Gewilde radio-aanbieder vas vir dronkbestuur

Wayne Hart.

Wayne Hart.

ʼn Gewilde radio-aanbieder is Saterdagaand kort voor middernag in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig Wayne Hart van Algoa FM se The Drive-program, weeksdae van 15:00 tot 19:00, is om 23:45 in Lenevilleweg in Lorraine, Port-Elizabeth, in hegtenis geneem.

“Die polisie het sy voertuig tydens ʼn roetine-misdaadvoorkomingsoperasie van die pad af getrek, waarna hy in hegtenis geneem is op aanklag van dronkbestuur. Hy is Sondag op eie verantwoordelikheid vrygelaat en gelas om weer in die hof te verskyn,” het sy gesê.

“Die hofverskyning is ses maande van nou af om genoeg tyd te gun om vir die bloedtoetsuitslae te wag.”

Algoa FM en Hart het Sondag ʼn gesamentlike verklaring oor die voorval uitgereik.

“Ons is natuurlik teleurgesteld in Wayne, maar bly dat hy gekies het om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar,” het Alfie Jay, die radiostasie se bedryfsdirekteur, gesê.

“Vriende, ek ʼn fout gemaak. Ek het my les geleer. Ek wil die polisie bedank wat hul werk gedoen het. Hulle is nie die vyand nie, hulle is daar om na ons om te sien,” het Hart gesê.

Die radiostasie se bestuur het aangedui dat daar geen tugstappe teen Hart gedoen gaan word nie. Hy sal na verwagting Maandagmiddag met sy program voortgaan.

Algoa FM en Hart het onderneem om nie die saak verder met enigiemand te bespreek nie sodat die gereg eers “sy gang kan gaan”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

MM ·

Ag shame en more doen hy dit weer. Wat van al die ander wat die naweek dronk bestuur het?
Hoekom hoor ons nie van hulle nie. Of is dit net bekendes wat dronk bestuur?

nelia meyer ·

Jinne die Drive program sou mors dood gewees het sonder jou daar. Sterkte almal maak jou foute en laat die wat klippe gooi eerste die balke uit hulle oe laat haal en dan kyk of die glashuise waarin hulle bly die klippe kan weerstaan.

Gaan groot of gaan huis toe en daarmee se ek nie dis reg om te drink en te bestuur nie…… almal oortree die een of ander tyd.

Laat waai met die musiek.

NELIA

Poplap ·

Jis Nelia!
My glashuis is laaankal flenters van daai tyd af toe die balke inmekitaar geval het.
Hoe ookal.
Moenounie vir my vertel dat die outjie nogal ‘n program vir ons spul motoriste aanbied nie!!!

JAN BRITZ ·

Dronkbestuur is krimineel. Uit en gedaan. Moenie nou saggies wees in julle kommentaar nie. Hoe durf enigeen dit doen, ongeag jou status. Dis baie meer as n foutjie! Skort sy lisensie op dan beteken sy pragtige belydenis darem iets vir die samelewing. Dronkbestuurders behoort aangekla te word van poging tot moord.

Jan ·

Vandag se klasifikasie as dronk is ook regtig nie meer dronk nie. Twee drankies plaas jou alreeds in die dronkbestuur groep, na 2 drankies is jy beslis nog nie regtig “dronk” nie. So as jy 2 glasies wyn saam met ete drink is jy vir alle praktiese doeleindes dronk ?

Piet ·

Jan
Siende dat jy so op datum met al die dinge is.
Weet jy hoeveel doppe die ou gedrink het en wat die lesing op die spietkoppe se blaaspyp was?

Theresa ·

Medisyne maak mens dan ook soms “dronk”. Emosioneel agter ‘n stuur, is “blind” en “dronk”. Nie VIR dronkbestuur nie, maar voel ook dis belaglik om mens as dronk te klas na byvoorbeeld 2 glasies wyn. Behalwe as jy goed weet dit tas jou aan – bly dan daarvan af weg?
2 Maal nou die noue ontkoming gehad van mense wat aan die verkeerde kant van die pad aangery kom (saans). Wat ‘n skok! Was hul dronk???? Wat hul ookal was, was nie normaal nie en dit was skrikwekkend.

Peet Schabort ·

Mens moet maar versigtig wees wanneer in die kalklig. Die laaste woord se spelling verander baie maklik. Dalk ‘pass’ hierdie kommentaar?

Ernest ·

Sjoe…..ek is al oud en moet nou realisties probeer wees. Dis REG, drank hoort nie in ‘n liggaam wat bestuur nie, maar wat nou van die oer-oue gewoonte om “ietsie” te vat as jy Saterdag aand by vriende gaan braai………Die moeilike keuse….????? Op die kusdorp waar ek bly is twee jongmense wie jy kan bel om jou huis toe te vat en jou kar terug te bestuur. Ons sal maar noodgedwonge hiervan gebruik moet maak om aan die regte kant van die wet te bly. Terselfde tyd skep ons sommer werk….!!

Peet Schabort ·

Ernest, jy sal maar die spietkop moet saam neem na die braai en ‘n “ietsie” moet voorsien. Oorslaap met ‘n goeie voorraad “ietsies” sal ook werk.

Nic Grobler ·

Miskien moet ons maar eers met ons slimstories wag en hoor of hy deur ‘n hof skuldig bevind word. Sy ‘skulderkenning’ deur jammer te se, kan nie teen hom gebruik word nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ek is ook al gevang met vogies in die bloed stroom die teling was laag ,maar dit bly verkeerd ek het a goeie les geleer Toe word ek 180 uur gemeenskaps dien gevonnis toe apelleer ek teen die vonnis toe kry ek 200 uur wat a vout was dit Die ergste was toe die buure se kinkers my sien honde hokke skoon maak en honde was by die SPCA ,maar die waarhied het gou iutgekom Oom Bisvark was honde of hys nou a dog walker EN toe die tjerie op die koek a Boerboel by my toe aan die agterstewe sewe steke dit was my 195ste uur gewees . toe kry ek 5 uure af en ook vir my a hond aangeneem dis my ervaring loop lig en los die vogies as jy bestuur Groete

M A ·

Hahaha. Dis te kostelik! Bestuur onder die invloed is teen die wet maar dis ‘n grappige storietjie hierdie.

Flip ·

Mense, moenie oordeel voor ‘n beskuldige nie in die hog verskyn het nie. Hoeveel het hy gedrink en wat was sy alkohol lesing gewees?

Dronkgat ·

Enige iemand wat dronk bestuur behoort dadelik van die pad af te trek. Ek ry nooit as ek meer as 6 doppe gedrink het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.