Ghoema-nominasie onttrek oor Steve Hofmeyr

Bobby, Bok, Steve, Jay en Ruhan. (Foto: Verskaf)

MultiChoice het versoek dat die musiekvideo van “Die Land” van die benoemingslys van kykNET se Ghoema-musiektoekennings verwyder word as gevolg van Steve Hofmeyr se betrokkenheid daarby.

Die lied word deur Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit gesing. MultiChoice het gedreig om sy borgskap van dié geleentheid te beëindig indien dit nie gebeur nie.

Die organiseerders van die Ghoema-musiektoekennings, die Ghoema Musiek Trust, is versoek om die “Die Land”, wat vir beste musiekvideo benoem is, van die benoemingslys af te haal.

In ʼn brief vanaf die Ghoema Trust het die hoof‑ uitvoerende beampte van die Ghoemas, Heidi Edeling, die nuus aan die bestuurspan meegedeel.

“Ek het ’n amptelike versoekbrief van Joe Heshu, MultiChoice se groepshoof vir korporatiewe bestuur, op 25 Maart hierdie jaar ontvang.

“As gevolg van Steve Hofmeyr se deelname aan die video, versoek MultiChoice dat die benoeming van ‘Die Land’ onttrek word. Verder verklaar hulle dat indien dit nie plaasvind nie, hulle geen opsie het as om hul borgskap van die Ghoema-musiektoekeninngs 2019 te onttrek nie.”

Edeling het verder gesê dat daar by wyse van ʼn demokratiese stemproses besluit is dat “Die Land” se musiekvideo van die benoemings onttrek word.

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Arnold Coleske van Coleske Artists het op Edeling se versoek gereageer. Hofmeyr het op sy Facebook-blad geskryf dat Coleske namens vele kunstenaars gepraat het in sy reaksie.

“Ons is diep hartseer om jou e-pos te ontvang om ons in te lig dat die video vir ‘Die Land’ onttrek is van die Ghoemas. Dít raak nie net die betrokke kunstenaars, komponiste van die liedjie en regisseur van die video nie, maar dit raak elke ander kunstenaar wat toekennings ontvang, omdat ons glo dat hierdie besluit die integriteit van die toekennings in gedrang bring,” het Coleske geskryf.

“Ons moet ons uiterste teleurstelling uitspreek oor Ghoema Musiek Trust, wat in direkte teenstelling is met wat in die offisiële kriteria, reëls en regulasies gestipuleer word.

“Hierdie is ʼn klap in die gesig van kunste, vryheid van uitdrukking én vir die bevordering van Afrikaans.”

Arnold Coleske. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

Coleske het verder van die regulasies van die Ghoemas aangehaal.

“1.1 Die kykNET Ghoema Musiektoekennings (hierna genoem Die Ghoemas) is ’n amptelike onafhanklike toekenningsgeleentheid waar kunstenaars, musiekgroepe, musikante, vervaardigers en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf vir sekere prestasies oor ’n spesifieke periode vereer word.

“1.2 Die Ghoemas funksioneer sonder enige eksklusiewe naamregte en/of besluitneming deur die nasionale pers & media, of enige platemaatskappy. Platemaatskappye en die pers & media staan in vennootskap om die musiektoekennings te bemark, uit te voer en blootstelling te verleen binne ’n ooreenkomsraamwerk met elk.”

Coleske het gesê hulle glo die inskrywing van “Die Land” en die daaropvolgende benoeming vir beste musiekvideo is bevestiging dat die inskrywing binne die reël van die Ghoemas val.

Edeling het alle verdere navrae na kykNET verwys. ʼn Woordvoerder van kykNET het egter navrae na Joe Heshu van MultiChoice verwys.

Maroela Media het navrae aan Heshu gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

214 Kommentare

Waarheid ·

Shame so Edeling het nie rugraat nie.
Buig sommer maklik agteroor.
Geen respek vir jou nie jammer en die wat jou so maklik manupileer het ook geen respek vir jou nie.Jy het jouself nou so in die voet geskiet!?

Leoné du Toit ·

So die een wat nou in daai kategorie gaan wen gaan 2e beste wees. Is dit regverdig teenoor die ander deelnemers in daai kategorie? Dalk moet ons regtig as Afrikaners saamstaan en Multichoice boikot? Dink julle ons het die ruggraat daarvoor? Soos iemand sê dis tog net heruitsendings oor en oor. En dan laat dit mens nogal dink …die persone wat in elke kategorie wen, wen hy regtig of is daar geknoei om te wen want o hel ons mag tog nie n blanke Suid-Afrikaner laat wen wat opstaan vir sy taal nie. Steve is NIE N RASSIS NIE hy gee net om vir sy mense, sy land en sy taal. Ghoemas is n klug

Andreas ·

Is ek verkeerd, of waarom word mens nou eers hiervan ingelig. Waarom tot op 99 wag, is dit omdat MultiChoice/KykNet bang is mense koop nie kaartjies na die geleentheid toe nie, boikot dit? So die wat reeds kaartjies het sal net eenvoudig die geld verloor as hulle nie opdaag nie.

Juanita ·

Dit is fataal oneties om Afrikaans as die kroon van ons taal so te belesig en te hanteer oor een persoon wat die feite neerle en opstaan vir dit wat reg en feitelik is. Alle kunstenaars moet hulle self onttrek uit alle uitnodigings en optredes en toekomstige optredes vir eers kanselleer tot en met die instansies en groepe betrokle die boodskap kry dat ons trots Afrikaans is en nie sal duld dat ons taal verneder word en minder geag word as die res van die wereld nie. ONS IS TROTS AFRIKAANS !!

Valerie ·

Uiteindelik word Multichoice ontmasker. Slegs swart DSTV installeerders mag vir hulle werk. As jy wit is word jy glad nie goedgekeur nie. Wit installeerders mag geen vouchers doen nie. En niemand se niks nie. Dis Multichoice!

Andreas ·

Ek is nou al so paranois, dan vra ek waarom kry mens net wit toiletpapier? Waarom word daar teen my gediskrimineer?

anton ·

Stem 100% saam Johan!!!
Waarom is daar hoegenaamd nog Afrikaner mense wat multichoise ondersteun???
Julle werp julle geld in die modder!!!
Mense sal moet begin om almal en alles wat teen ons taal en volk is te boikot.
Gordel vas, want die rit gaan nog rowwer word.

