Gidion verloor sy stryd

Gidion en sy ma, Tuschka. (Foto: NB Photography)

Die negejarige anemielyer Gidion du Toit het Dinsdag in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad gesterf.

Tuschka Reynders, Gidion se ma, het die nuus op die “Gidion’s blessed life”-Facebook-blad bevestig. “Gidi se stryd op aarde is verby. Ons magtige vegter is by Jesus.”

Gidion het sy lewe lank ‘n stryd gevoer nadat hy by geboorte met die seldsame en genetiese siektetoestand Fanconi-anemie gediagnoseer is. Die siekte het sy beenmurg aangeval en daartoe gelei dat die beenmurg onder meer nie funksies soos die produsering van witbloedselle, rooibloedselle en plaatjies kon voortsit nie.

Die enigste oplossing vir Gidion was ʼn beenmurgoorplanting, wat uiteindelik op 24 Oktober gerealiseer het. Sedertdien was Gidion se herstel egter op en af en hy het die afgelope naweek die grootste terugslag nog gehad.

Gidion het Sondag twee hartstilstande gehad en was sedertdien in ʼn kritieke toestand. Hy het ook begin stuiptrekkings kry en sy liggaam het in algehele orgaanversaking ingegaan.

Reynders het Maandag op Facebook gesê Gidion is onder verdowing, maar “veg so hard soos hy kan”. Sy het gesê sy sal nie opgee nie en dat sy tot die einde saam met hom sal baklei.

Gidion se verhaal het mense reg oor die land aangegryp met duisende mense wat saam met die gesin gehoop en gebid het.

Lees alle vorige stories oor Gidion du Toit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Liezl ·

Hy het na so ‘n gelukkig seun gelyk en ek glo hy was ook net so gelukkig soos wat hy kon wees. Alle sterkte vir julle wat net herinneringe oorhou en koester. Dankie, Gidion se mamma, dat jy julle verhaal met ons gedeel het. Het saam met julle geglo dat dit anders kon wees, maar Hy beskik.

waarheid ·

Dink aan julle.
Nou is hy nie meer siek nie en het vrede. Sterkte met die verlies.

Mellissa ·

Dis baie hartseer om te hoor, maar hy is nou op n beter plek vry van pyn…

Belinda ·

Ai mens tog……dit is sooo hartseer. Sterkte aan die gesin.

Linda ·

Ek bid dat ons Hemelse Vader vir julle die nodige vertroosting en berusting sal gee. Mag julle herinneringe soet wees. R.I.V. Gidi.

Dorothy ·

So so hartseer, maar nou het hy geen pyn of asemnood nie. Hy was n vegtertjie. Toe ons oudste seun agv manner gesterf het, het ons Gp vir my gese DAT wanneer die graan ryp op die land staan En dit nie af geoes word nie Dan was alles tevergeefs. Mag Jesus julle deur hierdie moeilike tyd styf vashou En julle elke dag deurdra. Baie sterkte!

Erica ·

Ons is absoluut platgeslaan deur dié nuus…. Ons verstaan nie hoekom maar ons aanvaar hy is nou sonder pyn, veilig by Jesus. Baie baie sterkte Tuscka julle het alles gedoen wat mens moontlik was. RIV Gidi, jy was inderdaad baie dapper.

Lollie ·

Hoe bitter bitter jammer is ek vir hierdie gesin! Sterkte! God weet wat goed is en hy word dalk baie gespaar.
Na alles wat hy in sy jong lewetjie deurgemaak het sou hy dalk nooit ń normale lewe kon lei nie. Sê dankie dat julle hom vir so kort tydjie kon leen en hom soveel liefde en sorg kon gee. Hy het meer liefde ontvang aswat ander in ń leeftyd ontvang.
Hy is op ń beter plek en sal nie wil plekke ruil nie. Mamma en pappa, julle het hom net die beste gegee en hy sal altyd ń baie spesiale plekkie in julle harte hê. Moet julle self nooit verwyt oor besluite wat julle geneem het nie want julle het net die beste gedoen. Die laaste besluit was vir God om te neem.

