander se fees wil kaap onthou altyd MENSE DOEN AAN JOU WAT JY HULLE TOELAAT.

Rupert Ashford ·

Daan blink idee. Ek reken egter jy gaan baie kunstenaar en ander kunste tipes he wat sulke feeste sal boikot maar dit sal dan ook maar goed wees.

Thea Gerber ·

Ek stem saam. Hierdie ‘roll over and play dead’ houding gaan ons nêrens bring nie. Kry borge, gebruik skare-finansiering. Kry ‘n ander terrein en hou fees. Hoekom moet ons feeste tot niet gaan omdat ander nie daarvan hou nie?

Nico ·

Wel as van die kunstenaars en ander kunste-tipes polieties korrek wil wees en ‘n privaat fees wil boikot moet hulle net weet die mense gaan ook ophou om hulle kunste te ondersteun.

Hedwig ·

Dis nou tyd om kreatief te dink. Skuif die fees na privaat grond, of iets. Vier net fees, aub!!!

lees net deeglik ·

Goeiemore,
Fees is gestaak omdat daar hele tyd gedreig word hulle sal finansiering staak? eerstens het hulle finansiering nodig van die Stadsraad en hulle kan nie staat maak op die mense nie, wat as hulle ver is met reelings? en dannnnnnnnnnnnnn se stadsraad nee?

Janneman ·

Dis heel eenvoudig, skuif die fees na n buurdorp toe wat dit sal waardeur.

Stan ·

Dit raak al hoe duideliker dat marganalisering van Afrikaans ‘n hoogtepunt bereik. Internationale en plaaslike Afrikaanse organisasies sal moet saam staan voordat dit te laat is!! – of Afrikaans gaan nie meer net ‘n kombuistaal word nie maar vernietig word deur hierdie boellies.

Theresa ·

Ag PLEAAAAAAAAAAAAAZZZE meneer Mankalita – kom by. Gaaaaaaaap, SO erg vervelig en werklik nou al na aan pateties om absoluut als te wil wegvat en platvee wat kwansuis wit en/of Afrikaans is. Laat elke mens kies waarheen hy wil gaan vir ontspanning. Meddle in iets wat waarde het, soos om iemand aan te stel (met die geld wat die Franse aangebied het) om die water te ontsout en moenie so inmeng in mense se ontspanningstye en -plekke nie.

JdV ·

‘n Totale Aanslag op Afrikaans? Dit wil voorkom of Afrikaans op elke terrein sy bestaansreg moet verdedig: universiteite, publieke skole, kunstefeeste, openbare televisie, howe ens. Kort voor lank gaan die Afrikaanse kerke, CUM-boeke, Exclusive Books, Netwerk24, private skole, Ster Kinekor (Afrikaanse Flieks), DSTV Box-Office (Afrikaanse Flieks), Kyk-Net ens ook té blank en té Afrikaans word … Selfs die ATKV het al ten prooi geval! Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging gaan terstonds nog Afrika Taal en Kultuur Vereniging heet. Mens kan dit sien aan die inhoud in die Taalgenoot en in hul Afrikaans Plus-poging. Uitgewers gaan ook seker begin kla as ‘n boek té Afrikaans en sy karakters (of skrywers) té wit is … Indien dit nie reeds gebeur nie. Hoe stuit ons hierdie aanslag? Watter praktiese meganismes kan ons in plek sit om ons taal se bestaansreg te verseker? Die Grondwet is nie die papier waarop hy staan werd nie. So wat gaan ons doen? Belastingweerhouding? Massa boikot van die aanstelling van huis-, tuin- en plaaswerkers? Al die wegbly-stemmers mobiliseer om te gaan stem? Massa boikot van winkels, banke, en sake-ondernemings wat ons nie in Afrikaans wil bedien nie? Gaan ons. ons geld sit waar ons monde is?

wielie ·

Waarom moet alles wat goed is, mooi is en lekker is ALTYD getaak word in hierdie land???? Daar bly NIKS oor vir ons kinders nie …………

Ruby ·

Ek koop wit melk en brood, binnekort gaan dit ook ‘n probleem wees.

Dit raak belagriker by die dag.

Loubcher ·

Maar die munisipaliteit moet R1.7 miljoen gee vir ‘n fees wat nie inklusief is nie en net 1 permanente werk skep? Moes lankal gestop gewees het.