Amanda ·

Mense los multi coise. Hulle het nie ons geld nodig nie. Waarom afrikaanse mense hulle nog ondersteun weet nugter alleen.

Johan ·

Boycott KykNet en die Ghoemas vanaand!

Laat ons kyk hoeveel geld die borge vir hulle gee as niemand kyk nie.

ce de beer ·

ons sal nooit weer multichoice ondersteun nie hulle kan nie onderskeid tref tussen talent e politiek nie

Dries Booyens ·

Die wiel draai, Multichoice moet soos al die ander wat die minderhede uitstoot sy medisyne drink wanneer sy tyd kom, hy gaan nie vir altyd die kitaar slaan wat uitsendings betref nie!

EK LIEF MY AFRIKAANSE MUSIEK!! ·

……Nou niks leliks bedoel nie……Jy kan teerpaaie en bande aan die brand steek en alles om jou vernietig daar word niks aan gedoen nie.Maar Steve Hofmeyr se liedtjie word onttrek….by die Ghoema’s so unfair!!!!

Rene Scheepers ·

Skandelik Ghoema absoluut skandelik ons geld is goed genoeg om te skep maar ons word beperk vir wie ons mag sien sing.. ….

Ek SAL ALTYD VIR STEVE ONDERSTEUN

Wurmpie ·

Hoe kan ons verseker dat Multichoise gestraf word vir wat hulle doen aan Afrikaans

Jessica ·

Alles gaan mos oor rassisme in die land. As enige partye kon enigsins dink hierdie lied is gebaseer op ras laat dit veel te wense oor. Dis een van die BESTE song compilations in jare en dis factual!! Absoluut afgreislik wat gebeur.

Bekommerd ·

Jy bedoel seker ‘the plot thickens’? Nietemin, dis onregverdig om die beste video te onttrek en die tweede beste te laat wen. Dis ‘n aanval op Afrikaans in die geheel.

René Gous ·

Dit is absoluut ‘n skande dat Steve so behandel word!

Pieter ·

Die finale aanslag om blanke aftikaans sprekendes te marginaliseer en as twee klas burgers te kry.

Schalk ·

Is dit nie dalk maar net weer die bewys dat daar politiek in musiek , sport en elke dag se lewe is en deur rassistiese gesante afgedwing word nie? Waar is die integriteit en samestelling van die komitee wat so besluit kan regverdig?

Thomas ·

Dit skree van dubbelstandaarde. ANN7 was jare lank op DSTV en hulle was blatant anti wit. BLF kry ook lugtyd op DSTV. Ek is gatvol vir mense en instansies wat agteroorbuig om polities korrek te wees.

SF ·

Ek is nie ‘n besondere groot “Steve-fan” nie… maar ek het nou weer na die lied gaan kyk en luister. Daar is geen politieke geur hieraan nie – nie in my amateur oë nie. Die feit dat dit oor Steve gaan klink vir my na ‘n persoonlike vendetta. (En nou draai die lied in my kop, en dis gladnie sleg nie….)

Lidia Theron ·

Waar kan ons dit hoor? Baie van ons het dit nog glad nie eens gehoor nie.

Milan ·

Multichoice klap die sweep, Kyknet buig dadelik agteroor, en Steve en kie beland dan in die vooroor posisie.

Pypers Langeveld ·

Ek soek al lankal rede waarom ek my volle DSTV Multichoice pakket kan kanselleer. Ek het Netflix en ook Showmax plus Youtube en alle internet opsies. As Afrikaanssprekendes nou eenmaal moet saamstaan en die hel uit Multichoice “Spur” is dit nou die tyd.. maar ongelukkig is almal bekommerd oor hulle dalk ons kwotabelaaide sport gaan mis..

FC Nieuwoudt ·

Onthou net om dan jou Showmax subskribsie ook te kanseleer, want showmax is Multichoice se produk om te kan kompiteer met Netflix…

Petro ·

So bly ek het dstv al in Januarie gekanselleer.. Mis net Carte Blanche.. NIKS anders nie

Judge Dredd ·

Ek het DSTV al laas jaar ge-Spur.

Ek sien ook dat Edeling verwar “Demokratiese proses” met reg/regverdig .

D Kamp ·

Dit is belaglik. Eks nou nie ‘n SH man nie maar elkeen het ‘n reg om gehoor te word. Die publiek kan self oordeel. Dit is ook ‘n reg wat ons ontsê word.

Abe ·

Almal praat van boikot: Hoe gaan dit gebeur? Sal die kunstenaars hulleself vrywilliglik onttrek? Ek glo nie. Dit is al die 16de, almal het reeds kaartjies gekoop. Opgewondenheid loop hoog. Sal iemand nou nog die geleentheid boikot. Ek glo nie. Boikot sal nie werk nie!

Jackie ·

Petro. Daar is ‘n Carte Blanche channel op YouTube. Nuutste uitsendings gewoonlik binne die volgende dag beskikbaar om na te kyk

Malie ·

DIS NOU BELAGLIK! Kleinlik! Daar kan afgebreek, brand gesteek word – GEEN gevolge… Steve is ten minste openlik, bou op – breek nie af nie! Ons mooi land & sy mooi mense word al meer onderdruk & afgetakel :(

CS ·

Hoop almal wat benoem is onttrek vrywillig. Dis ‘n politieke klug.

HSP ·

Ek stem saam.Alle Ghoema nominasies moet onttrek.Ons het nie dit nodig.

CD ·

Hierdie land is nou al siek tot in sy wortels en die mense wat veronderstal is om op te staan teen onregverdigheid word meer bekoor deur geld as hul beginsels. Die Ghoema organiseerders het hulself so pas by die rugraatloses bugevoeg en ek hoop die kunstenaars het meer durf as hulle en onttrek self hul eie nominasies. As die toekennings so gemanipuleer word, wie kan een met trots vashou en se ek is gekies want ek is die beste?

Koos de Meyer. ·

Die land het siek verby geword. Daar is soveel ander gemors wat ‘n mens mee opgeskeep moet sit en hoor. Ek is trots Afrikaans laat multichoys maar onttrek hulle herhaal in elk geval elkedag dieselfde programme.

Kabous ·

Afrikaners moet begin om MultiChoice te boikot. Netflix bied meer aan. Die gehalte van SA se rugby maak Supersport eintlik oorbodig. Die Amerikaanse, Britse en Australiese realiteits reekse is sinneloos.

pinkie ·

Ons skole, ons taal, ons kunstenaars. Hulle gaan nie opgee met die onderdrukking nie.

