Gewilde omroeper, akteur doodgeskiet

Mandla Hlatshwayo. Foto: Facebook.

Mandla Hlatshwayo, gewilde radio-omroeper en voormalige akteur in die sepie Generations, is in Soweto doodgeskiet.

Hlatshwayo het glo Sondag op Moedersdag vroue probeer beskerm tydens ʼn gewapende rooftog.

Die voormalige akteur, wat deesdae platejoggie by Jozi FM is, was saam met ʼn kollega in ʼn kuierplek in Pimville toe die gewapende rowers op hulle losgebrand het.

Volgens die polisie is die presiese omstandighede rakende die voorval nog nie bekend nie. Vier gewapende mans het glo die kuierplek ingestorm en vroue van hul selfone probeer beroof.

Hlatshwayo en sy kollega het glo tussenbeide getree en is albei doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

J ·

Agge nee!! Die geweld hou nie op nie. RIV Mandla en sterkte aan al sy familie en vriende.

SAM ·

Sterkte aan sy en die ander man se familie en vriende. Hy is ‘n held, want hy en sy vriend het hul lewens opgeoffer om vroue te beskerm.

Karen Loubser ·

Dis ons almal in hierdie land wat swaarkry onder misdaad. Plaasmoorde is die mees geweldadig want daar is vele keer marteling betrokke. My simpatie lê by enige mens wat onder misdaad ly. Ons regering is so besig om onder mekaar politieke browny points te probeer kry dat die gewone mense se lot by hulle verby gaan. Wanneer gaan die stembus begin praat vir verbetering op n verstandige wyse?

Johan ·

Baie jammer om te hoor. Nou wonder ek: Gaan daar nou opstande en plundery wees, en rassisme die skuld gegee word?

MissDemeanor ·

Nee Johan. Dit gaan nie. Die was ‘n gewapende roof in die stad. Alle Suid Afrikaners is teikens vir so iets. Ons amal, ongeag van ons kleur weet dat ons moontlik die slagoffers van so iets kan wees. Dus, tenspyte van ons ras kan ons met mekaar empatiseer. Met die geval in Coligny was dit iets anders. Die wit base het ‘n swart seun wat soneblomme gesteel het gevang en toe gaan hy dood (selfs al was dit ‘n ongeluk). Hy was dalk honger, hy was beslis arm, hy sou inelkgeval nie so vreeslik baie kon steel nie. Dalk net genoeg om kos te maak vir die familie. As sy lewe minder desperaat was sou hy dalk gladnie gesteel het nie. So ‘n geval laat mense wat arm is kwaad voel want hul is gefrustreerd deur die onregverdigheid van die wereld. Mense wat nie ‘n goeie impuls beheer het nie (dalk agv van woede, stress of ‘n lae IK) reageer met geweld. Die geweld is nie reg nie. Maar daar is ‘n verklaring vir dit. Miskein moet ons ophou om alles in terme van swart en wit te sien. Miskien moet ons vir onself vra “as ek daardie persoon was, en het daardie persoon se lewe gelei, wat is die kans dat ek anders sou reageer?”. Ek kry die mense in Coligny baie jammer, aan beide kante. Niemand wil he wat hul gekry het nie. Ek kry Mandla se familie jammer. Hul is nou ook deel van SA se statistieke.

EB ·

Wat ń jammerte! Mag julle onderskeie families berusting ervaar uit genade.

Nettie ·

@MissDemeanor …. Skuus as ek oningelig is, maar waste kos maak mens met SONNEBLOMSADE? As dit nou MIELIES was, dan kon ek nog jou argument dat die kind gesteel het om kos te maak vir sy gesin, verstaan het …. maar SONNEBLOMSADE?

EB ·

Wat n jammerte! Baie sterkte aan die onderskeie families en vriende. Die pyn van sulke onnodige geweld waar geliefdes met hul lewens boet is oneindig seer.

So hartseer en onnodig ·

So onnodige en hartseer soos elke moord op ‘n beskaafde eerlike persoon, my hart pyn vir jou en jou vriend se familie. Ek dink egter hul is opreg trots om jou familie te wees, jy het opgestaan vir waarin jy glo en dit is kosbaar vir elke vrou. Mag die skuldiges gevang word en ek weet ek mag nie, maar deur die gemeenskap, hul sal weet wat om te doen – aangesien ons nie op regering kan staatmaak, goeie eerlike Polisie is ook in minderheid, daar is ‘n goeie klompie wat hul kant bring, maar hul kan eenvoudig nie by alles uitkom.

What a joke! ·

Blameer die ANC die lot wat die land regeer !!
Die land is vrot van die onwettiges, die land is vrot van korrupsie en daar is nie werk vir die mense nie! Wie is te danke DIE ANC!
Baie sterkte aan sy familie en vriende….tog so onnodig!

Ou Vlakvark ·

Ek het GEEN respek vir die ANC “leierskap” nie. GEEN.

ansie ·

So onnodig. En dit vir Selfone!! Innige simpatie vir die familie. Ons bid vir julle

delia botha ·

so jammer dat iemand wat ander wou beskerm sy lewe moes verloor. Alle sterkte aan sy familie. die wetteloosheid raak ons almal

RIP ·

Dit is agv die ANC se ONVERMOE om maatreels en dienste in plek te stel om sy landsburgers te beskerm. Hulle lag vir plaasmoorde, maar besef nie dat moorde ook hulle eie mense en eie ondersteuners tref nie. So hoe bly stem jy nou vir ‘n party wat toelaat dat jou mense om jou doodgeskiet word en hulle lig nie ‘n wenkbrou nie? Ek sien nie die ANC raak excited oor die vlaag moorde wat die afgelope jaar gepleeg is nie .. hulle hou parties en bevorder mekaar en betaal bonusse uit en bring verbeteringe aan hulle huise aan en koop nuwe karre en gaan op luukse vakansies. DALK sien die ANC ondersteuners hulle ook nou vir wie hulle is, alhoewel dit dalk nog ‘n tyd gaan neem (wat te laat kan wees). My innige simpatie aan die oorledenes se familie en vriende.

Sowaar!!!! ·

Ek weet nie of die ANC en die massa wat hulle net blindelings volg OOIT sal besef maar ons land is in ‘n gemors – hulle het net nie insig nie en volgens hulle STANDAARD gaan dit goed in SA. Eers wanneer daar niks oor is nie sal hulle besef iets is fout en weer die Witman; apartheid en rasisme die skuld gee.

Nettie ·

@Sowaar!!! Daar slat jy hom spyker op hom se koppie! Dit is hul standard – hulle ken nie van beter nie! Kyk maar die program Voetspore Sondagaande op Kyknet – op hul reise deur Afrika, in lande soos die DRK, Zambië, Nigerië (nie in chronologiese volgorde nie) sien jy net verval. Ou geboue wat uitmekaar val, “over-crowding & squattering”, die treinspore en -lokomotiewe wat verlate en verroes lê, vragmotors en bakkies wat langs die pad gaan staan het en net daar van bo tot onder ge”strip” geraak het, bendes wat uiters-vrot paaie afsper en vir wie jy dan moet omkoop om te kan deurgaan. Suid-Afrika is 75% oppad daarheen!

Netta ·

Baie hartseer … Net snaaks dat in hierdie geval, is die vermeende oortreders sommer binne 48 uur aangekeer, maar in baie plaasmoorde en -aanvalle gaan daar etlike dae en maande (selfs jare) verby voordat arrestasies gemaak word? Is dit ‘n kwessie van beroemdheid of kleur – dat sekere sake prioriteit geniet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.