Gewonde wag vasgekeer ná rooftog

Argieffoto

Paramedici het Maandagoggend gespook om ʼn 28-jarige veiligheidswag wat geskiet is te behandel aangesien hy agter ʼn veiligheidshek toegesluit was en hulle nie by hom kon uitkom nie.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hul paramedici is omstreeks 03:00 Maandag na die toneel by ʼn fabriek in Longdale, Johannesburg, ontbied.

“Dit blyk dat die wag geskiet en van sy sleutels beroof is. Toe paramedici by die toneel opdaag, kon hulle die man sien en met hom praat, maar nie by hom uitkom waar hy in die oprit van ʼn gebou agter hoë mure en ʼn veiligheidshek wat albei deur elektriese heinings beskerm word, gelê het nie,” het Dollman gesê.

Volgens Dollman is dit ʼn vreemde geval, maar nie ongehoord nie aangesien paramedici volgens hom gereeld hindernisse teëkom.

Die slotte op die hek is afgebreek en paramedici kon die man behandel.

“Hy is in die linkerarm geskiet en is op die toneel deur paramedici gestabiliseer voor hy na ʼn hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling,” het Dollman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

A ·

Ja en vanaand gaan haal hy sy deel van die buit. Snaaks dat hulle altyd net in die arm gewond is. Voorheen was hulle ook net kastig vasgebind maar dit is darem te maklik. Nou gebruik hulle die skiet om net lig te beseer truuk.

Frank ·

My gedagtes ook. As die paramedic nie eens kon inkom of hy uitkom nie, hoe het hulle dan ingekom tot by hom sonder dat hy alarm gemaak het. Die opskrif gaan dalk een of ander tyd “vasgekeer” na aangekeer moet verander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.