Berdine ·

Ek sou as ek n kunstenaar daar was en iets ontvang dit net so daar kliphard voor almal oordra aan Steve en die ander kunstenaars vir Die Land wat hulle iets voor moes kry. Al die kunstenaars moet dit doen en gee om vir MultiChoice bietjie n les te leer!!!!

Trots Afrikaans ·

As jy as Afrikaner nog steeds DSTV het is jy n volksverraaier in my oe. Staan op vir jou taal en sit dit af.

Boertjie ·

My Multi/Nochoice is al vir ‘n paar jaar af. Ek mis dit nie. My gesin was aanvanklik baie ongelukkig met my besluit, maar toe hulle ontdek dat daar alternatiewes is (Netflix en ander webwerwe wat films stroom), het hulle besef die besluit was nie so erg nie. Ek mis egter my F1GP, maar dis maar hoe dit is. Rugby kyk ek by die klub as ek so voel, anders is dit ook maar hoe dit is. Ek braai eerder en luister rustig na musiek.

Jax ·

MultiChoice en Ghoema trust – laat sak jul koppe in skaamte! Plaas neem julle standpunt in en doen iets vir ons land wat besig is om afgebreek en afgebrand te word. Regtig! Het julle niks beters te doen as om een Suid-Afrikaner te kap nie!?

Veritas ·

Vin, ek is geensins ‘n Steve Hofmyer aanhanger nie. Die verskil tussen my en jou is dat ek my taal liefhet en dat jy dit verag. Jy laat my dink aan die tipe persoon wat sy eie kultuur sal prysgee om die vyand te plesier. ‘n Hanskakie met ander woorde.

Sies ·

GEPRAAT VAN VIKTIMISASIE EN DISKRIMINASIE .. vreemd dat sekere mense se RASSISME toegelaat word terwyl iemand wat net vir sy volk probeer veg oral GEVIKTIMISEER WORD . julle gaan ons nie onder kry nie multichoice . ONS GAAN JULLE SINK . wag maar .. .

Naomi ·

Dat een persoon soveel invloed het om groot maatskappye te laat sidder…you go Steve. Nou ly Bok en die ander ook. Ja, ek kanselleer ook my dstv. Nou moet ek nog net ‘n plan met my toyota maak…daai een is bietjie moeilik.

JG ·

Steve is een groot doring vir al wat liberaal en anti-afrikaans is…ons staan saam met jou Steve…hulle dag sal kom.

Piet Makwas ·

Ek is so bly ek het my DSTV gestop! Hulle sien my nooit weer nie! Hulle kan KykNet dwars in hul dinges druk!

Rex . ·

Ek daag julle almal uit, boikot multichoice. Is Jy man of muis?

MJ ·

As Afrikaners regtig saamstaan, sal NIEMAND more aand by Ghoemas opdaag nie…

Sue ·

Dit sal nogal n skitterende plan wees. They are forcing the hand.

Pypers Langeveld ·

Ek soek al lankal rede waarom ek my volle DSTV Multichoice pakket kan kanselleer. Ek het Netflix en ook Showmax plus Youtube en alle internet opsies. As Afrikaanssprekendes nou eenmaal moet saamstaan en die hel uit Multichoice “Spur” is dit nou die tyd.. maar ongelukkig is almal bekommerd oor hulle dalk ons kwotabelaaide sport gaan mis.. die Afrikaanse kunstenaars, as hulle ruggraat gehad het, moet saamstaan en die Ghoemas boikot.. wat is di waarde van so n toekenning as die speelveld nie gelyk is nie en politiek bepaal wie mag deelneem?

Francois Joubert ·

In die Weskaap is daar ‘n eg Afrikaanse radio stasie wat soveel vir die gemeenskap doen. Hulle was die borg vir een van die Ghoemas, beste liedjie. So net voor die 16:00 nuus ‘n persverklaring uitgereik dat hul borgskap onttrek asook dat geen verteenwoordiger van Bok Radio die geleentheid sal bywoon aangesien ‘Die Lied’ onttrek is agv Steve.

Jaco ·

Belaglik verby. So sink ons onsself.
Waars mense met moed, durf en daad.

Annamarie Olivier ·

MJ ek stem saam nou moet die afrikaanse kunstenaars net saamstaan en al die radio stasies en nie die geleentheid bywoon nie.

Zettie ·

Nou as mens nie poverty tv (sabc) wil kyk nie en mens wil nie meer multichoice ondersteun nie en mens kan nie bekostig om uncapped wifi, rekenaars ens. aan te skaf om slegs die programme wat jy wil kyk, te “stream” nie, wat doen mens dan? Ek sien regtig nie meer kans om toe te kyk hoe ‘n instansie, wat klaarblyklik onafhanklik is, maar steeds geraak word deur besluitneming van buite-instansies agteroor moet buig om te doen wat multichoice wil hê hul moet doen nie.

Blaarman ·

Kry satelliet-internet en Amazon Prime / Netflix (en binnekort Disney+ wat sport gaan insluit).

Buite Stander ·

Amazon is een van ‘n paar firmas wat besig is om ‘n paar duisend sateliete erens in die ruimte te plaas. Meer mense gaan toegang tot internet hê teen laer pryse. Dit gaan ook sateliet en kabel TV se besigheids modelle raak. Jy sal betaal vir dit wat jy wil kyk, insluitend sport. Multichoice se einde is naby.

madels ·

Maak goeie vrinne met jou bure dat hulle n jou sal roep vir jou gunsteling programme wat jy wel wil kyk

Chris ·

Zettie. Om uncapped WiFi te he is goedkoper as dstv en kan Dan sommer Netflix ook kyk. Baie beter en goedkoper as dstv.

Judge Dredd ·

Op die oomblik het ek Etv se openview – helfde is ook maar snert – maar ten minste is dit verniet.
En dan het ek Netflix.

Neville Wandrag. ·

Tragies. Sal dophou hoe kyknet die saak hanteer.

Trudie ·

Ag siestog, Steve jy is Superman, DSTV sidder en beef voor jou. Hulle is so bang vir een Afrikaner. Bou so voort Steve!

Deon ·

Ek soek duisende afrikaanssprekendes om saam met my dstv te kanselleer.Komaan , daar is ander opsies!Jy’s reg , geld kan praat!

