Gigaba sal by Eskom-ondersoek getuig

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: ANA

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het bevestig dat hy Dinsdag voor die parlementêre ondersoek oor Eskom sal verskyn.

Dit is dieselfde dag wat die Gupta-broers en voormalige voorsitter van SAL, Dudu Myeni, ook moet getuig.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die ondersoek, het gesê tot dusver het slegs Gigaba aangedui dat hy vrae sal kom beantwoord oor die bestuur van Eskom. Rantho het gesê hy sal antwoorde moet gee oor aanskaffing en kontrakte wat onderteken is tussen openbare maatskappye en die sakeryk van die Gupta-familie.

Myeni het vroeër gesê sy is ongesteld en kon nie vroeër voor die komitee verskyn nie. Sy het egter nie ʼn doktersbrief verskaf nie. “Ons het nog nie iets van haar gehoor nie, so ons neem aan sy sal opdaag,” het Rantho bygevoeg.

Daar is ook nie duidelikheid of die Gupta-broers sal opdaag nie. “Hulle het nog nie enigiets bevestig nie,” het Rantho gesê. ʼn Polisieondersoek oor hul sake het die afgelope paar weke toegeneem, met ʼn klopjag op hul Saxonwold-huis op die dag wat oudpres. Jacob Zuma bedank het.

Rantho het gesê die komitee het nie direk met die familie kontak gemaak nie. Hul prokureurs het aangedui die familie moet daaroor besluit.

Die Gupta-broers het na bewering hul invloed gebruik oor die Zuma-administrasie om winsgewende kontrakte los te slaan. Indien hulle nie Dinsdag opdaag nie, sal die komitee besluit of hulle ʼn dagvaarding sal bekom. Dieselfde geld Myeni. Die komitee wil navraag doen oor getuienis verlede jaar dat sy tydens ʼn vergadering by Zuma se huis opdrag gegee het om Eskom se uitvoerende lede te skors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

As hulle nie weet waar die Guptas is nie waar wil hulle die Dagvaardings beteken. Volgens my kennis moet dit PERSOONLIK beteken word. Hierdie ding sal ook nerens kom soos al die ander ondersoek nie.

Willie ·

Asseblief was hy nie ook n ANC jeugliga luier? Hulle kom mos niks oor nie..

joshua ·

Gigaba sal homself en sy Gupta base los lieg -hyt reeds met n vorige keer dit gedoen en kom weg daarmee.

Genieve ·

Hy lieg so sonder om die waarheid te praat en is oortuig dat dit wat hy se die waarheid is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.