‘Gigaba moet sê oor kontrakte met Chinese’

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Die DA het ʼn beroep op Malusi Gigaba, minister van finansies, gedoen om seker te maak dat twee reusekontrakte tussen die regering en Chinese semi-staatsinstellings nie sal voortgaan sonder dat daar aan al die nodige verkrygingswette voldoen word nie.

“Volgens mediaberigte is die departement van water en sanitasie asook die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) in die proses om kontrakte ter waarde van R70 miljard aan Chinese semi-staatsinstellings toe te ken sonder ʼn openbare tender of toestemming van die nasionale tesourie om verkrygingswette te omseil,” het die DA se Alf Lees Sondag gesê.

Lees het gesê Gigaba moet dringend ingryp om verantwoording te doen oor die tesourie se beweerde afwyking van die mededingende tenderproses en die versekering gee dat die regte prosedures gevolg sal word voordat die kontrakte aan Chinese maatskappye toegeken word.

“Die laaste ding wat Suid-Afrika nou kan bekostig, is nog ʼn korrupte multimiljardrand-tendertransaksie tussen regerings. Vroeër vanjaar het die Wes-Kaapse hooggeregshof beslis dat die proses waartydens die regering ʼn kernooreenkoms met Rusland aangegaan het, foutief, ongrondwetlik en nie in ooreenstemming met gesonde besluitneming was nie,” het Lees gesê.

Hy het gesê die DA sal nie toelaat dat “nog ʼn poging tot grootskaalse korrupsie” weer gebeur nie, maar alle moontlike opsies inspan om die afwyking van die regmatige prosesse tydens hierdie transaksies aan te raak. Die tesourie moet ook aan die parlement verantwoording doen oor sy rol by hierdie onderhandelinge en of die wetlike tenderprosesse gevolg word.

Lees het gesê die DA sal hierdie vrae aan die tesourie stel wanneer dit volgende week voor die staande komitee oor finansies verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elisabeth Teir ·

Dit is al gesluit reuse ramp vir SA. Presies hoe die slegte president van Suid-Afrika glip in geld in verkeerde sakke val. Daardie sirkel hou niks goeds in vir die gewone mens op straat nie.

Flintstone ·

Die hele land se kommunikasienetwerk is reeds aan Huawei verkwansel.As hulle môre ‘n knoppie druk is die hele land se kommunikasiestelsel af.Waarom sal die DA nou sy mond open?Hy moes begin keer het toe die kommunikasie oorname begin het!

snoefie ·

bestee van alles is hulle bring hulle eie werksmense in. hoe kan die mense hierdie kontrakteurs kry as geen Suid Afrikaner behalwe die amptenare betrokke daar uit voordeel trek nie? verder hoekom is daar nooit toyi toyis oor die Chinese nie maar we’ll waar daar blankes werk?

Piet Pretorius ·

Toemaar…

Ek wil net graag weet: hoe is dit dat ons ‘n Zimbabweër as minister van Finansies het?

Justice ·

Soos dinge nou aangaan was die kontrakte heel moontlik net in Chinees geskryf.

zoom zoom ·

Hy moet eers die saak met die zuptas opneem en dan sal die zuptas vir hom voorskryf wat hy mag se.

Toppie ·

Ag die land is so in sy hel tot die leeus verlaat die land.

Watergeus ·

Die Chinese is te slim vir Afrika regerings, Afrika lees en verstaan nie die kleinskrif onderaan die kontrakte wat China opstel nie. Volgens verslag dokumente wat Nederlandse CEO’s wat in Angola werk, opgestel het , het die regering homself uitverkoop aan China. Volgens die kontrakte sou China vir Angola geld leen om hulle infrastruktuur van paaie en spoorwee weer op te bou, maar toe hulle oe uitvee, kom die chinese die werk doen , met hulle eie konstruksie maatskappye, waarvir hulle met die geleende geld van China moet betaal. As hulle nie die lenings volledig kan terug betaal nie, le China beslag op Angola se grondstowwe. Dink julle hierdie regering van ons is slim genoeg om nie in die selfde gat te trap nie ? Ek glo nie, nie na die afgelope 23 jaar se verval nie.

Anta ·

Haaaaaa!! Lekke lag ek nou.. Goeie een toppie. En ons mense is so honger en werkloos hulle eet al mens vleis..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.