Gigaba se getuienis wys Ramaphosa se probleem

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: ANA

Presies hoe moeilik dit gaan wees vir pres. Cyril Ramaphosa om van die meer dikvellige lede van die Zuma-nalatenskap in sy kabinet ontslae te raak, het in die vroeë oggendure duidelik geword toe die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, getuienis gelewer het oor sy rol in staatskaping.

Anders as die gerespekteerde Nhlanhla Nene, wat in diens van die land sy bedanking as minister van finansies aangebied het omdat hy die Guptas aan huis besoek het toe hy minister was, het Gigaba geweier om te erken sy verbintenis met die berugte Guptas is hoegenaamd ʼn probleem.

Dit is ten spyte daarvan dat hy die Guptas so ter wille was dat hy aan hulle op ʼn kortpad-wyse Suid-Afrikaanse burgerskap toegestaan het, as minister van finansies min tot niks teen staatskaping gedoen het nie, en weens sy onvanpaste gedrag die land tot skade en skande was in die rukkie dat die gediskrediteerde oudpres. Jacob Zuma hom in politieke beheer van die land se finansies geplaas het.

Boonop het die Noord-Gautengse hooggeregshof bevind dat hy – oor ʼn afsonderlike kwessie – meineed gepleeg en die Grondwet ondermyn het, en het die drakoniese visumregulasies wat hy as persoonlike kruistog ingestel het tydens sy vorige ampstyd as minister van binnelandse sake soveel skade aan die ekonomie aangerig dat dit herroep moes word.

Maar toe Gigaba laat gister om ongeveer 22:00 aan die beurt kom om sy getuienis tydens ʼn marathonsessie van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake se ondersoek na staatskaping te lewer, het hy geweier om enige eie fout in te sien.

Hy het erken hy het die Guptas verskeie kere aan huis in die Johannesburgse spogbuurt Saxonwold gaan spreek en ook verskeie funksies van die familie bygewoon, maar anders as Nene dink hy nie dit was onvanpas nie. Hy voer trouens aan hy het daardeur gehelp om sosiale binding (in die land) te bevorder.

Gigaba het ontken dat hy die Guptas ter wille was of dat hulle enige invloed oor hom uitgeoefen het. Volgens hom was hulle niks meer as kennisse nie. Hy meen die wyse waarop sy verbintenis met die Guptas bevraagteken word, is net ʼn poging om hom te beswadder.

Toe hy gevra is watter ander ministers by Gupta-familiefunksies was, het hy beweer dit het niks met hul verkryging van Suid-Afrikaanse burgerskap te doen nie en geweier om die vraag te beantwoord.

Volgens Gigaba kan hy nie onthou hoeveel keer hy by die Gupta-woning was, of wanneer hy daar was nie. Hy meen wel hy was minder as vyf keer daar.

Hy kan ook nie onthou of enige Gupta-familielede hom ooit op sy selfoon gebel het nie. Gigaba ontken hy het die Guptas ooit buite Suid-Afrika ontmoet.

Ondanks die bedenklike wyse waarop Suid-Afrikaanse burgerskap aan die Guptas toegestaan is – Gigaba het as minister self ʼn bydraende rol hierin gespeel en niks gedoen om dit reg te stel toe die hele gemors op die lappe gekom het nie – meen Gigaba daar is niks in die beskikbare getuienis voor die kommissie, of in die GuptaLeaks-e-posse, wat daarop dui dat hy verkeerd opgetree het nie.

Hy blyk geen verantwoordelikheid daarvoor of deelkragtigheid daaraan te voel dat sy spesiale raadgewer, Thami Msomi, opdragte aan personeel gegee het om versoeke om visums van Gupta-maatskappye, en spesifiek van die bedryfshoof van die Gupta-maatskappy Oakbay, Ashu Chawla, deurgaans vinnig goed te keur nie.

As Gigaba se houding enigsins ʼn aanduiding is, kan Ramaphosa heelwat verdere probleme te wagte wees van die oorblywende Zuma-vertrouelinge in sy kabinet. Anders as Nene sal hulle nie foute erken nie, en soos nete klou aan hul posisies en voordele. Dit, tesame met die feit dat soveel afgedankte ministers nie hul parlementsetels ontruim het nie en dus teenwoordig bly in die gange van mag, is twee van die sterk aanduidings dat die magstryd in die ANC voortduur, dat die president se teenstanders meen hulle het nog ʼn terugvegkans en dat Ramaphosa dus op sy hoede sal moet bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Smirre ·

Gigaba wil aanhou sy vrou en aanhangsels rondvlieg die wereld vol en belangrik lyk op die belasting betaler se onkoste.

willie ·

Satan is die vader van die leuen dus wat ander verwag julle?

