Die Gibela-spoorwegkonsortium het homself gedistansieer van brosjures en plasings op Facebook oor die aanstelling van mense vir verskeie tegniese poste.
“Die maatskappy maak slegs van formele kanale gebruik, soos advertensies in koerante, plakkate by gemeenskapsentrums, die maatskappy se webwerf, die aandeelhouersforum en deur gemeenskapskakelbeamptes,” het Gibela in ʼn verklaring gesê. “Die maatskappy maak nie van sosialemediakanale gebruik vir enige van sy kommunikasie met die plaaslike gemeenskap nie. Die volgende werwingsproses vir vakmanne en operateurs sal vroeg in 2018 bekend gemaak word.”
Gibela is as ʼn konsortium gevorm om Suid-Afrika se spoorwegvoorraad te vervang en 600 nuwe passasierstreine sal oor die volgende 10 jaar aan die spoorwegnetwerk gelewer word. Gibela se hoofkantoor is in Johannesburg en sy vervaardiging- en opleidingsfasiliteit is in Dunnottar, Ekurhuleni geleë. Gibela sal deur dié projek 1 500 direkte poste en duisende indirekte poste oor die 10 jaar-periode beskikbaar maak. Duisende mense, ingenieurs, vakmanne, tegnici, treindrywers en tegnoloë sal voordeel trek uit die opleiding en vaardigheidsontwikkeling.
Boekmerk asb. hierdie artikel vir so paar jaar. Hier kom die nuutste slenter van bandjies vir boetjies, korrupsie ens.
Nog nooit van die maatskapy gehoor nie. Behoort die plek aan die zuptas en hulle gabbas????. Waar is die treine wat ons korrupte prasa dan by hulle vriende van die zuptas gekoop het