Gigaba: ‘Kabinetskommeling raak nie rand’

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Donderdag ontken dat pres. Jacob Zuma se onlangse kabinetskommeling die verswakking van die rand tot gevolg gehad het.

Die rand het op 30 Maart skerp begin daal nadat die nuus van Zuma se kabinetskommeling aan die lig gekom het. Dit was veral Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, en sy adjunk Mcebisi Jonas, se afdanking wat hiertoe bygedra het.

Gigaba het dié uitlating gemaak by die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se Afrika-beraad wat tans in Durban gehou word. Hy het gepraat oor Afrika se vooruitsigte vir ekonomiese groei en terselfdertyd aangevoer dat die rand nog altyd wisselvallig was.

“Die wisselkoers is oukei. Dit het niks te doen met die kabinetskommeling nie want dit gebeur nie gereeld nie,” het Gigaba gesê.

“Dit kan soms te doen hê met die veranderinge in die departement van finansies maar die rand is ten spyte daarvan lank reeds wisselvallig. Daar was ʼn tyd wat die rand by R18 teen die Amerikaanse dollar gedraai het,” het hy bygevoeg.

Bronwyn Nielson, moderator van die sessie en uitvoerende hoof van CNBC Afrika, het beaam wat Gigaba gesê het en bygevoeg dat selfs die land se geldeenheidstrategiebepalers nie seker is waarheen die geldeenheid op pad is nie. Daar is wel toegegee dat die rand ook verswak het toe daar drie ministers van finansies in een week was.

Gigaba het gesê beleggers het niks om te vrees as Zuma uittree as president nie omdat Suid-Afrika ʼn grondwetlike demokrasie en sterk instellings het.

“Suid-Afrika is ʼn demokratiese land. Ons gaan elke paar jaar deur ʼn verkiesingstydperk. Ek dink nie dis nodig dat mense paniekerig raak daaroor nie, dis deel van ons land en ons moet dit aanvaar,” het Gigaba gesê.

“In ons land het die leierskapsveranderinge wat ons ondergaan het nog altyd deur ʼn demokratiese proses plaasgevind en was dit vreedsaam,” het Gigaba bygevoeg.

Meer as 1 000 afgevaardigdes van meer as 100 lande sal Vrydag die ekonomiese groei van Afrika bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johann ·

MALusi? Seker weer jou “adviseurs” wat jou help om die absurdheid te uiter? Om SO arrogant dom astrant te wees en te dink die intellek van die wereld lag hulself nie stukkend nie? En jys die minister van wat? Snaaks EN Skokkend saam. Maar.dan deel jy ook die verhoog met BOB van hier langs ons wat sê ZIM is no way onstabiel!!!!!!! As dit is wat jy in die openbaar kwytraak, wat bedunk en doen jy en Zuma se ander handpoppe nie in die donkerte van jul eie “wysheid” nie?

Scalla ·

Weet die man waarvan hy praat. Hy het seker so verneem van sy raadgewer.

Annie ·

Ai Gigaba, in jou wildste drome sal jy nooit op die hoë vlak kan wees van Pravin Gordhan. Skrik wakker ou Seun, en ruik die verrotting. Jy is maar net nog ‘n “puppet on a string”. Hoe hoog gaan jy nog spring?

Loon ·

Wat sê die mense wat regtig iets van finansies af weet?
Ek glo hulle sal n heel ander mening hê as die Minion!

René Prinsloo ·

Nou hoe kan hy so sê vanoggend sommer naby R14. Ai ai ek glo nie wat ek hoor nie. Hulle glo hulleself.

Theresa B ·

Ag genade – As jy nie weet wat om te sê of wat jy sê nie, bly asseblief stil. Hou op om jou slim te hou. Julle weet nie hoe om met ons land, mense en geld te werk nie – PUNT

Pieter ·

Verwondered, kwalifikasies is tog sekerlik ‘n uitgediende westerse begrip en glad nie nodig in die moderne wonderwereld van die zuptas nie.

Koos1 ·

Hy het daai advies gekry by Kersvader, nadat Kersvarder, Sneeuweitjie en haar 7 kabouters, die Tandmuis en die Paashaas vergadering gehou het oor ons land se ekonomie. Hulle het ook die selfde raad aan die graaderings agentskappe gegee.

Anoniem ·

Giegiegie… klink my daar was darem ‘n kworum by daai vergadering van Kersvader en kie.

Oudste ·

…en Bathlabile Rooikappie het geskitter in haar afwesigheid by die vergadering.

Ai ·

As die minister van Finansies so ‘n uiters dom en oningeligte uitspraak maak … moet ons baie, baie bekommerd wees! Weereens onderskat hulle die kiesers se intelligensie en dit opsig self is uiters vernederend.

Danie Rossouw ·

Hy moet so praat anders word hy ook van die soustrein af gegooi. Dis vir hoe hy prentjies vir Zuma kan inkleur hoekom hy aangestel is. Glo my, dag wat Zuma vervang word, word hy (Gigaba) eerste ook vervang.

Nonsens ·

REGTIG? Lyk my jy sien nie mooi nie . die rand teen die pond het gister op R17.42 gestaan . hoekom was dit hier op R16 voor julle met julle nonsens begin het? Lyk my nie jy kan somme maak nie hoor.

pieterdp ·

Die ANC staats amptenare leef in n droom werld saam met Zuma en die Zuptas wat die hele SA gekaap het.

