Gewilde omroeper vertel van noue ontkoming

Darren Scott. Foto: Via Facebook

Radio-omroeper Darren Scott het die afgelope naweek vertel van die nagmerrie-ervaring toe hy tydens ʼn gewapende rooftog teen die loop van ʼn vuurwapen moes vaskyk.

Scott het Saterdag op sy Facebook-blad gesê hy was Donderdag omstreeks 19:15 op pad huis toe nadat hy sy radioprogram aangebied het.

“Drie baie aggressiewe rowers het my by die aansluiting van William Nicol- en Leslieweg met ʼn vuurwapen aangehou. Hierdie gebied word al geruime tyd as ʼn roof- en kapingprobleempunt beskou. Tog is daar niks wat ʼn mens kan doen as jy geteiken word nie. Dit was spitsverkeer en daar was voertuie reg om my. ʼn Mens is vasgekeer. Dit is waarskynlik waarom hulle hierdie aansluitings teiken,” het Scott gesê.

Scott het gesê ʼn man het ʼn 9 mm-pistool teen sy kop gehou en heeltyd op hom geskreeu en hom gevloek.

“Ek sal hom of sy medepligtiges glad nie kan herken as hulle nou by die vertrek instap nie. Al wat ek kon sien, is die 9 mm-pistool in my gesig met ʼn bewegende vinger op die sneller.”

Volgens Scott het hy voorheen raad van kenners ontvang oor hoe om in só ʼn situasie op te tree. Dit is om so kalm moontlik te bly, die rowers nie teen te staan nie en hulle te gee wat hulle wil hê.

“Ek het dit gedoen, maar terselfdertyd wou hulle my ring, geld, selfoon en skootrekenaar hê wat nie maklik toeganklik was nie. En dít terwyl die aggressiewe aanvaller op my skreeu om my hande te hou waar hy dit kon sien.”

Scott het gesê al drie rowers het probeer om sy ring van sy vinger af te trek, maar dit wou nie af nie. “Ek het nie kontant by my gehad nie. My selfoon was naby, maar my skootrekenaar met my beursie was onder die sitplek agter my. Ek is nie toegelaat om enigiets te sê sonder om gevloek te word nie. So, om te verduidelik dat ek my skootrekenaarsak gaan uithaal, was nutteloos. Terwyl ek gestrek het om dit te doen, en so kalm moontlik probeer bly het, het ek gedink ek gaan doodgeskiet word terwyl my twee seuns ʼn paar kilometer verder by die huis vir hul pappa wag om tuis te kom.”

Hy kon daarin slaag om sy sak in die hande te kry en het dit vir die rowers gegee. “Toe hulle gekry het wat hulle gesoek het, het twee van hulle weggehardloop, maar die een met die vuurwapen het dit stywer teen my kop gedruk. Ek het weereens die ergste verwag. Hy het soveel aggressie en haat in hom gehad. Hy het toe vir my gesê ‘drive off you piece of s**t’. Ek het onbeheerlik geruk en op die een of ander manier daarin geslaag om weg te ry sonder om ʼn ongeluk te veroorsaak,” het hy bygevoeg.

ʼn Stomgeslane Scott het die voorval by metropolisiebeamptes langs die pad aangemeld en huis toe gegaan. “Ek was net dankbaar dat ek my seuns weer sou sien. Toe ek Mark en Matty sien, het ek gebreek. Hulle gelukkige en onskuldige gesiggies het my gebreek. Hulle lewe in ʼn wêreld waar haat en gruwelike beproewinge soos hierdie nie bestaan nie. Hulle sien net die goed in enigiemand en alles. Ek het net vir hulle gesê ‘pappa huil, want hy is bly om julle te sien’.”

Scott het Vrydag die voorval by die Douglasdale-polisie aangemeld en die beamptes by dié stasie geloof vir die wyse waarop hulle opgetree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lollie ·

Sterkte Darren! Ek glo dit was verskriklik! Ek wonder wat ek in so situasie sou gedoen het. Waar gaan ons land en ons lewe heen?
Bly dan jy lewendig daaruit gekom het. Dit kon soveel anders gewees het. Geestelik glo ek het mens ń knou weg en vrees elke oomblik. Sterkte!

Anoniem ·

Dit is regtig kommerwekkend hoe dit deesdar in die land gaan n mens is net nerens maar nerens veilig nie baie sterkte ek hoop jy herstel vinnig van die trauma !!

Karel ·

Ek wens hulle wil net vir ons n eie stuk land gee as hulle ons so haat en wil doodmaak.