Marietjie ·

Baie waar woorde!!! En hy (Gigaba) is al so geko fyt daarin, hy doen dit sonder om te blik of te bloos, raak eweneens arrogant!!

Pieter ·

Eks ‘n dapper dapper springkaan, kyk hoe stap ek deur die koringland, en daar is niks woorvoor ek skrik nie …..

Skyn ·

In watter kinderstorie op TV het ‘n mol so ‘n mooi ronde bril gedra.

Alida ·

Hy weet baie goed dat as hy begin name ontbloot hy sy pos kwyt is. NIEMAND in hierdie land sal my oortuig dat CR nie ook by die Guptas was nie. Adj pres moet alles weet wat die no 1 pres doen. Iemand gaan swig onder die druk dan is die gort gaar.

Marietjie ·

Ek het ‘n serious probleem met ‘n president wat ten spyte van wat ‘n hof bevind het, en met alles wat Gigaba tot dusver gedoen het, (al is hy hoe ontkennend,) steeds die man in sy kabinet te hou! Regtig, dit is nou nie eens meer snaaks nie. Raak ontslae van die mannetjie!!!

Johann M van Heerden ·

Hy sal ‘n poligraaf toets ook slaag, want dit werk net by mense met inherente sin vir regverdigheid en geregtigheid.

Rynier ·

Miskien is CR bang om hom sommer te pos want dan sal hy dalk die name gee van wie almal by Guptas rond gehang het

Louis le Roux ·

Gigaba is ernstig siek. Hy ly aan selektiewe
Amnesie.

Vryheid ·

Bly maar n siek spul. Die leun bly die leun waarheid bly die waarheid en sal altyd uitkom. Hulle sal mekaar nog verskeur!

Hendrik ·

Ramaphosa se steun is heeltemal te wankelrig om teen die ou korrupte Zuma-iete te kan optree.

Philip ·

Ja nee “the plot thickens”. Hy sal bly want hy weet te veel. Toe CR aan bewind gekom het het hy hom net verskuif maar nie ontslae van hom geraak nie. Ek wonder of na al die geld wat gemors word daar iets van sal kom. Al die ondersoeke kos die belasting betaler baie geld maar geen aksie. As die skuldiges net wil bedank en loop natuurlik met “golden handshakes ” kan ons begin werk aan die ekonomie van die land.

Fred ·

Stem saam met jou Phillip. Die hele storie is ‘n mors van geld. Die hele kaboedel is betrokke daarom sal min erken hulle het gefouteer. Stop die ondersoek na staatskaping, gee aandag aan kleiner sake waar enkeles betrokke is en maak so die regering “skoner” sonder om ons so baie belastinggeld te kos.

GES ·

Gigaba, sluwe leuenaar. Hoe gaan daar van hom en sy trawante ooit ontslae geraak word?

Jack Sadie ·

Ai, ek wil ook graag vir en in CR glo, maar op die einde van die dag is dit nog net maar dieselfde ANC. Een of twee, selfs 10 ANC swaeltjies maak nie ‘n somer nie. Ook, as CR werklik ‘n leier was sou hy nie soos nou sy seile na die wind span nie. My hoop is dat meer mense vir die kleiner partye sal stem sodat ons koalisie regering kan kry.

Koos ·

“Sonder om te blik of te bloos ….. ” – wat ‘n grap!!!

Net soos wat bogenoemde nie moontlik is met dié betrokkenes nie, net so is dit ook onmoontlik om ooit die waarheid en die volle waarheid uit hierdie mense te kry.

Glo niks, hoop niks en weet nou al hier sal nooit niks van kom nie – “cut your losses” en doen liewer wat jy weet is reg en eerbaar – bou van niks af op en vergeet die res.

Johann ·

Dankie tog Malusi is nie meer die minister van finansies nie!

Andrea van Vuren ·

Maar, na Nene se bedanking, wil ek net vra, wat gaan van ons oud-staatsamptenare se pensioenfondse word? E ril as ek daaraan dink dat ‘hulle’ besig is om ons fondse leeg te tap! Wat gaan van ons word?

Sarel ·

Onthou die kaders het n politieke skool waar die hoofvakke waarskynlik lieg en skelm wees is .

Basjan ·

Gelees op Facebook:

“It is critical to observe that the Zondo commission of inquiry into allegations of state capture is designed to unearth the truth. But truth alone – as we are learning – is NOT enough. Some of us want JUSTICE!! Whoever stole the rainbow needs to give it back and be punished!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.