Onnie ·

Multichoice is al geruime tyd belaglik met sy pryse en sy inhoud. Spesiale pakkette ( wat elke mens kan insien vir wie dit gemaak is) word teen spesiale pryse aangebied, terwyl mense wat rugby kyk gestraf word, met geen ander keuse as die duurste pakket (Premium) teen amper R1000 pm. Ek dink baie mense wonder al n geruime tyd waarvoor hulle nog die R1000 pm betaal, as daar meestal niks is om te kyk nie, en dat die nou net die finale doodspyker in Multichoice se kis is. Vat aan my mense en jy vat aan my!

Vlooi ·

Hier is ‘n voorstel hoekom onttrek elke kunstenaar wat lief is vir ons land, nie-blank en blank nie van die Ghoema’s af nie, mens is keelvol vir die politiek wat oral inmeng ons gaan geen kultuur en kunste oor hê as dit so voort foeter nie. Begin julle eie toekennings aand ek glo in my hart daar is genoeg mense met besighede wat lief is vir Suid Afrika en sy kuns en kultuur wat so aand sal borg sonder dat daar voorgeskryf word wie mag en wie mag nie deelneem of inskryf nie. Wat wil hulle nog van ons vat?? Wat wil die die politiek nog vir ons voorskryf?? Waar is ons reg as mens om vry te lewe in ons eie land??

meraai ·

Oe lekker lag ek nou, almal is bang vir Steve. U go Steve!!!!!!

Ai ·

Enigiets wat ons bind moet vernietig word.. En hoe is dit die maklikste? Vernietig die taal!
Ons as wit Afrikaanse SAners het bietjie druk nodig sodat ons weer kan leer saam staan.. Ons is al so verdeeld agv swig onder druk. Daagliks verlaat honderde die land. Kom ons loop almal en maak ‘n nuwe nasie op na nader land, ons kan beter as wat ons hier kry. Die is nie meer my land nie

Melissa ·

Maak nie saak hoe enige instansie, maatskappy ens voel oor Steve nie, ons staan saam Steve.
Partykeer is mense wat so tekere gaan soos nou Dstv net jaloers op wat Steve al bereik het en sy insig wat oor vele horisone strek.

Jaap ·

Cheers multichoice have fun.
Vandag gecancel,dankie tog.
En die Ghoema’s – julle is ruggraatloos.
Sal julle ook nie kyk nie,druk julle toekennings ook maar

Blaarman ·

Multichoice, julle ekslusiewe uitsaairegte vir sport-aangeleenthede gaan binnekort ‘n ding van die verlede wees… en dan is dit koebaai Dubai vir julle!

Die Ghoemas is in elk geval ‘n verleentheid – hulle kan maar gerus hulle beeldjies maar iewers gaan begrawe waar die son nie skyn nie!

Leon ·

My DSTV is al vir meer as twee jaar af hulle bel kort,kort en wil weet of ek nie weer wil aan sit nie stel nie belang om dit ooit weer aan te sit nie dit is veels te duur en altyd die selfde goed oor en oor en te veel poletiek

Demokrasie ·

Aangesien daar nou druk op die organisasies gedoen word oor een persoon en so Afrikaans se kultuur te probeer vernietig, kom ons begin nou druk plaas op die kunstenaars om te ontrek aan sulke vertonings. Meininsiens is die wat agter bly en nie onttrek nie die persone wat ten gunste is tov van die afbreking van Afrikaans. Eendrag maak Mag. Kom ons kyk watter liberaliste bly oor.

Riaan ·

Stem!

Partykeer is hulle ( kunstenaars) baie uitgesproke, maar kom ons sien of hulle guts het? After all ONS betaal hulle!

MC ·

Wel, iewers doen Steve iets reg, anders sal hy nie vir almal so ‘n groot bedreiging wees nie.

Bekommerd ·

Het lankal myne gekanselleer. Kry Netflix en YouTube. 10 x beter as DSTV.

Zumie ·

Ope brief aan besighede in SA
Menere – enige diskriminasie teen Afrikaans of patriotte sal onmiddelik my beursie vir julle toemaak.
Wie kan vir ons ‘n webblad skep vir ekonomiese “vyande van Afrikaans en patriotte” dat ons daar boodskappe vir besighede kan deurgee en hulle kan weet daar is gevolge vir dom besluite.

Carin ·

Ek is geskok!!!! Ek kry skoon hoendervleis van wat hier aangaan. Is almal dan nou mal.
Ek daag almal uit om nie een optedaag by daai geleentheid nie.

Voel ook so ·

Dan moet ons ophou om die ander kunstenaars wat wel deelneem se musiek te koop as hulle ruggraatloos is om te onttrek. Een van die dae gaan KYKNET seker ook verbied word om Afrikaans te gebruik. Watch the space

Jackie ·

Multi Choice bied ons Afrikaners ook nie veel so dis maklik om hulle net nie meer te ondersteun nie. Steve al verkoop jy jou CD uit jou motor huis sal ek jou nog steeds ondersteun, want ons ken jou waardes jy het al klaar naam gemaak vir jou self so jy het nie hulle nodig wat dink hulle steek n stok in jou fiets wiel se speek nie. Steve eet nie van die vloer af nie.

Staansaam ·

Beste is vir ELKE kunstenaar om van die Goemas te onttrek in eenheid teen vryheid van spraak en ter bevordering van die kunste. Wys vir Multichoice dat hulle toekennings niks werd is nie.

Andreas ·

DIT kan werk! Hulle hoef net te boikot hulle hoef nie te toitoi of bande te brand nie.

Paul ·

Boikot die hele spul. So kan dit nie aangaan nie. Almal kan sê wat hulle wil, maar nie die Afrikaner nie. Dis tyd om op te staan. Maak jou rug styf soos Israel Folao en staan by jou beginsels.

Gerdie ·

Hulle het nie hulle sin gekry met Afrikaans is groot nie nie probeer hulle die Ghoemas. Ja nee ek dink ek gaan my dstv ook kanselleer. Sal netflix kry. Vryheid van spraak is net vir sekere mense. Gee Steve wat hom toekom hy staan op vir Afrikaans en sy volk.

Logika ·

Hoop die ander kunstenaars wys ruggraat, staan op vir vryheid van spraak, en onttrek aan hierdie klug van ‘n toekenningsgeleentheid!