Ag asb ·

Regtig ek is by n fees betrokke, jy praat bollie, hoe kan die fees soveel kos of tel jy die gratis kaartjies se verlies aan inkomste as n uitgawe/ lening. Hoe werk skep vir 1 persoon. Wag maar jul gaan die verlies van die fees voel.

Hans ·

Wat ek op tv waargeneem het was die sogenaamde Diamondsfees nie eintlik inklusief was nie.

Thea Gerber ·

As julle genoeg borge kan kry, laat almal gratis bywoon. Afrikaanse mense moet saamstaan en self sorg dat ons feeste voortgaan.

Marius ·

Want hulle wil nie n fees opbou van die grond af nie, hulle wil net n fees wat reeds suksesvol is oorvat sonder om enigens iets te doen. Kyk na Koppi, Aardklop, KKNK ens. Presies daar ook gebeur. “te wit” so dan móét ons mos soentoe gaan, en dit verander.

Gielie Hill ·

Politieke partye moet ophou om in die publiek se sake in te meng en hul wil probeer afdwing. Kan die feeskomitee nie borge kry by die plaaslike instansies wat finansieel baat vind by die fees nie en die fees laat voortgaan.

Jan ·

Dis reg , stop alle feeste , dan kan hulle nie meer geld kry nie. Mense kan Orania se feeste ondersteun

Ria van rensburg ·

Ek wens hierdie swart/wit gemors wil end kry. Ons het die inisiatief geneem om vir ons feeste te reël. Ander kulture is vry om dieselfde te doen , dan nie?

Magaretha van heerden ·

Wie het die fees begin? Die anderstaliges kan mos hul eie fees hou. Dis maar net nog iets wat vir n politieke speelbal gebruik word. Wees eerlik en besef niks wat die Afrikaners doen sal met rus gelaat word nie. Dit gaan nie oor taal nie maar om die Afrikaners te dwarsboom.

Gerrie ·

Wel, as jy nie van die kapitaal inspuitings hou wat hierdie feeste bring nie, dan is dit seker jou volste reg.

Doring Rosie ·

Ja nee, so gaan hulle net aan en aan met die eie ek. As hulle klaar is wat gaan oorbly, niks. Hulle moet ophou so self behep te wees. Hulle sien nie die prentjie nie.

Penellope Jones ·

Die aaklike politiek het weer sy neus ingesteek – alhoewel niks vreemds daaraan nie.
Laat eerder maar iets wat werk ten gronde gaan.

hendrik ·

So ek mag nie my vriende en familie oornooi vir n kersete nie want dis te wit en te afrikaans en ek moet dit gelate aanvaar. Het jy al gesien hoe jaag ek n mens weg wat dit vir my probeer se.

Ella ·

Die korrekte naam is: Sentrale Universiteit VIR Tegnologie, Vrystaat (nie VAN Tegnologie nie!).

CJC ·

Hier gaan niks aan in Kimberley en dit was nou die een ding waarna ons bietjie kon uitsien. Dalk kan hulle saam met Ghaap River Xtreme smelt, ongelukkig is dit net ‘n ent uit Kimberley en slaapplek kan problem wees.

Tammy ·

Nouja, die geagte burgermeester kan seker nie so ver dink om te weet dat letterlik honderde mense tydelik werk het gedurende die feeste nie. Hulle sit heeljaar en wag dat iets moet gebeur sodat hulle geld kan verdien en daar is al vir baie mense nuwe geleenthede gegee. Hoeveel werkloosheid word so geskep deur die magsbeheptes???Wonder of een van die groot geeste al werk geskep het vir 100 mense en vir hulle n beter lewe gebied het…kan dit nie in my wildste drome dink nie.
Hou die feeste op privaat grond. Die kunstenaars kan nie aansoek doen om daar op te tree nie, want dan sal dieselfde gebeur wat met die vorige feeste gebeur het. Jy kan die fees op uitnodiging bywoon….. en natuurlik as dit op my plaas gebeur “Reg van toegang voorbehou” Daar sal geen gratis kaartjies wees vir die minderbevoorregtes nie, geen busse of taxis mag die grond betree nie, maar ek sal wel vir die mense van my kerk wat behoeftig is kaartjies gee.

Liamari ·

Die Gariepfees was juis deur alle rasse bygewoon, meer as wat ek nog ooit by enige ander fees gesien het. Nee wat, ons kan wragtag ‘n plan maak om die Kunste te laat voortgaan. Hou ‘n fees in Orania. Of op ‘n plaas. Ek sal dit bywoon. Afrikaans word geboelie, punt!

