Gewilde Sandton-restaurant in vlamme gehul

Die restaurant is Saterdagaand in vlamme gehul. (Foto: The Greenhouse Bar/Facebook)

ʼn Brand het Saterdagaand by een van die gewildste restaurante in Sandton, The Greenhouse Bar, uitgebreek. ʼn Gedeelte daarvan het oënskynlik eers aan die brand geraak, waarna die vlamme vinnig versprei het.

Beeldmateriaal wat op sosiale media die ronde doen, wys hoe party klante hardloop om van die brand af weg te kom, terwyl ander rustig na die vlamme staan en kyk. Die hele binneruim was in vlamme gehul.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media bevestig dat die brandweer om 22:25 na die restaurant ontbied is.

“Die brand was reeds geblus toe nooddienste op die toneel aangekom het en die gebou was ook ontruim,” sê sy.

Luidens ʼn verklaring wat deur The Greenhouse uitgereik is, is klante en personeel vinnig na buite begelei nadat die brand uitgebreek het.

“Danksy die oopplan-uitleg van die restaurant was dit maklik om almal na veiligheid te bring.”

Volgens Radebe is daar ook geen beserings of sterftes aangemeld nie.

Beeldmateriaal van die voorval wys hoe die dekoratiewe takke wat aan die dak van die restaurant hang, soos vuurbolle grond toe val.

“Die skade wat deur die brand aangerig is, is meestal oppervlakkig, dus sal die restaurant binnekort weer oopgestel word,” het die restaurant se woordvoerder gesê.

ʼn Ondersoek na die oorsaak van die brand is intussen van stapel gestuur.

Nog ʼn gewilde restaurant wat aan die Oos-Rand geleë is, Fahrenheit Seafood & Grill, het vroeër vandeesmaand aan die brand geraak.

Hoewel niemand tydens die brand beseer is nie, het een gedeelte van die restaurant glo heeltemal afgebrand.

Die oorsaak van hierdie brand is nog nie vasgestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
domheks

Snaaks dat so baie plekke deesdae sommer net aan die brand raak?
Wonder of dit elektriese foute is os mense?

Jaco

Wit monopolie kapitaal moet mos vernietig word. Ek wonder net, as al die lekkerkry oor nog ‘n wit besigheid wat geval het nou verby is, weet diegene wat so anti-wit is dat die swart werkers van daardie gewese wit besighede dan, nes hulle vorige wit werkgewers, óók werkloos is?

Diline

Volgens nuusberig in the Southern African.com het ‘n persoon wat in die restaurant was die volgende gemeld:
“he saw someone spraying something in the direction of ornamental branches near to the set where a popular band was performing. When I saw the first branch fall, I thought that [it] wasn’t a good move for them to spray whatever they spayed on the branches as it sparked the fire. As dit wel die geval is, het iemand opsetlik die brand gestig en hoop ek hulle vang die idioot.

Papsak

Hel maar die plekke raak darem deesdae net aan die brand hoe is dit moontlik word aan die brand gesteek sekerlik

Renier

Free meal,brand die plek net voor betaal tyd…..kan dit n trend word?