Gigaba: ‘Dís hoekom ek bedank’

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba het as minister van binnelandse sake bedank. Foto: ANA

Malusi Gigaba wat Dinsdag te midde van erge openbare druk uit sy posisie as minister van binnelandse sake bedank het, sê hy het dié besluit geneem ná “’n lang tydperk van volgehoue en giftige openbare aanvalle op sy integriteit”.

Gigaba sê hy het besluit om eerder sy bedanking in te dien aangesien die integriteit en openbare beeld van die regering en die ANC belangriker as enige politieke ampsdraer is. “Ek wil dit graag stel dat my bedanking nie ʼn skulderkenning van my af is nie,” het Gigaba in ʼn verklaring gesê.

“In hierdie verband is ʼn aansoek ingedien vir geregtelike hersiening van die openbare beskermer se bevindinge rakende die Fireblade Aviation-saak en is ek ook van voorneme om alle ander sake te verdedig wat spruit uit my termyn as kabinetslid.”

Gigaba sê sedert hy in 2004 ʼn adjunkminister geword het en daarna ʼn lid van die kabinet in 2010, het hy sy pligte na die beste van sy vermoë uitgevoer. “In al die departement waarin ek ontplooi was, was ek bevoorreg om saam met toegewyde en bekwame kollegas en lede van die burgerlike diens te dien.”

Gigaba het die ANC en ander staatsamptenare bedank vir dié geleenthede. “Ek wil veral vir pres. [Cyril] Ramaphosa bedank vir sy ondersteuning en vertroue in my sedert Januarie vanjaar. Ek bly steeds ʼn toegewyde en gedissiplineerde lid van die ANC en sal voortgaan om enige take uit te voer wat die organisasie vir my opdrag te gee om te doen.”

Gigaba se bedanking kom nadat ʼn storm om sy kop losgebars het toe die openbare beskermer verlede maand in ʼn verdoemende verslag bevind het Gigaba het die Grondwet én die kabinet se etiese kode oortree. Dít nadat regter Neil Tuchten op 17 Desember verlede jaar in die Noord-Gautengse hooggeregshof – in die saak tussen die Oppenheimer-familie se Fireblade Aviation en die minister van binnelandse sake – bevind het Gigaba het doelbewus onder eed gelieg oor nasionale sleutelpunte.

Terwyl Gigaba onder kritiek oor dié bevindinge deurgeloop het, moes hy opnuut vure doodslaan toe ʼn video van seksuele aard van hom aan die lig gekom het. Hy het gesê dié video was vir sy vrou bedoel en kuberkrakers het toegang tot sy staatselfoon gekry en wou die video gebruik om hom af te pers.

Net meer as ʼn week gelede het Gigaba in ʼn onderhoud met eNCA gesê hy sal ondanks die druk uit verskeie oorde nie as minister van binnelandse sake bedank nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Adam ·

Yankee, i cannot do anything other to be in total agreement with you, but i suppose as long as this disgraced political clown believes himself, we should this let him rot in his own arrogance.

A ·

Ek wonder wat verdien hierdie mense. Dat hulle net sommer bedank en dan nog wil aangaan met hofsake wat enorme bedrae is. Waar op aarde kom die volgende maand se kos vandaan as jy net sommer kan bedank.

Wonder net ·

Die vraag is nie hoeveel hulle verdien nie.
Ek wonder eerder wat die prys vir die bedanking was.
Niemand doen iets verniet nie.

zoom zoom ·

Wonder net en A.
Ek en julle wat belasting betaal gaan vir Sy hofsake betaal. ‘n lekker voorbeeld hiervan is eskom transnet saa sars sauk se Hlaudi. Die Lys is lank en die resultate is NUL. Die mense lag al die pad bank toe

Vryheid ·

Daar mag nooit die woord integriteit en anc in dieselfde sin gebruik word nie… Die een Ken nie die ander nie. Vir gigaba se ek – who cares and goodbye!

