Gewonde vrou in pad aangetref

Paramedici op die toneel. (Foto: Rescue Care)

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Woensdag verskeie kere geskiet en vir dood op die M7 by Durban agtergelaat is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê in ʼn verklaring paramedici is net ná 16:30 na die toneel in Northdene ontbied waar hulle die vrou, vermoedelik in haar 30’s, in die pad aangetref het.

Volgens Jamieson het die vrou verskeie skietwonde aan haar bolyf en arms gehad.

Die vrou is op die toneel gestabiliseer voordat sy na die Chief Albert Luthuli Nkosi-hospitaal in Durban gehaas is waar sy in die sorg van ʼn trauma-eenheid gelaat is.

Maroela Media het ʼn navraag aan die KwaZulu-Natalse polisie gerig en wag op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie ·

Wag vir terugvoer van die polisie? Julle gaan lank wag . . .

Werner ·

Dis hoekom Beki nie my wapens sal kry nie want hy en sy blou bende is te sleg om my veilig te hou

Werner ·

Dit is hoekom hulle nie een van my wapens sal kry nie want die blou bende kan my nie meer veilig hou nie

Jakes Jacobs ·

Werner jy slaan die spyker op die kop. Laat die blou bende eers van die onwettige wapens ontslae raak, dan sal ons ‘n beter land he.

LHS ·

Advertensie in oorsese koerant ( denkbeeldig): Wil jy vinnig, maklik en goedkoop ontslae raak van iemand, vat hom of haar vir n onvergeetlike vakansie na Suid-Afrika. Verskeie opsies om van te kies. Gewaarborgde tevredenheid.

Kol ·

Sterkte vir die vrou. Mens kan amper nie eers meer uit die huis gaan nie en daar moet jy ook wag staan. Damned if you do and damned if you don’t.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.