Amelda Ferreira ·

Ag, en so sal ons bly om vir president Steve te ondersteun, al maak julle ook wat. Druk julle DSTV en Goemamors, ek sal n musiekvideo van Steve kyk!!!!

wonder ·

Hulle is bang vir ons Steve wonder hoekom ?? Waarheid maak seer Boikot Multichoice dis al.

Daan ·

Ag oom Steve hulle kan maak net wat hulle wil! Ek bly n GROOT AANHANGER, maak nie saak wat hulle doen en se nie.

Lia ·

Vin ……rêrig?? Dis nou nie mooi om vir Steve so sleg te sê nie……sy ondersteuners sommer ook! En ek dink jy sit die pot hier mis…..dit gaan oor Afrikaans wat hier betrek word….rassisme teenoor een sanger wat durf waag om sy sê te sê……ten minste het hy die ruggraat om op te staan vir ons volk. Onregverdigheid…….om politiek in te sleep by die Ghoemas…… A-nee-a man!!

Carolina ·

Kan nie glo een man kan so magtig wees, om al die slapgatte Toyota, Multi choice. En al die ander wat Steve persoonlik aanval, Steve moenie dat hulle jou laat stil bly nie. Jy doen darem iets vir Afrikaans.

Leon ·

Baie goeie keuse. Multichoice is in elk geval op pad uit, want hul besigheidsmodel wat deur wittes begin is, is uitgedien.

Wonner ·

Ek dink alle kunstenaars moet onttrenk van die Ghoemas dan het hulle niemand om te vereer nie!!!!

Waarheid ·

Shame so Edeling het nie rugraat nie.
Buig sommer maklik agteroor.
Geen respek vir jou nie jammer en die wat jou so maklik manupileer het ook geen respek vir jou nie.Jy het jouself nou so in die voet geskiet!?

Wenner ·

Dis regtig kleinlik en kinderagtig! Ek hoop AL die kunstenaars staan agter Steve, en maak hul stem dik oor hierdie kinderagtigheid. Ek glo Steve gaan net n sterker mens uit hierdie stryd uit ook tree, soos wat hy nog elke keer gedoen het

JP Le Gran ·

Boikot MultiChoice en Kie… Geld laat mos als in die rondte draai… En daarsonder gaan ‘n paar aandeelhouers hard moet besin… Tyd dat ons almal saam staan en standpunt begin inneem oor ons taal en kultuur… Steve is een man en kyk hoe benoud raak almal.

Diertjie ·

Lankal dstv gekanseleer. Hierdie is niks anders as rassisme teen ons blankes nie. Maak my siek.

Berdine ·

Ek sou as ek n kunstenaar daar was en iets ontvang dit net so daar kliphard voor almal oordra aan Steve en die ander kunstenaars vir Die Land wat hulle iets voor moes kry. Al die kunstenaars moet dit doen en gee om vir MultiChoice bietjie n les te leer!!!!

JP Nel ·

Ag nee wat nou moet ons ook maar MultiChoice onttrek….. sien dan hoe verloor hulle kykers

Rayman ·

Dit is heeltemal belaglik. Ek is trots om Afrikaans te wees en nie multichoice of die regering kan dit weg vat nie al proebeer hulle hoe hard. Ek is nou klaar met Multichoice, hulle vat nou sport van multichoice ook so geen Meer rede om hulle te steun nie.

Riaan ·

Almal moet moet ma net dan nie Ghoema’s bywoon nie. Dis nou tipies reverse racism. Dis tyd om optehou multichoice kyk. Daar is elkgeval net repeat op repeat OP repeat.

Tillie ·

Miskien moet ons maar ons multichoice kanselleer. Kan ons net goed doen, nie sleg.

Hans ·

Is die optrede nie teen die bepalings en gees van die Grondwet nie. Is intimidasie nie n kriminele oortreding? Vra maar net.

Dries du Toit ·

Mense hierdie is maar net die begin van die redusering van Afrikaners en die uiteindelike redusering van die blanke in SA tot n nikseggende minderheid wat nerens meer gehoor gaan word nie. Die WIT HAAT begin in die Parlement en strek oral oor. Die SABC is die volgende. Die ANC maak seker dat al hierdie groot maatskappye se bestuur die Afrikaner moet ondermyn. Ek is ook klaar met Multichoice. Radio luister is my voorland. My siel sal rus vind verseker

Tillie ·

Dalk maar vir multichoice koebaai sê. Hulle verdien nie ons ondersteuning nie. ?

Esta ·

Jette maar hulle is bang vir Steve,!, ! Jy moet nou maar jou party begin, hulle sal dan ook onttrek. Dink net hoe wonderlik sal dit wees, een party in suid afrika!

Rika ·

Al drie jaar terug van Dstv ontslae geraak so bly oor dit herhaling van alles

Pitbul ·

Twee weke terug hul al multichoice gekanseleer… wat n segening… netflieks baie beter en goedkoper…. hulle is nou elke maand my premie armer..

Coert ·

Ek het DSTV ‘n paar dae gelede finaal gekanselleer. Nog voor hierdie ghoema storie. Ek wou al lankal. Hulle het my siel lank genoeg versondig met hul fyn indoktrinering. Hierdie is net ‘n bevestiging dat ek die regte ding gedoen het.

BoerBoel ·

Alles wat Steve doen en se is verkeerd, maar as Julius sy mond oop maak is daar niks mee fout nie. Steve jy het hulle nie nodig nie. Ons sal jou oral ondersteun waar jy optree. So Toyota, MTM en DSTV hou julle geld. Steve jy is die enigste een wat op staan vir ons . Alles gaan om Afrikaans te smoor.

Karolis ·

Jy sal nie glo hoe jou lewe verander van die oomblik wat jy nie meer dstv het nie.
Meer in die natuur.
Beter sosiale lewe.
Kry meer gedoen.
Slaap rustiger.
Nog vele meer wat ek nie nou tyd voor het om op te noem nie.
Selfs koerant lees meng in met bogenoemde.

TLC ·

Steve stig jou eie party
So kan dit nie aangaan nie
Hierdie was weer n politieke aanval
Eies man Ghoema,s ek laat sak my kop in skaamte
Steve vir PRESIDENT
Jong ek nou so woedend ek kan n kobra se kop afbyt
I luv you Steve

Diedad ·

Ai niemand kanselleer hul dstv nie want ons word nogsteeds vasgehou deur swak Sa rugby vertonings. Steve jy is great ?

