Die negejarige anemielyer Gidion du Toit het Dinsdag in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad gesterf.
Tuschka Reynders, Gidion se ma, het die nuus op die “Gidion’s blessed life”-Facebook-blad bevestig. “Gidi se stryd op aarde is verby. Ons magtige vegter is by Jesus.”
Gidion het sy lewe lank ‘n stryd gevoer nadat hy by geboorte met die seldsame en genetiese siektetoestand Fanconi-anemie gediagnoseer is. Die siekte het sy beenmurg aangeval en daartoe gelei dat die beenmurg onder meer nie funksies soos die produsering van witbloedselle, rooibloedselle en plaatjies kon voortsit nie.
Die enigste oplossing vir Gidion was ʼn beenmurgoorplanting, wat uiteindelik op 24 Oktober gerealiseer het. Sedertdien was Gidion se herstel egter op en af en hy het die afgelope naweek die grootste terugslag nog gehad.
Gidion het Sondag twee hartstilstande gehad en was sedertdien in ʼn kritieke toestand. Hy het ook begin stuiptrekkings kry en sy liggaam het in algehele orgaanversaking ingegaan.
Reynders het Maandag op Facebook gesê Gidion is onder verdowing, maar “veg so hard soos hy kan”. Sy het gesê sy sal nie opgee nie en dat sy tot die einde saam met hom sal baklei.
Gidion se verhaal het mense reg oor die land aangegryp met duisende mense wat saam met die gesin gehoop en gebid het.
Lees alle vorige stories oor Gidion du Toit op Maroela Media.
- Gidion du Toit as ʼn klein seuntjie by sy ma, Tuschka Reynders. Foto: Facebook
- Gidion du Toit in die hospitaal kort nadat hy die beenmurgoorplanting ontvang het. Foto: Facebook
- Gidion du Toit voordat sy toestand só versleg het, dat hy na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas moes word. (Foto: Facebook via Gidion’s blessed life)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
61 Kommentare
RIV!!!! Sterkte aan die familie!
Hy het na so ‘n gelukkig seun gelyk en ek glo hy was ook net so gelukkig soos wat hy kon wees. Alle sterkte vir julle wat net herinneringe oorhou en koester. Dankie, Gidion se mamma, dat jy julle verhaal met ons gedeel het. Het saam met julle geglo dat dit anders kon wees, maar Hy beskik.
Dink aan julle.
Nou is hy nie meer siek nie en het vrede. Sterkte met die verlies.
Dis baie hartseer om te hoor, maar hy is nou op n beter plek vry van pyn…
Sterkte.