Vier gewapende mans het Donderdagoggend op die gewilde The Grove Mall in die ooste van Pretoria toegeslaan.
Julie-Anne Nel, sentrumbestuurder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die verdagtes het omstreeks 06:00 by die agterdeur van die DeonWired-winkel oopgebreek.
“Verskeie elektroniese ware is gesteel. Die waarde van ware wat gesteel is moet nog vasgestel word,” het Nel gesê.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die polisie ondersoek die voorval.