Martin Van Tonder ·

Bokradio wat die borg was van die afdeling liedjie van die jaar het hom vandag onttrek aan die Ghoemas!

Marius ·

Ja dis tyd dat ons die springbok groet, dis simpel jy word uitgemoor en uitgeskuif , maar nog na n toets tegaan en hand teen die bors te sing… Word wakker!

Riaan ·

Nou moet ons ICASA begin onder druk sit oor die multichoice/ mnet uitsaai lisensie, want die is duidelik ras, taal en velkleur gemotiveer!!!!
Vat multichoice/ mnet se uitsaai lisensie weg!

? leser ·

wat ‘n naam; – STEVE HOFMEYER – steve dankie vir jou dat jy afrikaans met alles wat jy het in ere te bring, net jou naam alleen laat groot pampoene sidder, dankie, steve
steve, steve, steve, steve, steve, steve,

Jan B ·

Benoem vir Kurt met die nuwe stem soos hy by die Maties gesing het!!! LOL

Watwou ·

Hoekom kan die sangers nie vir ‘n slag saamstaan en hulle almal warmplek toe stuur nie.
As Steve nie optree nie, dan tree niemand op nie…maak ‘n voorbeeld sangers van SA!

Daan ·

Wat sal Multi Choice doen as al die Afrikaans Sprekendes hulle boikot en DSTV kanseleer. Ek verstaan dit nie. MTN Toyota by Afrikaans is Groot en nou Multi Choice met die Goemas. As jy kyk na reels is die lied binne die reels. Wat is volgende
.

Donderstorm ·

Ek myself het gese tata multichoice dstv ons geld is goed genoeg maar nie ons nie so dan moet mens maar praat met waar ons ons geld spandeur.

Werner ·

Het DSTV lankal gelos jy mis niks het nou meer geld vir iets wat saak maak

ZJ ·

Ek stem saam met jou Clene. Steve , jy is n yster. Al die sangers moet net saamstaan en onttrek by die Ghoemas.

Jurie ·

Hulle is so bang dat selfs ‘n liedjie en ‘n kunstenaar hulle bedreig.
Gewoond aan onetiese optrede en veraaing – Judas!
Almal wil hulle oomblik in die son hê, maar ten koste van ………….AFRIKAANS en ons Nasie?
Baie mense werk elke dag hard en kry nooit hierdie tipe Holywood erkenning nie, laat dit vaar vir hierdie jaar of meer om hulle ‘n les te leer.

Katryn ·

Los die ghoemas laat afrikaners Steve ondersteun deur die dvd en cd tekoop dat verkope deur die dak skiet dat ghoemas hulle koppe in skaamte laat sak

Marthinus Willemse ·

Vir diegene wat die anti-apartheidsaksies en sanksies kan onthou, is hierdie deja-vu. Ons beleef die verguising van vooraf.

Steve Hofmeyr moet egter een werklikheid in die oë kyk: hy kannie sing en politiek gelyk bedryf nie. Hy sal nou moet besluit watter kant weeg die sterkste. Hy is nie die eerste kunstenaar wat weens sy politiek in die warm water is nie. En hy benadeel nou die ander kunstenaars. Steve wil sy brood aan beide kante gebotter hê, en dit werk ongelukkig nie so nie.

Therese van Schalkwyk ·

Onsin.

Tensy Suid-Afrika ‘n diktatuur is en dit is nóg nie.
Die grootste voorskriftelikheid kom uit eie Afrikaanse geledere en wat het dit tot dusver bereik? Niks. Afrikaans is uit die openbare sfeer verban ten spyte van die onderdanige gekruip.

Sally ·

Sopas my Multichoice gekanselleer. Ja ek gaan Binnelanders mis – terloops al wat ek gekyk het, maar gelukkig is mens aanpasbaar en gaan die lewe aan. As ons goed deurkom vir Australie sou ons in alle geval moet groet. BYE BYE MULTICHOICE!!!!!

MelR ·

Goeie ding = lankal DSTV gekanselleer
Nog beter ding = RoepTV aangesluit – goedkoop, opbouend en positief!
Ons vir jou “SteveAfrika “

Elize ·

Nee wat..om n ghoema te wen is net so glorieryk om as Mej Langkloof gekroon te word!!!beteken niks!!!!Ek staan bankvas agter Steve—-en is trots Afrikaans en trots Blank!!!

gatiep ·

Gooi julle tv stukkend
Julle sal n ander mens wees na n maand en n aand.

Rooi Jan ·

En dan het ons ook ‘n wettige rede om nie meer die SABC TV lisensies te betaal nie.

Johan ·

Ek het multichoice al n paar jaar terug in hulle mr ingestuur. Ek kyk net DVD’s en het in elk geval so al baie daarvan, ek het my eie private kanaal begin. So up yourself dstv.

theresa ·

Dankie Bokradio, ons eie Kaapse Radiostasie dat julle die ruggraat het om te onttrek as borg vir ghoemas en opstaan vir ons Afrikaanse musiek.

Jaco ·

En dit is die rede hoekom ek nie meer DSTV het nie, vir antal jare nou. Ek spandeer die geld om die kunstenaars lewend te gaan kyk.

Kalla ·

Net n gedagte. Sun International is die eienaar van die Arena waar AIG en Ghoemas gehou word.Hulle het nie n probleem dat Steve daar optree nie.Geld maak baie blind.Net n gedagte.Groete

Andreas ·

Steve, ‘n alternatief is, maak soos Kurt nou met die Vasity eindstryd, sing Nkosi Sikelel, vergeet van die woorde, of sommer ‘n hele sin, dan sit jy jou eie in.

Wynand Bredenkamp ·

Het al meer as’n jaar terug van diskriminerende multichoice ontslae geraak – nog nie een dag spyt nie en nou nog minder !!! Stem saam met Logika ander kunstenaars moet ontrek en ruggraat wys.
Die waarde van so-’n toe-kenning het nou in elkgeval ‘n pot twak geword en beteken niks !
Vir elke 1000 kansellasies is dit amper R1 000 000 per maand minder vir diskrimerende multichoice. Neem daai besluit nou, dis tyd!!!!

Stel ·

Ek het nie dstv nie, maar daar is afrikaanse mense wat afhanklik is van hul werk by afrikaanse sepies en flieks……

Buite Stander ·

Hulle moet maar ander werk soek soos die res van ons.