VONNI ·

Ekt al n vrees om in my motor te ry. Ons ondersoek die moontlikhede om te emmigreetr. Alles het net te veel in SA geword!!

wraggies ·

Al die “hotspots” is selfs deur gewone burgers geken, daar is tot borde wat hulle uitwys, maar niks word deur die polisie gedoen om hierdie aanvalle te voorkom nie, ek verstaan dit nie.

Wees baie versigtig ·

Sterkte aan Darren en sy familie om die trauma te verwerk. Bly jy is ten minste veilig.

Pasop ook vir Nelson Mandela Rylaan in Pretoria in die middae, ek het al self ‘n mes teen die keel gehad ook in spitsverkeer. Hou die vensters toe al is dit hoe warm en die deure gesluit. ‘n Vrou wat op haar selfoon gepraat het met ‘n oop venster is laas week in die middag in spitsverkeer in haar gesig met ‘n bebreekte bottel se glas snypunte geslaan dat die bloed spat en van haar selfoon beroof. Binne ‘n paar sekondes. Hulle arriveer en verdwyn blitsig soos skimme in die donker nag. Moet nie met oop vensters in die Pretoriase strate ry nie en nooit, ooit met met ‘n sigbare selfoon nie.

Nettie ·

DÍNK VOOR, TERWYL EN NÁ jy bestuur. As dit laataand is – kan jou ryery nie maar wag tot môreoggend nie? As jy dan móét ry – hou jou deure en vensters DIG GESLUIT. As jy gereeld lang ente moet ry of na donker moet ry, spandeer maar daardie ekstra bietjie en sit “Anti Smash-‘n-Grab”-film op jou ruite.

Moenie waardevolhede oop en bloot by jou in die voertuig hou nie – sluit dit in die kattebak weg. Wees op en wakker; skakel oor na ‘n laer rat en ry stadiger as jy sien ‘n verkeerslig gaan rooi slaan en hou in die middelste baan (as jy kan, natuurlik). As jy stop, stop reg in lyn met die voertuig langs jou, hou jou voertuig in eerste rat en los ‘n redelike spasie oop tussen jou buffer en die voertuig voor jou, sodat jy kan uit-manuvreer as jy dalk gekaap of aangeval word. Kyk rondom jou rond en identifiseer moontlike aanvallers.

Ek doen dit omtrent te alle tye en was – gelukkig! – nog nooit aangeval nie. Gelukkig bly ek ook nie in Gauteng of in een van die hoofsentra nie. Maar self hier, op die platteland, kom al meer sulke gevalle voor.

RHG ·

Miskien moes Maroela media ook gemeld het wat elders gesê is, dat die Metropolisie nie ver van die voorval af was nie en glad nie belanggestel het om op te tree nie.
Ons is egter dankbaar dat Darren fisies ongedeerd is.

Vermy ook om juwele te dra in die motor ·

Moet ook nooit ooit met sigbare horlosies, oorringe of enige ander juwele aan in die motor bestuur of ‘n passasier wees nie. Die diewe is soos hyenas wat bloed geruik het skielik op jou om die juwele te kry en sal nie huiwer om jou binne sekondes uitmekaar te skeur nie.

Francois ·

Darren jy was amper dood.
Die goeie Vader daarbo het vir jou n waarskuwing gestuur.
Jy moet jou familie vat en uit die land geepad.
Jy of jou familie lede gaan nie weer so gelukkig wees nie

Vickster ·

So pleit ek die bloed van Jesus oor elke een.
Ons was laas jaar amper in dieselfde posisie in ons huis op n plaas buite Tzaneen, as dit nie was vir die Vader se stemmetjie wat ek gehoor het met my praat nie het dai makkers my en ons 3 kinders in die huis gekry. So pleit ek elke dag die bloed van Jesus oor ons en my man wat bedags alleen op die plaas boer saam sy arbeid. Dis net die Engele wat jou beskerm!

Lauren Veldsman ·

Dan wonder ek party dae of ek regtig my kind in hierdie land wil grootmaak? Ek verstaan dat elke land het sy probleme, maar ek weet ook dat mens hoef nie in elke land, elke dag te baklei vir oorlewing en te lewe in vrees soos hier nie.

Tas ·

Nee elke land het nie die tipe probleme wat ons het nie, net die ergste oorlogsones.

Jerry ·

Jy het die boosheid van haat gesien en jy wil nie he jou gesin moet dit ervaar nie. Sterkte met jou keuse wat jy gaan moet maak.

