Gewraakte lied buite hof gesing

Ernst Roets (Foto: AfriForum)

Ondersteuners van die EFF het Dinsdagmiddag die gewraakte “Skiet die boer”-lied buite die Johannesburgse hooggeregshof gedreunsing kort nadat AfriForum se siviele saak oor dié lied in die hof aangehoor is.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, vertel dat lede van die EFF sedert Maandagmiddag lede van AfriForum se pad na buite die hofgebou probeer versper ná die hofverrigtinge.

’n Ondersteuner het gister Roets se boek Kill the Boer: Government Complicity in South Africa’s Brutal Farm Murders – wat hy tydens die getuienis gebruik by hom probeer gryp en weghardloop. Roets kon keer dat die man die boek gryp en dié is toe deur die polisie weggelei.

Die man het egter kort daarna Roets “Skiet die boer” toegesnou toe hy in sy motor by die hofgebou geklim het.

Nóg ’n voorval het vanmiddag by die hofgebou afgespeel toe ’n EFF-ondersteuner Roets se selfoon by hom probeer gryp het.

“Soos ons nou gesels, sing ondersteuners “Skiet die boer,” het Roets laatmiddag aan Maroela Media vertel.

“Dit is maar intimidasie-taktiek maar ironies genoeg, versterk hulle ons saak. Hulle het geen respek vir die oppergesag van die wet nie.”

Roets meen die EFF maak ’n bespotting van ʼn onderwerp wat baie ernstig is. “Die werklikheid is boere word vermoor terwyl die lied gesing word.”

Roets het vroeër vandag in twee hoedanighede in die hooggeregshof getuig – ’n getuie namens AfriForum én as deskundige van plaasaanvalle en -moorde. Daar is onder meer getuig oor die wesenlike toename in aanvalle en moorde in die maande nadat die lied by geleenthede gesing is.

Roets se getuienis is vandag afgesluit en kruisondervraging sal môre plaasvind.

Die burgerregteorganisasie het einde 2020 ’n haatspraakklag teen Julius Malema en die EFF by die hooggeregshof, wat as die gelykheidshof sit, ingedien om dié party te dwing om op te hou om liedere te sing wat haatspraak en geweld aanhits.

AfriForum vra onder meer van die hof dat die saak ook vir strafregtelike vervolging verwys word. In AfriForum se pleitstukke vra die organisasie vir ’n bevel dat die EFF-leierskap, onder wie Julius Malema, Mbuyiseni Ndlozi, en die EFF haatspraak gepleeg het, dat hulle in die openbaar verskoning moet vra en dat hulle ’n boete van R500 000 moet betaal aan ’n organisasie wat homself beywer vir die bekamping van haatspraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

piet ·

Niks, jy kan nie duisende mense in die tronk stop hieroor nie. Bloot nie prakties nie. ‘n Futiele aksie ongeag die hof se beslissing. Daar’s in elk geval al beslis dat die lied haatdraend is en dit word steeds gesing. So wat nou? Malema gaan hierdie ding juis gebruik om die boere nog meer uittetart en verder verdeeldheid te saai. My gevoel is dat dit eerder geignoreer moet word. Hierdie klomp floreer op die reaksie wat hul kry. Hulle moet minder aandag kry.

Gert ·

Nee die leiers moet tronk toe en begin betaal vir hulle slimheid. Dis juis omdat ons altyd hulle ignoreer dat jm en sy trawante heeltyd wegkom hiermee. En as die volgelinge slim raak het Brackenfell ons mooi gewys hoe om vir hulle NEE te sê

Mariana ·

Hoe ironies dat die EFF die lied sing en dit nogal baie uitdagend. Wat sal gebeur as daar nou blankes by dieselfde hof gaan staan en Die Stem begin sing. Sal EFF dan nog so uitdagend wees of sal hulle begin toi-toi en goed begin breek. Hul leier het seker opdrag gegee dat hulle hulle weereens swak gedra. Mnr Roets hoop julle slaag in julle poging om daardie haatlike lied te laat verdwyn.

Wondermaarnet ·

Jy sal summier toegesluit word as jy sing of ons pragtige ou vlag waai.

piet ·

Die verskil is hulle is altyd massas, bietjie moeilik om massas te beheer.

Marius ·

En hulle kom weereens weg daarmee. Die eff weet van raas en afbreek. Verder beteken hul niks. Hul doen niks goed vir hierdie land nie.

Louis ·

Ek se nog steeds dat die ANC en EFF saam werk. Hulle gebruik die EFF om al hulle vuil werk te doen terwyl hulle ewe onskuldig toekyk. Die plaasmoorde, sing van die uitlokkende lied en orals chaos veroorsaak. Hoekom se die regering nooit n woord oor die goed nie en hoekom word hulle nooit aangevat nie? Vir my so duidelik soos dag lig.

Irene ·

Ek kan net my kop skud……..oor ons land se korruptheid……..ons leiers is NIE n kopseer nie hulle is n migraine………was dit ek en jy was ons toegesluit……

Die Goodwoodianer ·

Dit verbaas my nie. Wat help dit mens raak kwaad. Ek het nie meer lus vir die kwaad. Ons moet net bly Glo.

Samuel ·

Regdenkende mense word deur hierdie lawaai net aangespoor tot radikalisme

annie ·

As jy eers in die ANC se Jeugbende was brand jy duidelik vas in trurat. Die spul gedra hulle soos balhorige kleuters net waar hul kom; laat skade en skande agter… Aartjie na die vaartjie… Julius & kie dwing nêrens respek af nie. Vandaar die druip-punt-10%-verkiesingsrapport.

piet ·

Daar is reeds ‘n uitspraak hieroor gewees in ‘n vorige saak. Kan nie sien hoe hulle gaan ophou of verhoed gaan word om dit te sing nie. Hulle kry eintlik lekker want hulle sien hoe hulle uittart ‘n reaksie uitlok by sekeres.

