Gewilde Pta-restaurant beroof

Argieffoto.

Argieffoto.

Klante van ʼn gewilde restaurant in Pretoria is Woensdagaand van hul selfone, juwele en beursies beroof toe gewapende rowers die restaurant binnegestorm het.

Konst. Malefo Makena, woordvoerder van die polisie, het gesê ses rowers het omstreeks 21:45 ʼn Spur-restaurant in Olievenhoutbosch binnegestorm. “Hulle was almal met vuurwapens gewapen en het die wapens op die klante gerig,” het hy gesê.

Ongeveer R30 000 is uit die kasregisters gesteel, terwyl al die klante van hul selfone, juwele en beursies beroof is. Die rowers het daarna op die vlug geslaan. “Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie,” het Makena gesê.

Niemand is nog vir die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jaco ·

Wat is die oortreffende trap van “buite beheer”. Dalk ” Suid-Afrika” Sal ons dan sê misdaad in SA is SA? As jy nog nie deurgeloop het nie is jy, jou vrou of kinders volgende? Dalk met noodlottige gevolge??

Vic ·

Anargie, Jaco. Help nie om dit te ontken nie. Die afgelope jaar heers anargie.

Dave ·

Ag nee Jaco, jy wil ons tog nie probeer oortuig misdaad is buite beheer in Suid Afrika nie? Glo jy werklik so? Wel, laat ek jou reghelp. Misdaad is kompleet in beheer van Suid Afrika.

Winston ·

Jy wonder wat gaan ons maak. Hardloop, terugveg, kyk wat is volgende? Ek weet ook nie miskien moet DE KLERK vir ons sê. Hy en Mandela het mos sport gebruik om die “ja” stem te laat wen. En waar is ons sport nou? En die res van ons kou net harde bene.

Dave ·

Ron, het jy nog nie die omsendbrief gekry nie? Indien nie, hou die pos dop. Ons blankes ontmoet almal oor twee weke 10uur die oggend by die lughawe en dan waai ons! Ons gaan Afrika werklik nog donkerder laat word. (onthou net om nie in ‘n Gupta-Vliegtuig te klim) Ons geepad en dit gaan ‘n surpraais wees vir die zumaliete. Sal ons eie potjie gaan krap elders.

Dave ·

Ian, hulle onthef hul self van àlle skuld en pak die blaam op De Klerk. Nie eens De Klerk & kie (want hulle besef blêddie goed húlle is kie) maar bloot De Klerk asof een stem die wenwerk gedoen het.

Marinda ·

Stem saam. Feit is hulle weet daar gaan niks teen hulle gedoen word nie. Maak groot geld op die manier sonder om te werk. Criminals’ Paradise!

Eddie ·

Kyk waar gaan alles heen. N mens en jou gesin kan nie eers meer gaan uit eet nie. Ek is nou al verby GATVOL vir hierdie land wat ons Suid Afrika noem. Dit is hoog tyd dat ZUMA gepos word en iemand wat wet en orde in hierdie land reg kan doen en onderhou in sy plek aangestel word. Almal van hulle dink hulle kan net doen wat hulle wil want daar is geen wet stelsel wat toegepas word nie. Steel vandag more uit op bail. Dit is regtig n grap. Ek wil nie eers meer nuus lees of kyk nie want al wat jy hoor is van moord en dood en roof. En natuurlik onbevoegde mense wat in die Parlament sit en net n pay check kry die end van die maand. Word wakker mense en begin aksie vat teen die klomp.

Hettie ·

Oral in SA is nie meer veilig nie! Huis, winkels, kamp, ry, ens nie meer veilig nie! Waar is veiligste plek????

Jan maak n Plan ·

Wat daarvan as ons almal begin om ook hand vuurwapens saam met ons te dra. Miskien moet ons vuur met vur beveg???????? Ek glo nie die ses broers sou n kans gehad het teen n restaurant vol gaste met hand vuurwapens nie.

Gerda ·

Korreksie dit het by PW Botha al begin toe hy vreemde godsdienste in die parlement ingebring het en nog baie ander dinge ook. Maar dit help nie om terug te kyk nie dit gaan nie die probleem oplos nie.

alida ·

Dit gaan my verstand te bowe hoekom die Restaurant nie ‘n gewapende veiligheidswag by die deur gehad nie. As hy ‘n wapen gehad het kon hy tenminste een of twee geskiet het. Lyk vir my na ‘n “inside job”. !!!

Nie Naam ·

Ek weet van baie restaurante wat nie veiligheidswagte voor hulle deure het nie

Wonder maar n et ·

Kan iemand nie opstaan ek die lysels vat en ons almal bymekaar laat kom op ‘n veld of ‘n boer se plaas en begin aan ‘n plan werk om saam te staan nie,,,, die wat ons wil ondersteun is almal welkom maar almal praat en praat en praat maar niemand neem daardie volgende stap nie…iewers moet iemand ‘n plan in plek he of strategie sodat die suurstof werf-etters kan sien ons gaan begin opstaan….. mens is nerens meer veilig nie ons is soos suiker miertjies wat jaag om saans huis toe te gaan dis mos nie ‘n lewe nie….. toe kom waar is Steve of iemand wat lysels gaan neem daardie persoon gaan ongelooflike ondersteuning kry. Kyk hoe vining groei ons Afri-saam Fees !!!!

Jan du Plessis ·

Goeie voorstel dat ons ophou praat en daadwerklik oorgaan tot aksie.

Francois ·

Steve…?moet my nie laat lag nie! Met so ‘m Engelse naam beteken hy ook niks…wat gaan HY kwansuis doen? Hy soek net publisitiet!!!

Dave ·

Presies Pop. Almal hoop op iemand anders om die leisels te neem en sommiges vra selfs of ons net gaan praat, praat, praat en niks doen maar nie een wil daarmee begin. Hier word dieselfde ding gedoen en dan, kan jy dit glo (!) word hulp gevra van iemand wat niks meer weet van politiek as hoe om die Stem te sing. Jy sien, dìt is presies waarom ons oorspronklik in so ‘n situasie beland het, mense wat niks regtig van politiek af weet maar nou al die skuld op De Klerk wil pak terwyl hulle hom gehelp het om die land oor die afgrond te stoot.

neelsie ·

Weet nie of dit enige sin maak nie maar ek dra nie n horlosie of selfoon saam na openbare plekke nie, net n gewaarmerkte afskrif van bestuursbewys en 2e bankkaart met beperkte fondse.

pop ·

Dave , as ek so na mense se kommentaar kyk, wonder ek soms of ons nie dalk
verdien om in die haglike omstandighede te wees nie. Laat my dink aan n klomp klei trappers. Dieselfde De Klerk aanhangers gooi hom nou met beskuldigings. Dit gaan al so met ons ou nasie van die vroegste tye af. Hulle is nou skaam-kwaad.

Dave ·

Presiès Pop. presies! Soos jy sê, ‘n land verdien sy regering. Jy’s ook reg wanneer jy sê dat dit gewete is wat praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.