Gigaba kondig ondersoek aan oor belastingtekort

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van finansies van Suid-Afrika, het die Woensdag die 2017 Mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring (MTBPS) in die Parlement voorgelê. FOTO: ANA FOTO

Malusi Gigaba, die minister van finansies, het Dinsdag aangekondig pres. Jacob Zuma het ʼn dringende geregtelike ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) goedgekeur.

Gigaba het gesê Tom Moyane, die SAID se kommissaris, is van die ondersoek ingelig en Moyane het onderneem om sy samewerking te gee.

“Ons verwag dat die ondersoek opbouend sal wees en die instelling verder versterk waar dit moontlik is. Dit is van belang vir die regering om vas te stel waarom belastinggeld nie ingesamel is nie en sodoende te verseker dat dringende regstellende stappe gedoen word sodat die SAID sy teikens wel haal,” het Moyane gesê.

Gigaba het verlede maand sy mini-begroting in die parlement gelewer. Dit het gewys dat die SAID ʼn belastingtekort van R50 miljard vir die huidige geldjaar ervaar. Politieke partye het teen Gigaba uitgevaar oor die reusetekort en eis Moyane se kop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Stella ·

Kan hulle net eerstens vir Zuma ondersoek en aankla van belastingontduiking? Ons land word n groter sirkus by die dag.

Jordaan ·

Zumas (almal van hulle), die Guptas, baie van die ministers, die sigaretsmokkelaars soos in Jacques Pauw se boek beskry, ens, ens.

Lynette ·

So begin die honde mekaar te byt. En hy hoef nie ver te soek vir sy tekort nie begin by Zuma en werk jou pad af in die parlement jy sal verseker meer as jou te kort kry just follow the money?

Sam ·

Nog ‘n Seriti kommissie? Die ANC regering het alle geloofwaardigheid verloor.

jan_alleman ·

nee nee nee mense , dink julle regtig koning zuma gaan ondersoek word ! julle verstaan nie mooi nie , dit sal weer witmense wees wat aan die kortste end trek op die ou end , dit waarborg ek julle

Bertus ·

Bwahahahahaha!
Hoe sal hy nou sy groot vriend uitverkoop?
Ons weet mos almal die ondersoek se uitslag sal wees dat ons belastingbetalers al jare lank te min betaal.
Dit sal verseker nie aandui dat die vernietiging van die eenheid wat georganiseerde misdaad uitgewin het, die tekort veroirsaak nie.

maria ·

Spaar die geld van die ondersoek- koop sommer “the Presidents Keepers” dan weet jy waarom daar ‘n tekort is.

Gert ·

Maklik as zuma en sy maatjies betaal dan sal daar genoeg wees. Hou zuma uit die spaarvarkie

zoom zoom ·

Van die ondersoek gaan dadels kom. Wie gaan opstaan teen die hand wat hom versorg. . Net ‘n afleidings taktiek om nr 1 en vriende nog tyf te gun om

Awie Opperman ·

En so doen ek my deel om hierdie korrupte regering tot ‘n val te bring. Volgende jaar gaan SARS nog minder van my belasting sien.

Griet ·

Mooi so! Belasting ONTDUIKING is onwettig, belasting VERMYDING is jou MORELE PLIG!!

Fanie Meintjes ·

Eerstens het hulle die ekonomie deur hulle aksies verswak, tweedens hoe betaal jy R 70miljoen BTW uit aan ‘n maatskappy sonder ‘n behoorlike ondersoek en dan nogal in ‘n 3de party se bankrekening en derdens moet Zuma belas word op die verbeterings op Nkandla (R257 miljoen @ 41%) namens hom betaal dus ‘n fringe benefit. Dan moet hulle dalk minder op hulself en onnodige “diplomatieke reise” spandeer, hulself minder verryk deur korrupsie en geldwassery en siedaar, ‘n groot deel van die probleem opgelos. SARS kan net invorder wat verskuldig is en weens die swak ekonomie sukkel maatskappye so winste is laer en dus ook die belasting.

DNA ·

Ja hulle begin water trap, vir my is hulle besig om soos n hamster in die wiel rond te hardloop in hulle hokke……

Boer ·

Ondersoek………waar voor??

So eenvoudig soos dit, jy kan nie spandeer wat jy nie het nie, dan oor spandeer jy!!
Kan eo nou R10 000000.00 kry vir my werk?

Uiltjie ·

Lyk my MNR Pauw moet all weer die pen opneem met feel 2 van die boek. Dit wat hy in sy boek se, word nou bevestig. SARS is bankrot ddeur korrupsie

Heleen ·

Nog ‘n manier om wittes te teiken..hulle moet by Zuma en sy kronies begin…en..die GUPTAS!

Johann ·

Niks anders as n baie duur weerlig afleier vir Zuptopia se maats…slinks verby! Onthou: die selfaangewese magsbeheptes het ongekontroleerde toegang tot die massas via hulle eie propaganda mashien…Die SAUK! Hulle gaan bloot dien wat hulle aan bewind gekry het: die massas met lieg en bedrieg taktiek beinvloed om te glo dis die blankes se skuld…en ons sit en kyk hoe dit gebeur.

Anoniem ·

Dis ‘n aanduiding die staatskoffers is boomskraap gesteel. Zuma en trawante raak desperaat – hulle is soos druggies sonder drugs.

Callie ·

Die eerste wat gaan gebeur is persoonlike belasting word verhoog. Sorry as jy wit is. Tweedens, so slim soos wat hulle is om die witman te laat betaal, hoe intelligent is hulle om wit besighede te na te kom, wit mense te vervang met hulle kaders en dan wragtag nie te verstaan hoekom is daar minder geld nie. Wittes het nie meer geld nie mnr slim

kat ·

Die land is rot en kaal besteel. Kry die geld by die Guptas en kurrupte Zuma en sy maatjies.

Willie ·

Doen net julle normale werk SARS, kyk na die Zumas en Guptas… dit behoort 99,9% van julle skuld te betaal…

Griet ·

Dit is maklik vir die “gewone” Suid-Afrikaner: jy kan nie belasting betaal as jy nie ‘n werk het nie. Ons ekonomie is verwoes deur Zuma/Zuma se maatjies/Korrupsie/Gupta’s/”take-your-pick”, so daar is honderde duisende minder werksgeleenthede. Verder het die res van die land se werkgewers soveel soveel stakings en ander nie-produktiewe-aktiwiteite die hoof moes bied, dat die belasbare wins in die meeste gevalle negeerbaar klein is of “opgevreet” is deur allerhande belaglike “demands”. Verder werk dit ook so dat as jy nie produksie uit jou fabriek/aanleg het nie, is daar nie juis verkope van jou produkte nie en gevolglik geen BTW wat gegenereer word nie.

Dit is maar ‘n paar redes wat ek sommer so uit die vuis kan noem, Wonder nogal hoe ernstig hulle gaan wees om die WERKLIKE oorsake te identifiseer en aan te spreek?!?!

Riaan ·

Moord, korrupsie – geen reaksie. Geld kom nie in nie – n DRINGENDE ondersoek…

Rupert Ashford ·

Eenvoudig my liewe Malusi. As mens oor baie jare jou bes doen om ‘n land se ekonomie skade te doen mag jy dalk net suksesvol wees en dit veroorsaak dat jy dan minder belasting sal kry. Nou kan jy my maar die R30 miljoen betaal wat die kommissie sou kos. Kontak my asb om betaling te reel…;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.