Gewonde boer ontwapen aanvaller, skiet met dié vuurwapen terug

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde boer en ʼn verdagte is na ʼn hospitaal geneem nadat albei tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Rashoop-omgewing buite Brits in Noordwes gewond is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê drie gewapende mans het Sondag omstreeks 03:00 op die plaas toegeslaan.

“Die 76-jarige man was alleen in die huis toe hy oorval is. Die verdagtes het op geld aangedring. Hy is tydens die voorval in sy heup geskiet en met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek,” het Makau gesê.

Sy het gesê die man het die verdagtes teengestaan en in ʼn stoeiery een van die aanvallers ontwapen. “Hy het met die verdagtes se vuurwapen op hulle geskiet en een van hulle in die rug gewond. Die ander twee het met ʼn bedrag geld en ʼn selfoon op vlug geslaan.”

Die boer het hulp van sy bure ontbied, wat tot sy redding gekom het. Hulle het die verdagte vasgebind. Die boer en die slagoffer is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Makau kon nie dadelik die boer se toestand bevestig nie.

“Die verdagte is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy sal in die Brits-landdroshof verskyn wanneer hy ontslaan word.”

Die Brits-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en huisbraak. Die soektog na die twee verdagtes wat ontsnap het, duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Jan, ek wonder waarom noem Maroela die krimineel ‘n slagoffer. Wie was die slagoffer? Die boer of die misdadiger

Johanna ·

Wel gedaan. moes baie moed gekos het. wens al ons boere kon so goed daarvan afkom.

Ania ·

Ha ha! 76 jaar, en hoe oud is die sogenaamde “vermeende” aanvaller?
Nee wat, die omies van die 1940’s vat nie nonsens nie.

Anne ·

“Die boer en die slagoffer is albei na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling”???? Was die boer dan nie die “slagoffer” nie?

Hendrik ·

Ann. Deesdae werk dit mos so andersom.
die aanvaller wod outomaties die slagoffer en andersom. Reg is ook mos nou verkeerd en verkeerd reg. Krimmenele moet sag met menseregte en mense wat behandel word. Die slagoffer sit met al die hel om te bewys dat hy reg opgetree het. DIT MAAK MENS SIEK SIEK SIEK!!!!!

C ·

Ann, sit nou net en dink wie is dan nou die verdagte en wie is die slagoffer. Iiets is nie lekker met daardie sin nie. Ek sou se dat die Boer die slagoffer was en dat een van die verdagtes of aanvallers ook gewond was.

Andrea ·

Goeie vraag. Anne!
Mooi so oom, hoop jy herstel vinnig. Ek glo mens moet ALTYD terugveg. Hul kom om jou te vermoor. Wat kan jy verloor?

Mau ·

Bly die oom het oorleef, bid vir sy herstel en genesing. Die oom is die slagoffer nie die krimineel nie en die gewonde krimineel is ook nie n verdagte nie, ek meen, word hy regtig nog verdink…

Buitestander ·

Hulle kom altyd met ‘n oorhand aanvaller. In die geval 1 teen 3. Nog tans die spit afgebyt.

Daan Erasmus ·

Stem almal saam dat Shaun Abrahams-Zuma die Boer moet aankla. Sommer enige klagte.

C ·

@DaanErasmus. Die aanklag sal dan sekerlik wees dat dit nie regverdig was nie. Die Boer is ‘n boelie want die aanvallers is dan maar net in hul vroee 20’s en die Boer is al 76. Bwhahahahahaha!!!!! Dis nou hoe oom zumpie sal redeneer.

Nannie ·

En daar wys die oom van 76 vir die skelms n ding of 2.
Mooi so oom knap gedaan.

tienkie ·

Hoop hulle vang die ander ook!! Well done oom!! Hoop hy herstel gou!!

Jean ·

Daarsy oom, dis hoe mens dit doen… almal moet begin terugbaklei, hoekom vir ewig slagoffers wees en skuldig voel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.