Ben ·

Maak ‘n plan mense maak ‘n plan. Hou ‘n fees op iemand wat bereidwillig is se plaas. Kry nuwe talent om op te tree as die ‘ou’ talent nie wil saamspeel nie. Noem dit die Plaasfees of Boere-fees – en behoort aan die Plaasfees of Boerefees Klub –
Kry stalletjies en die hele ‘works’ .
Ons mense sal dit bywoon en dit sal privaat wees. Dit is op ‘n private plaas.
Indien mense kla – se dit is ‘n massiewe braai. Wie kan daarteen baklei?
Dis soos ‘n groot Kersete – niemand kan kla nie!! Dit is vir familie en VRIENDE!!

Pieter ·

Doen ‘n beroep op die kunstenaars om verniet te kom optree? Hulle kan geld maak uit CD verkope en aandenkings! Kom Suid Afrikaners ons is nie afhanglik van aalmoese nie!

Marianne ·

KOM AAN MENSE ONS IS AFRIKANERS – JA ONS HET VAN VOORTREKKER DAE AF NIE SAAM GESTAAN NIE… DIS TED VIR VERANDERING….

Ons het punk Afrikaanse talent – Die Bala broers, Dr Victor, Refentse, Kagliso… om te ‘n para te noem! How op vas kyk in ons kleur en ons taal.

Ons is meer as dit! Steve Hofmyer is reg, by was nog altyd… Ons volk is slapgat.

Dis tyd om hande te vat en saam te staan – genoeg is not mos genoeg.

Adam ·

Ai, daar sneuwel nog ‘n drinkplek. Die standaard van die feeste het oor die jare so afgewater geword dat dat dit maar met net sowel kan verdwyn.

Lolla ·

Wel, in daai geval is my tax en rates en taxes gelde ook te wit en Afrikaans! Al die liters brandstof gelde wat na goeverment gaan, is ook te wit! En my geld is beslis te wit en Afrikaans vir tolhekke….

Fanie Swart ·

Vat die fees Orania toe. Hull sal die >R1m beter kan gebruik.

Amanda ·

Mense MARK MY WORDS…..die blanke afrikaner se uitkomste is voor die deur….skryf dit op. Al skreeu die teenbewyse ten hemele….hou moed.

Veritas ·

Wanneer gaan Afrikaners begin vastaan?!!? Niemand gaan ons beskerm nie, net onsself. Ons het hoogs gekwalifiseerde regsadviseurs, prokereurs, dokters, kunstenaars en politikuste ens ens. Maak ‘n plan! Ons is boere.

wilemwouter ·

Het iemand dalk ‘n idee hoeveel daar begroot was vir vanjaar se fees

Nita ·

Julle almal slaan die bal mis. Indien die fees aangebied word, sal die Burgemeester nie sy nuwe R2miljoen- motor kan koop nie. Verdere dringende fondse word seker ook benodig vir n paar miljoen rand se herstelwerk aan die ampswoning.

Elizabeth ·

As die fees regtig so goed was en regtig so baie wins gemaak het, sou iemand bereid gewees het om dit te finansier. Hoekom moet owerhede kunstefeeste finansier? Kuns is doodgewoon ‘n kwessie van vraag en aanbod. As dit ‘n belegging is, sal ‘n sakeman die kans aangryp. Hoekom moet ons altyd met ons hande bak staan na die owerhede se kant? As die kunstenaars wil geld maak, moet hulle eers geld in hulle onderneming belê. My probleem met “kunstefeeste” is dat meeste van die sogenaamde “kunstenaars” wat daar optree, NIE kunstenaars is nie en geen benul het van wat die woord “kunstenaar” beteken nie.

Johanna Botha ·

Maar dom want nou verloor die stadsraad al daardie inkomste ….hou dan julle eie fees wat julle kultuur uitbeeld…almal was welkom. Ag wees nou slim en hou die fees buite op n mooi plaas dan pla dit niemand nie !

Henry 59 ·

Is hierdie nie dalk n bemarkings foefie van die feesraad nie?

Louwrens pretorius ·

Kan hul nie besef dis geld wat hul provinsie sterker maak nie more is munisipaliteit bankrot dan word apartheid blameer en nie omdat ons nie ekonomie nie inkry nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.