Uvonka ·

Eish eleventy seventy, laat ons tog net iets se, maak nie saak hoe snaaks en vals dit is nie.

"oop lippe" ·

REALLY Honorable Mr Finance Minister! Dit kom sekeri uit u mond uiti! Want net diegene wat seerkry om te dink redeneer op dergelike wyse. Kan regtig ni di stelling verwerk nie, shooooo!

Linda Koekemoer ·

Mense dan is hy minister van finansies. Unbelievable.

Nix ·

HIE hie hie hie hie……. ai Shame! Net die feit dat hy so iets kwyt raak en glo ons moet dit glo…… sê nogal baie van die grys stof……. Hoe dom dink hulle is ‘n mens? Die land is klaar ‘n ashoop….. al wat ek kan doen om nie van my trollie af te raak nie is om te lag vir die narre in die Hooftent!

Andre ·

Die man het verseker onder mogabe afstudeer. Ek sal hom nie eers toelaat om ‘n padstalletjie te bestuur nie.

Christo ·

Minister van Finansies en hy maak sulke kommentaar…laat jou dink nê!

Chaparel ·

1 plus 1 is uuhm en wat van 1 en nog 1 is uuhhm en kom ons probeer 1 van 1 is uuuuuhhhmmm maar die een moet jy weet 1 gedeel deur 1 is mmmmmm ja nee so vermoede gehad Gigaba, miskien n ander job soek waar jy nie hoef te reken nie.

Hennie ·

Met elke woord dat Gigaba sê ontbloot hy sy onkunde en onvermoe. Bly liewer stil Gigaba, dan is daar dalk n handjievol ondersteuners dat “dink”jy weet iets.

Johann Marx ·

Nou as kabinetskommelinge en die ANC NIE verantwoordelik is vir die swak prestasie van ons geld-eenheid nie, wat is? Julle sal vining moet begin om die oorsaak van die swak rand te kry en reg te stel…..die belastingbetalers (wat NIE vir julle gestem het nie, en dus nie toestemming gegee het dat julle geld mag leen nie) moet nou R173 miljard se staatskuld terug betaal? Hierdie “geheime stemming” is sommer ‘n gemors….elke stemmer behoort in sy ID boek ‘n stempel te kry van die party vir wie hy of sy gestem het…..en as jy vir die heersende party gestem het, moet daar ‘n aftrek-order op jou salaris gedoen word sodat JY kan help om die staatskuld terug te betaal. Diegene wat dan vir die oposisie gestem het, sal hulle beurt kry as die “oposisie” aan bewind kom.

VERITAS ·

As dit nie die kabinetskommeling is wat die rand so sleg laat vertoon nie, dan kan dit net daardie borriegeel baadjie wees. Michael Jackson se moses.

Rasper ·

DOM……DOMMER……….DOMSTE KIES DIE EEN WAT BY JOU PAS

snoefie ·

dream on gigaba. hy jen nie eers die meestal basiese finansiele terme nie. gee hom n lollipop en stuur hom terug intec toe.

snoefie ·

dream on gigaba. hy ken nie eers die mees basiese finansiele terme nie. gee hom n lollipop en stuur hom terug intec toe.
buitelandse beleggers vrees eerder om te bele terwyl zuma nog in beheer is. mense, geleerdheid gaan n goeie ent as daar in elk geval nie common sense is nie.

KarenG ·

Ag mens, as jy nie iets sinvol kan uiter nie, bly dan eerder stil!!

CindyB ·

Leë vat hou toe jou kraan anders sien hulle jou vir ‘n volle aan!!

Anika ·

Nou het hy gewys hoe dom hy regtig is … ai, ai, ai … lagwekkend is al wat ek kan sê !!! Die probleem is, hy glo homself, ha, ha, ha ……

huggy bear ·

Met die bekemdstelling van Gigaba as minister van Finansies het dit opvallend duidelik geword dat hy GEEN Finansieele opleiding het nie.
Geen wonder hy weet nie waarvan hy praat nie.
Sonder sodanig opleiding kan daar nie sinvol geargumenteer word oor wat die wisselkoers be invloed nie. Die wilde swaaiings wat nou gebeur is nog steeds die gevolge van die kabinetskommeling.

John ·

Net gigabytes en sensodynemo’s waar mens kyk… heeltemal bo my begrip…

Frans C ·

Ja ,en in dieselfde trant lei hitte nie tot water verdamping nie,reg so minister?

Johanna Botha ·

Genade regtig …nou te laat om dit te se …jy maak jouself belaglik !

Adrie Hoffmann ·

Eish ……… pappie die man het geen idee nie :-) Red nou die land se finansies met so ‘n man. Eish eish eish …. met ys ja.

Asseblief! ·

Goed Gigaba, die rand het sommer vanself geval…wat ‘n floue!?

Blits ·

Ek het altyd gedink ek is useless met finansies en lekke dom met dit maar dankie Gigaba, jy laat my nou soos n profesor in finansies voel, ek weet meer as die min van finansies

SARIE VAN HEERDEN ·

Gigaba kan maar die finansiesstorie los want ons is in ons peetjie in daarmee. Miskien moet hy SABC toe gaan sodat hul vir hom spraaklesse kan gee om die Engelse taal beter te gesig. As ‘n buitelander met hom opeindig, hy ken nie finansies nie, en dan kom hy met die uitspraak van Engelse woorde wat ek as Suid-Afrikaner nie eens altyd kan verstaan nie. Geen wonder die buiteland lag vir ons nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.