Jane ·

Ai nee wat ‘n teleurstelling .. dit het so goed met die operasie gegaan. My innige simpatie aan sy ouers en sy ouma ..Mag die Here julle in hierdie moeilike tyd dra. Sterkte

Jannie ·

Opregte meegevoel met al sy geliefdes!! Gidion sal nie na hierdie bose, deurmekaar wêreld wil terugkeer nie!!! Baie sterkte en vertroosting vanuit VADER se Hand vir julle!!!!

Swaeltjie ·

Sò jammer om te hoor :( Bid vir julle. Geen woorde kan ouers se pyn ligter maak nie, maar ons bid vir julle vir vertroosting. Ag, dis eina!

Hannelie ·

Liefste Gidion as ek so na jou fototjies kyk, val jou glimlag by elke keer op. Jy was so dapper en het hierdie siekte moedig baklei, met ‘n glimlag op jou gesiggie. Ek glo jy lag nou van oor tot oor want jy is by ons Pappa Vader. Rus in vrede kindjie, baie sterkte aan sy ouers, ons weet jul sal krag vind in hierdie hartseertyd en Hy sal jul vertroos.

Treurgrond ·

Gidion RIV – jou Mamma en Pappa weet jy is nou by ons groot Pappa. Maar jy sal altyd en altyd en altyd by hulle wees.

Ronel ·

Liewe ouers, ek ken julle nie persoonlik nie maar julle verhaal en hierdie wonderlike kind het my so diep geraak. Ek is hartseer saam met julle en weet dat julle harte gebreek is. Julle omgee en uithou en aanhou en geloof is so aangrypend. Baie sterkte vir die tyd wat voorle.

Retha ·

My innige simpatie aan die ouerpaar. Ek is so baie hartseer namens hulle.

Mense, ons moet elke dag vir God dankie sê vir ons kinders se gesondheid. Dis ‘n groot genade van bo.

Johan ·

Baie sterkte en mag julle by God vertroosting vind in die wete dat God vir Gidion (een van Sy kinders) kom haal het.

Elsabie ·

RIV GIDI! Ek bid dat die Here vir jul vertroosting sal bring in die hartseer tyd. Baie sterkte.

Henk ·

Regtig baie sterkte en seën. Mag ons Hemelse Vader julle dra as familie.

Essa ·

Pragtige Gidion nou is jy veilig, sonder pyn en vol vreugde by Jesus. My innigste medelye met sy ouers en familie. God sal julle vertroos en help dra aan die smart en verlange. Dink aan julle.

Amelia ·

Eerlik weet nie wat om te se. Mag die Here vir jul vertroosting bring.
Ek glo Gidi is nou in die hemel en glimlag vir almal van ons. Hy is genees van sy aardse pyn en huppel in die tuine van God.

Lizzy ·

Rus sag Gidion, sterkte aan sy ouers en familie. Ons het elke opvolg op facebook gelees en saam gebid, dis regtig hartseer om te hoor ?

L Muller ·

So hartseer sterkte aan sy ouers en familie. Mag ons Hemelse Vader hulle vertroos. Hy’s nou veilig in God se arms.

natie hattingh ·

So jammer oor julle verlies baie sterkte aan die familie

Chris ·

Baie sterkte aan sy famillie, Gidion Jesus het jou nodig gehad en hy het jou kom haal. Daar is nou nie meer pyn nie. Ek wens daar was meer ouers wat als sou gee om hulle kinders te beskerm. Julle stel n voorbeeld vir almal. RIV Gidion.

Esta ·

Do not have words to Express my sadness. God showed His mercy in so many ways. My sympathy to his family though for Gidion, I am glad since where he is now there is love and a healthy body.

Lola ·

Pappa Cornelis en mamma Tuschka, baie baie sterkte. Ek is so jammer.