Judge Dredd ·

…..waarvan die meeste waarskynlik liberaliste is – soos wat die kunste maar is – so dis miskien tyd dat hierdie liberaliste ook maar hulle ogies oppmaak en hul ruggies begin styf trek.

Elmarie ·

Multi choice , Mtn en Toyota raak nou heeltemal belaglik. Julle is my steun ook nou kwyt.
Mag ons kunstenaars dan nie eers meer vereer word vir hulle talent nie?
Ghoema trust, en Edeling julle het die plot nou heeltemal verloor! Hoop almal wat saak maak, staan op teen die absolute absurdheid.

Ed ·

Ons weet lankal wat van Multichoice geword het en ons het Multichoice lankal ons huis verbied . Voorspoed vir Die Land! Ons staan agter julle

Johann ·

Tata Multichoice. Ek gaan julle herhalings nie mis nie en het R900 ‘n maand meer in my sak.

Wessel ·

So die Ghoemas is toe nie so onafhanklik, soos wat hulle voorgee nie.

theresa ·

Dankie Bokradio, ons eie Kaapse Radiostasie dat julle die ruggraat het om te onttrek as borg vir ghoemas en opstaan vir ons Afrikaanse musiek.

Phil ·

Ek kry nou al vir etlike maande lekker as ek die “kom asb terug”-sms van Multichoice ontvang. Ek het lank uitgehou maar hulle inhoud was so power dat ek nie langer kans gesien het om die subskipsie vir net die sport te betaal nie. Kyk nou vir minder as een maand se subskripsie, AL die sport en vele meer. Dis 100% wettig. Doen maar julle eie navorsing. Dis moontlik!

Couch potatoe ·

Gee bietjie raad vir ons Couch potatoes sodat ons Multichoice kan pos!

Martien ·

Dit is die snot van die aarde wat hierdie aanhoudende verdomde
politieke vendetta teen Steve Se reenboog van uitstekende kuns voer. Ek Haaaaaaat politiek… Gelukkig was hierdie uitstekende song my siel weer skoon. .

Gat vol ·

Steve ons is trots op jou bly die nederige persoon wat jy is ons sal geen een van jou shows misloop nie jy bly die beste ens ons wil jou as president he en die wat jou tee gaan ons asl ons distandisieer van julle Steve is tops

daan erasmus ·

Steve “to be popular you must be unpopular” se die Engelse.

Larike ·

Binne n jaar sal dit nie meer n eer en trots wees om n Ghoema te wen nie. Die integriteit daarvan is klaar geskend. Almal gaan aanvaar daar word agter die skerms getwis en betaal wie wen en wie nie.
Nee wat n nuwe toekennings geleentheid sal tot stand kom en die publiek sal weer die hoofborg wees.

Juanita ·

Dit is fataal oneties om Afrikaans as die kroon van ons taal so te belesig en te hanteer oor een persoon wat die feite neerle en opstaan vir dit wat reg en feitelik is. Alle kunstenaars moet hulle self onttrek uit alle uitnodigings en optredes en toekomstige optredes vir eers kanselleer tot en met die instansies en groepe betrokle die boodskap kry dat ons trots Afrikaans is en nie sal duld dat ons taal verneder word en minder geag word as die res van die wereld nie. ONS IS TROTS AFRIKAANS !!

Alida ·

Dit gaan nie oor afrikaans nie maar oor Steve as persoon. O ja en hy verwelkom al die publisiteit. Steve bly koning.

Hettie ·

Wonder net hoeveel Lesufi weer hiermee te doen het ,hy het blykbaar baie ” ken mense “

Pikkewyn ·

Dit was nou die laaste Multichoice. My Afrikaanse geld sal julle Nie weer kry nie.

Marthinus ·

Hulle gaan ons druk en druk en druk tot ons uiteindelik moet omdraai…… Kyk ek het my huis nou al n jaar terug bevrei van dstv/multichoice, ek kyk nie terug nie en ek wens alle Afrikaans sprekendes wil dit doen want maak oop julle oe…. Multichoice is nie vir ons nie glad nie, Kyknet is Media24 en hulle is beeld en en en, Baie bekende Gautengse radio stasie haat steve se guts so erg dat een van hul afternoon drive (manne) steve heeltyd slegmaak. Ons moet wakker word mense.

Hans Richardt ·

Dalk tyd om Afrikaanse sepies te boikot. Net sekere CD’s te koop en politieke korrektheid ‘n mis te gee. Buitendien is meeste Afrikaanse feeste verengels nou.
Lankal tyd geword om op te hou Saampraat op Rsg. Hoe minder wit Afrikaanse opinies, hoe minder weet hul oor wit Afrikaners. Stilte is soms beste.

Kapteintjie ·

As jy ń Afrikaner is en ruggraat het: “sit dit af, sit dit af”

Liza ·

Uiteindelik begin Afrikaners nou wakker word!!! Ons word al lankal gemarginaliseer deur die meerderheid. Ons staar nou ‘n totale aanslag in die gesig wat net erger gaan word.

ES ·

Tipies van Multichoice en DSTV dis hoekom ek al meer as n jaar terug my subskripsie be eindig het hul is die grootste rassiste, want as jy rugby ens wil kyk as n suid afrikaner moet jy die duurste pakket neem maar vir sokker kan jy die goedkoopste pakket kry met alles wat jy wil kyk. en vir die afgelope 10 jaar herhaal hul elke jaar dieselfde programme en Flieks aanhoudend dis regtig nie die moeite werd nie hul moet maar dieselfde pad as spur en toyota stap

Wdp ·

Klink my hierdie joe heshu is n rasis wat grootbaas is agv bbbeeee anders was hy niks. Hy wil net soos Lesufi afrikaans doodmaak.Multichoice is deur afrikaners begin maar om gat te kruip by ANC het hulle groot kokkedore BEE. As ek nie verkeerd is nie moet 66% van hulle werkers swart wees dan indier dan kleurling dan blank. Dalk kan afriforum hulle eie tv stasie beguin. # multichoice must fall dan sien ons of ou Joe sy werk behou as die getalle daal.

Helena ·

Dis nou die einste Multichoice wat die voorblaaie gehaal het oor Gupta bewerings….kan sien wie botter hulle broodjie vir hulle.
Lyk my groot besighede is maar soos skape…die hoofskaap blêr en die ander draf agterna

Wildeboer ·

Maak ‘n lys van al die aktiwiteite wat die vyande borg en begin daardie aktiwiteite boikot. Organiseerdes sal met borge moet praat en tot ander insigte bring.