Gatvol ·

Ja hy lieg deur sy nek. Ek hoop hulle het sy paspoort ingetrek. Dubai hier kom ek.

honourble member ·

Hy sal maar weer een of ander hoe pos in die ANC kry. Hulle sorg mos maar mooi vir hulle mede korrupte amptenare. Soos altyd sal ons maar sit en wag om te sien wie die volgende swak aanstelling in Binnelandse Sake gaan wees wat die plek net verder opmors.

My mening ·

As hy net stil gebly het nadat hy bedank het, het dit dalk gelyk asof hy tog ‘n druppeltjie integriteit het, maar sy verklaring wys dat hy regtig nie kan insien of omgee dat wat hy gedoen het, verkeerd is nie.

Bekkie ·

Want ek is ‘n skelm, dis hoekom ek bedank het. Jis ek kan nie glo die mense kom vir so lank weg met hulle skelm streke nie. As ek moes doen by my werk wat die klomp in die parlement doen, was ek laaaaaaankal agter tralies. Nee wat, ons poep hier teen donderweer.

Emsie ·

Ek het bedank omdat ek onskuldig is! Twak! Is dié man van looitjie getik?

Genieve ·

Hy gaan nou by Kyknet aansoek doen om die video’s opname te doen lmklaaa

Hennie ·

Ook maar altyd net die slagoffer, altyd een of ander agenda of donker komplot.

Callie ·

Ramaphosa lieg oor plaas aanvalle. Gigaba lieg, Ace lieg, Supra het en lieg nog steeds. Zuma was een groot leun. Dit is die hoof karakter trek van die ANC. Wat se integriteit het jy as jy vir dit stem

marous ·

‘n Mens se oee is die weerspieeling van die siel , en in hierdie land se patetiese leiers korps is daar boekdele te sien …. van onderduimsheid

Deloris ·

Hy is nou in n hoek… druk het te veel geword,
Intussen het hy gesorg vir sak.
Watter minister bedank sommer net so? Pffft

D B ·

Nee boet, jy is ‘n skelm net soos die res van jou ANC boetjies…bye bye.

Robert ·

Jou arrogansie het jou ingehaal. So val die ex ANC jeugliga leiers!

Mag ·

Bedank? Ons sal hopelik binnekort hoor hoeveel miljoen hy ontvang het vir sy “bedanking”.

Johan ·

“in Al die departmente saam toegewyde en BEKWAME mense gewerk”Wat n joke…sirkus roep hoofnar!!Wonder wat jy sou se as jy in die ou SA in die staatsdiens Kon werk.Nuwe aanstelling gaan geen verskil maak nie…hier is meer onwettige imigrante in SA as blankes.Soos CR se en wys met die Mosambiek brug..Afrika behoort aan almal wat daarin woon…..Mbeki se droom van n United Africa amper waar….While you visiting please get a grant for yourself and your children aswell as an RSA Id for next year’s election….don’t forget to visit our state of the art hospitals if you feel sick.. While you at it pls apply for a job at the many state departments,prov goverments or SOS….Lastly pls bring over any elderly people you know so they can get SASA pension grants on the house,compliments from the SA goverment….

Rosie ·

Hy het hierdie land miljoene aan buitelandse toerisme gekos met sy onderdagte regulasies op paspoorte. Nog ‘n onbevoegde kader wat moet waai

Deon ·

Hy kon nie end uit aanhou nie, almal was getuie, hy moes maar bedank!!

Pieter ·

Jy lieg alweer, as jy nie bedank het nie sou ramapaddapot jou moes afbetaal, hy was te veel onder druk.

Oudste ·

Ai, ai, ai ou Blinkstes, jy praat die waarheid darem baie snaaks, gedissiplineerde lid? As ek nie ‘n diafragma gehad het nie, was my longe en my maag nou deurmekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.