Christine ·

Die moordenaars van boere is 90% gepleeg deur jongmense en ek glo die haat in hulle word gestook deur mense soos die EFF en BLF en die singery van die lied. Wat goed spruit uit om daardie lied te sing? Dit is definitief die skending van menseregte, en ek hoop die regter sal die regte besluit neem, anders stem hy saam met die woorde van daai lied.

piet ·

Dis reeds tot haatspraak verklaar deur ‘n hof. Dit moet nou afgedwing word en dis prakties baie moeilik om duisende mense te arresteer hiervoor. Hierdie is ‘n siviele eis vir geldelike vergoeding omdat die lied gesing word. Ons sien egter dat hulle dit in elk geval sing selfs met hierdie saak aan die gang en ten spyte daarvan dat dit reeds ‘n strafregtelike oortreding is..

Adriana ·

Wonder wat se deuntjie gaan hul sing as daar nie meer ñ boer is wat vir hul kos op hul tafels kan sit nie. Hul glo mos kos groei in die kettingwinkels.

Martie ·

Kan ek asb. die berig sien van wat van daardie man geword het wat “skiet die boer” geskree het voordat hy in sy motor gespring het en weggejaag het?
Ek sien geen aparte koerantopskrif daaroor nie. Dis mos maklik om ‘n motoreienaar op te spoor dmv die registrasienommer.

Ek wag….

piet ·

Ek dink hy’t dit geskree toe Roets in sy kar geklim het. Die ou wat dit geskree het was waarskynlik saam met die EFF groep en was daar aanwesig selfs nadat hy dit geskree het. So almal sing en skree dit maar geen polisiering nie…….

twaalfboor ·

Het al hierdie betogers buite die hof nie werk om te doen nie.

Wondermaarnet ·

Hulle moet onthou waar kom die pap en kos vandaar wat hulle eet. Die boer wat hulle wil uitmoor sorg vir kos. Daar is nie pille vir domgeit nie.

Nico ·

Die EFF sal die boete met ‘n smile” betaal en weer maak soos hulle wil.

Samuel ·

Die EFF gaan weer skotvry daarvan kom. Ons moet en kan slegs by die stembus die ANC en EFF verslaan. Hulle verstaan nie hofuitsprake nie.

Ettienne ·

Blankes in die agemeen is ‘n teiken , nie net boere nie. Die statistieke oor die afgelope jare wat syfers aantoon van hoeveel blankes al vermoor is in swart op wit geweld is verstommend. Dit lyk na ‘n volksmoord in wording.

Die EEF pas die ANC soos ‘n handskoen deurdat hulle sê en doen wat die ANC eintlik graag wil doen en op die uiteindlike agenda van die ANC vir die land is. Maar die ANC kan nie synde dit sy beeldof dit waarvan daar oor is, skade sal berokken.

AmY ·

Ek dink nie al daai ‘sangers’ is van die EFF nie. Soms lok hulle jonges van die straat af met ‘n T-hemp en KFC.
Ek hoop Afriforum wen die saak.
Het julle opgemerk dat mnr Roets nie ‘n lyfwag het nie? Of kyk ek hom dalk net mis?

Di ·

Ek glo dat geregtigheid wel eendag sal geskied! Wanneer daar niks meer kos of besighede oor is in die land en die ekonomie heentemal verwoes is, gaan HIERDIE spul die meeste daaronder ly. Ons is baie naby hieraan. Hulle moet ‘n slag gaan kyk hoe Zimbabwe nou lyk en hoe hulle krepeer van ellende omdat hulle presies dieselfde daar gedoen het. Rooikappie sal nie swaarkry nie, hy is soos Mugabe, BAIE dommes wat hom geld instop om hierdie dinge te doen. Sy ondersteunders wat nou so rondspring sal besef wat hulle gedoen het wanneer daar niks meer oor is om te eet nie.

SlinkseKoljander ·

Swart mense mag moes enige iets se in ons land, maar laat n wit man nou net sy mond oop maak.

MakersMark ·

Wat van Afriforum antwoord met lekker afrikaanse liedjies soos “afrikaners is plesierig” of selfs “bobbejaan klim die berg” ?

Louise ·

Nathan Kirch stop mos die EFF vol geld! Die strokie vir 14miljoen het ek nog as bewys gebere na oom Scott van Australia video daaroor gemaak het.

Danny ·

Geen wet en orde in SA. Tragies dat dit juis ontsien word vanaf die ‘mense’ wat hulle verwag ons moet steun en vertrou met ons land.

George ·

Hier gaan niks van kom nie, laat hulle die lied sing. Begin net jou eie nasie se plekke te ondersteun, net jou eie nasie donasie voor te gee, net jou eie nasie te tip by eetplek en parkeer area. Ons het baie mag met geld in die hand. Hou JOU geld, vir JOU nasie.

Vlekkie ·

En hoekom word die EFF lede nie summier deur die polisie in hegtenis geneem nie???

Salome ·

Die EFF moet geskraap word as ‘n politieke party, want hulle hits die mense aan om moord te pleeg en brand te stig. Hulle is gehoorsame burgers van Suid Afrika nie.

Swerwer ·

Die EFF word deur die ANC gedryf! Laat ons probeer die Stem sing, en almal word op die plek in hegtenis geneem. Wys jou maar net weereens dat die ANC absoluut daarop uit is om blanke landsburgers uit te roei en vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.