Leon ·

My DSTV is al vir meer as twee jaar af hulle bel kort,kort en wil weet of ek nie weer wil aan sit nie stel nie belang om dit ooit weer aan te sit nie dit is veels te duur en altyd die selfde goed oor en oor en te veel poletiek

Johanna Botha ·

Hy het ook n reg tot vryheid van spraak ! Net soos die linkse groepeerings ! Speel die bal nie die man nie !

Henning ·

Die Afrikaanse sangers wat voort gaan met deelname aan die Ghoemas moet nie verdere ondersteuning van die publiek verwag nie.

Thomas ·

Dit sal net 2 of drie benoemdes vat om te ontrek dan is die integriteit van die toekennings heeltemal afgetakel. Die wenners gaan dan nie weet of hulle regtig die wenners was nie.

Pieter Smith ·

Dit is hoog tyd dat Afrikaans sprekendes Multichoice boikot oor sy diskriminasie in die maandelikse tarief. Ons kan nie inteken op Kyknet en Supersport kanaal 201 en 202 nie. Al die goedkoper kanale het jy toegang tot Supersport kanaal 203 en opwaazts wat beteken daar word ruimskoots voorsiening gemaak vir sokker ondersteuners. BOIKOT MULTI CHOICE

JM ·

Byt was Steve, het al so +- 6jaar gelede my dstv gestop. Hulle sal nog hulle fout agterkom. Go Steve Go

fred ·

die meeste van die groot maatskapye is nou gedwing om BEE status te kry,maw die nie-blankes is nou in beheer en sal als doen om die wittes en veral die afrikaners te marginaliseer…kyk na die MultiChoice direksie dan sal jy verstaan wat hulle dryf….ons blankes word gedwing om ons ekonomiese mag weg te gee met as resultaat dat ons kinders vir Malema gaan werk…

Nico ·

‘Stream’ – jy hoef nie meer op Multichoice in te teken nie.

Francois ·

As Joe Heshu die Korperatiewe bestuurder van Multichoice so 5000 + e-mails kry van betalende lede wat dreig om hulle subskripsie te kanselleer, kan hy dit nie as niks afmaak nie – geld praat in hulle wereld…

Nierkie ·

Hoe gaan daai liedjie nou weer oor die Ghoema? Iets van roer……..

Anoniem ·

Ek boikot ook uit beginsel uit mense wat my taal en my mense te na kom. Ek het Discovery summier gekanselleer en nou gaan Multichoice presies dieselfde paadjie volg.

Lindtjies ·

Groot name wat hulle onttrek het. Ghoemas julle kan ook maar julle toekennings hou. Afrikaans is groot het opgestaan vir Steve en besluit hulle het nie MTN en Toyota nodig as borge nie. Miskien kan julle by hulle kers opsteek. Steve word gebrandmerk omdat hy dit durf waag om vir ons blanke Afrikaner nasie op te staan. Steve ons bly lief vir jou en sal altyd jou aanhangers bly.

Vernon ·

Met die 1ste teenstaan teen die Blanke in 2009 het ek al ontslae geraak van multichoice.
Só ook die ander maatskappye en selfs SAUK kyk ek slegs die nuus en miskien ‘n fliek nou-en-dan. telkom en mtn het ek al lankal onder hulle alies geskop, veral toe daar slegs aandele vir die swarte gegee was (telkom) en nou ook sasol. [ nota: gebruik nie meer hoofletters vir die maatskappye wat ek teenstaan nie ]

hercu ·

edeling pas maar net toe wat die meeste doen:

“blame shifting”

ghoemas ek is bevrees julle gaan nie verder bestaan nie!

Elsa ·

My gevoel is ook dat die ander benoemde Afrikaanse sangers eintlik van Ghoema moet onttrek. Hulle is niks anders as pionne nie en sal seker in die toekoms in hul spore moet trap om nie dieselfde behandeling en teenkanting as Steve te kry nie. Hoekom kan Afrikaans is Groot nie regtig GROOT gaan en jaarliks soortgelyke toekennings as Ghoema doen nie? Laat Ghoema dan ook maar tot ‘n einde kom. Miskien moet ons Afrikaanssprekendes begin om werklik saam te staan ter wille van ons taal en vergeet van ons ander verskille oor Godsdiens en politiek.

Griet ·

DSTV – ?? “so-last-year”

Multichoice is nie DIT nie: “MULTI CHOICE” (MEERvoudige KEUSE) – hulle is dit LANKAL nie meer nie en sal nooit weer wees nie…….

Gert J van wyk ·

Steve as jy n box set van al jou musiek oor die jare op mark, Koop ek dit, ek het multichoice al gekansileer, so, ek het geld, ek is trots Afrikaans.

Dion ·

Mense dit gaan nie oor Afrikaans nie. Dit gaan oor Steve self. Dit gaan oor sy opmerking wat hy so tyd gelede oor appartheid gemaak het. Hy het so ver ek weet tot vandag toe nog nie verduidelik wat hy eintlik met sy opmerking bedoel het nie.

Muis ·

Steve jy staan vir afrikaans en jou mense ek sal jou ondersteun sal altyd lief wees vir afrikaanse musiek. Die land is n video wat jul trots kan wees op nommer een. Multichoice jul kan gaan bars.

WABez ·

Ek is nou al amper ‘n jaar en ‘n half sonder die “ripp-off” DSTV (Multi-, ek bedoel NO-Choice). Ek stream nou alles wat ek wil kyk, en kan kyk wanneer dit my pas, en ook wat ek wil kyk. Mis hierdie rassiste nie vir een oomblik nie.

WABez ·

So dit is vir jou aanvaarbaar dat ander mag sê en doen net soos hulle goed voel, maar een stelling deur ‘n blanke en die hel is los. Wat van ons regte? Jy is welkom om joune op te gee vir die kommuniste, nie ek nie. Ek staan agter my kultuur, my taal en Steve (wat opstaan vir ons regte en kultuur). Miskien moet jy bietjie huiswerk gaan doen my vriend, dan sal jy verstaan wat hy gesê het!

Johan Koen ·

Skandelik! Afrikaners se Menseregte word aangetas, en almal daarby betrokke, gee nie ‘n duit om nie. In dié land word ALLES wat waarde het, afgetakel.????? maar ons moet een nasie word!!! Geen integriteit nie. Die padda kook lankal in die pot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.