Rupert Ashford ·

Sterkte Darren – dankbaar vir jou dat jy leef. Die tyd wat voorle met sy getob en tot verhaal kom en sinmaak is nie maklik nie.

Ria ·

Almal se gaan landuit!…Waarnatoe as jy nie geld het nie…Ria.

Katerina ·

Dis wat ek ook altyd dink, Ria – Daar is so baie van ons vir wie daar nie wegkomkans is nie. Al wat miskien kan help is as al ons witmense,die paar miljoen wat nog oor is, Ieder En Elk van ins, n petisie teken en rig aan die VN of n land soos Amerika of Rusland. Rusland is nie n monster nie, die land het baie verander in die afgelope 4 dekades. Ons sal Iewers moet hulp vandaan ontvang want Hier kan ons nie bly nie..

Afsonderlike ·

J…..
Vader asb Verlos ons van die bose?dankie
Sterkte Darren saam is ons uitgelewer…
maar vrees gééneen behalwe GOD.
HY lewe in SY kinders vir ewig en altyd.

Anoniem ·

Dit wys weereens hoe diep ingewortel hulle haat lê. Daar is absoluut geen kans dat die sogenaamde reënboog nasie in harmonie met mekaar kan saamleef nie.

Tina du Toit ·

Dank God jy leef, want deesdae skiet hulle net vir die fun.. Sterkte vorentoe, daai bang gevoel om te ry kry mens nogal onder, maar ons glo en vertrou God se hand sal weer oor jou wees. Sterk staan.

Siek en sat ·

Was daar geen ander blanked om Darren nie. Ons probleem is niemand wil betrokke raak nie. Mense as ons as blankes wil oorleef sal ons moet terugkeer na die Here en bymekaar moet staan. Met die Here saam is geen oormag te groot nie.

Teresa Crossley-Forest ·

Ons self was slagoffers van smash and grab gister. My dogter het hom afbaklei en Hy is weg met niks. Geen ander persoon in die verkeer het gehelp of eens getoeter nie. Almal was maar te dankbaar dit was Ons en nie hulle nie. Ek was by twee SAPS Kantore en die blits patrolie en die antwoord was “oh, sorry ne”!!! Geen docket geen hulp!!!! Al wat ek weet is arm soos ek is Ons MOET uit hierdie land uit!!!

Johan Jooste ·

Darren, ek weet presies hoe jy voel, ek het vir ‘n oomblik my trauma beleef toe ‘n rower ‘n pistool in my gesig gedruk het by ‘n huis in Bruma Lake, Jhb. Eerste wat deur my gedagtes gegaan het was dat ek nie daardie oggend my drie pragtige dogtertjies en vrou gegroet het toe ek net na 5 werk toe is nie. Ons “sugar cote” misdaad te veel met die gedagte dat dit beter sal gaan, dit gaan nie. Baie sterkte met jou pad vorentoe Darren. Tot vandag toe nog skrik ek as iemand vinnig langs my voertuig opdaag. O, en ek het amper vergeet van hoe ek met ‘n agresiewe rower in Bloedstraat, Pta, moes veg nadat hy en twee ander my in my moter aangeval het, ek het magteloos gevoel, hulle kon niks vat nie en ek het nie die saak aangemeld nie wat dit was al baie laat op ‘n Vrydag middag. O, en amper vergeet ek, die engelsman Tom, van Garsfontein vir wie ek my lewe gewaag het in Rubenstein Road naby Moreleta Park nadat hulle haar en die twee kinders voor my aangeval het en ek daarin kon slaag om een rower te arresteer en haar handsak aan Tom kon terug besorg by Garsfontein Polisie stasie ‘n half uur daarna. O, en Evelina Mokanyatsi wat voor my met ‘n 9mm pistool in Grayston road, Sandton drie keer geskiet is (sy het oorleef), ek kon die ouens arresteer en hof toe gaan.

Vat jou goed en trerk Ferreira ·

Selfde ding die naweek ook met kenisse van ons gebeur! Ek skop al hoe lank daarteen om te trek, maar dis nou klaar- ek gaan nie meer wag totdat dit my beurt is nie, ek is uit na ‘n ander land waar ek my tyd en talent in hulle ekonomie kan bydra sonder om bedreig te voel. Kersfees die jaar sal my elders sien, klaar.

Botha ·

Dan kry jy een of ander kaptein in die polisie wat wil hê polisiestasies moet 18h00 saans sluit omdat dit te gevaarlik raak agv misdadigers. Ons hele polisie stelsel is in sy maai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.