Magrietha ·

RIP engel kind jy sit nou by Juses ek seker jy lag en speel te leker mamma ek kan my self nie indink waardeer jy gaan nie.Mag God jullestyf vas hou julle vertroos in die swaar tyd.Hy was n vergter deur en deur.

honourable member ·

Hy was so moedige vegter. Sterkte aan die ouers.

Dries ·

Ek treur oor n baie dapper seun!
My diepste simpatie aan almal, wie se lewe hy aangeraak het…

TLC ·

Gister wou ek nog sê sterkte aan almal
Vandag se ek GOD HET SY WIL GESKIED AMEN
so baie sterkte aan MA en pa familie
Mag jul vrede in jul harte he
Baie sterkte

TLC ·

Gister wou ek nog sê sterkte aan almal
Vandag se ek GOD HET SY WIL GESKIED AMEN
so baie sterkte aan MA en pa familie
Mag jul vrede in jul harte he
Baie sterkte?

Anna ·

Ek wil net baie dankie se vir sy Mamma! Sy is n ware warrior!

Solas ·

My hart is so seer, dat ek eintlik sprakeloos is…. Dapper en dierbare Gidion, jy is nou by Jesus. Dankie Heer vir hierdie vertroosting. Maar verlang en seer is groot vir dié wat agterbly. Hou hulle asb styf vas Heer en gee asb aan hul U vertroosting, vrede en selfs vreugde wat U krag bomenslik gee. ???

Lee ·

Rus in Vrede Gidion. Dis so hartseer. Baie sterkte aan sy ouers en familie.

Elizabeth Teir ·

Liewe Mamma
Dis seer. Ek dink aan jou en gee jou ń drukkie. Glo God het Gideon in groot vrede omvou. Loop saam met God want Hy sal weet hoe om jou en die familie te vertroos.

Jenny Thom ·

Skoon jaloers is ek, sou wat wou gee om ook veilig in Majesteit YHVH se arms te wees. Hy is nou in vrede, sonder pyn, wanhoop ens. Baie sterkte aan die familie!!? ABBA Vader het hom nodig vir ‘n baie spesiale takie wat net hy kan verrig.

Stripes ·

Rus in vrede Gidion. Graag wil ek my gesin se medelye aan die gesin en vriende oordra. Sterkte vorentoe vir die pad wat voorlê.

Charms ·

My hart so seer, mag jy in vrede rus Boetie. Sterkte aan jou ouers

Johan ·

Respek vir dapper vegtertjie tot die einde , sterkte aan sy familie .

Diefie ·

Mag die Vader julle saggies en teer in Sy hand van vertroosting en liefde hou.

Sanet ·

Die trane loop. Hierdie seun en sy gesin was gister heel dag in my gedagtes. Ek het so gebid. So geglo. Daar is nie woorde nie. Ai seuna. Hierdie tannie huil vandag saam met jou mamma. Rus sag.

lolla ·

sterkte aan die geliefdes….. sy lyding op aarde is verby….. hy het so vriendelike en gelukkige seun gelyk…..

**anoniem** ·

My hart is so seer vir hierdie mamma! Sterkte Tuschka, ons hou jou en die res van die familie in ons gebede. RIV Gidion, jy was voorwaar ‘n vegter.

Leser ·

Ek sit en tjank oor hierdie seun wat ek nie eers ken nie. My hart is stukkend saam met hierdie ma…Ons verstaan nie hoekom nie. Alle sterkte aan die familie. Mag die Here julle dra in hierdie tyd…

Marius ·

My innige simpatie. Baie sterkte aan die familie. God sal ook die trane afdroog. Hy is die Skepper en ongeag wat, ons moet steeds Hom loof al het ons baie rou hartseer. Sterkte jul is in ons gebede.

Mariaan ·

Terwyl die weer dreun en blits is dit asof ek hoor die Here praat met ons en se hou aan My vas … daar waar Gidion is , is geen pyn en aardse probleme nie. Ons bid dat tyd sy ouers se verlang sal heel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.