Gewonde transitorower soek

Argieffoto.

Die polisie in Noordwes is op die spoor van ’n transitorower wat Maandagaand gedurende ’n gepoogde transitorooftog in Rustenburg geskiet is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee transitovoertuie is omstreeks 18:00 op die R565 in Boshoek in die stad deur ʼn groep gewapende rowers geteiken.

Die rowers het die sekuriteitswagte van dié voertuie oorval waarna die wagte hulself teen die rowers verset het. “Die dapper sekuriteitswagte het terugbaklei en een van die rowers is gedurende ʼn skietgeveg [wat uitgebreek het] gewond,” het Naidoo verduidelik.

Volgens Naidoo word vermoed dat die rower in ʼn kritieke toestand was toe hy saam met sy makkers van die toneel gevlug het aangesien sy skietwond onophoudelik gebloei het.

Geen kontant is in die voorval gebuit nie. Die verdagtes is steeds soek.

Naidoo het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om enige inligting wat tot die vervolging van die rowers kan lei by die polisie se Misdaadstopnommer 086 00 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hendrik UAE ·

,n GROOT goed gedoen aan die wagte.Almal van julle is mos nie meelopers nie. Dankie vir die verset.

Wielspore ·

Wil graag meer sulke berigte lees waar sukses behaal word teen misdaad, goeie werk.

Elna ·

Ek wonder wie sit agter al die transito rooftogte. Ons weet maar mag dit nie se nie. Mooi so! Skiet hulle almal wat so roof voor die voet mooi so Sapd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.