Gholfklub-geveg: klub gee volle samewerking aan polisie

Zander Kotze en sy vrou, Mienkie. (Foto: Facebook)

Die Mbombela-gholfklub sê hy gee sy volle samewerking aan die polisie om die verloop van gebeure te probeer vasstel waarin Zander Kotze ná ʼn beweerde vuisgeveg ineengestort het en later dood is.

Maroela Media het vroeër berig Kotze is Sondag dood, nadat hy sowat ses weke lank in ʼn koma was.

Kotze en sy vrou, Mienkie, en nog twee mense was op 7 Julie in ʼn onderonsie by die gholfklub in die stad betrokke. Kotze het tydens die stryery klaarblyklik ʼn harde hou teen die kop gekry en inmekaargesak.

Morné van Rooyen, een van die vermeende betrokkenes, het reeds in verband met die voorval in die hof verskyn, nadat hy homself aan die polisie oorgegee het. Hy is op borgtog vrygelaat en verskyn weer aanstaande maand in die hof.

Klagte is ná die stryery ook teen Mienkie aanhangig gemaak, maar volgens kapt. Zandile Gwaqa, polisiewoordvoerder, het sy nog nie in verband daarmee in die hof verskyn nie.

Dit is nie duidelik waaroor die stryery gegaan het nie.

Die gholfklub het vroeër in ʼn brief aan sy lede gesê die stryery was tussen vier gaste wat nié lede van die klub is nie. Die voorval het kort ná toemaaktyd in die parkeerterrein plaasgevind.

In die brief sê Darren Plumb, uitvoerende hoof, voorts dat die gholfklub nie die gedrag goedkeur nie, maar ook nie verder oor die gebeure kan uitbrei nie omdat ʼn “strafsaak aanhangig gemaak is en ons die ondersoekbeamptes help om die gebeure van daardie dag vas te stel”.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die ondersoekbeampte, lt.kol. Erhard Ströh, te bel by 082 464 5721, of vir Albert Greyvenstein van Bossies Community Justice by 082 567 5212. ʼn Beloning van tot R25 000 vir inligting wat lei tot ʼn geslaagde vervolging word ook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christine ·

Ek dink ook sy vrou iets te doen met die storie sterkte aan ouers familie en vriende

Swanna ·

MAROELA wie was die ander twee mense wat julle van praat wat saam met Zander en Mienkie daar was. Dit kan ook dalk ‘n ligie op die saak bring.

Tino ·

Hahaha! Sal seker die waarheid oor die gedagte by Morne kan hoor…

jakes ·

Dis n siekte in ons land dat mense alles met hul vuiste wil regstel. Beskaafde mense doen nie sulke goed nie. Indien jy jouself vererg, stap liewer weg en kalmeer. Die tronk is dit nie werd nie want daar gaan jy lang trane huil vir n lang tyd.

flippie ·

Verskuilde en opgehoopte agressie glip gewoonlik uit wanneer die voggies vloei, en die avengers pakkie aangetrek word, dan word Boetie bulletproof. Los die drank en kuier lekker by die huis met n pak kaarte of monopoly. Of bou n puzzle van n manetjies perd met lekker sterk koffie.

Liezel ·

Een hou en soveel mense se lewens verander drasties. Ai dis so sleg.

Witkind ·

Swanna, hulle noem in die artikel dat ene Mornè van Rooyen homself oorgegee het en noem nie die ander persoon se naam nie.

Witkind ·

Lyk my nouse dae maak ons mekaar eenvoudig net dood as jy stry kry?! kan sake nie meer tussen mense op ordentlike maniere uitgepluis word nie en dit regverdig nie dood nie?!!

Spook op thaba ·

Ek verstaan net nie hoekom sy vrou nou aange kla gaan word nie

Griet ·

Mense, kom ons wag eers om te hoor wat die woede-aanval voorafgegaan het, voor ons vingers wys. Een vuishou op die ‘verkeerde tyd/plek, kan breinbloeding veroorsaak – en dus, dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.