Gigaba se vrou gaan voor Zondo-kommissie getuig

Norma Mngoma, vrou van oudmin. Malusi Gigaba. (Foto: Ian Landsberg African News Agency/ANA)

Nomachule (Norma) Mngoma, die vervreemde vrou van voormalige finansiesminister Malusi Gigaba, sal na verwagting Vrydag voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig.

Mngoma, wat onlangs haar van na haar nooiensvan terugverander het, sal uiteindelik voor die kommissie kan getuig ná sy publiek onderneem het dat sy bereid is om voor die kommissie te verskyn.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, het Donderdag in ʼn verklaring bevestig die kommissie sal Vrydag Denel-verwante getuienis aanhoor van die voormalige minister van openbare ondernemings, Lynette Brown. “Die kommissie sal ook staatsekuriteit-verwante getuienis aanhoor van die voormalige minister van staatsekuriteit, David Mahlobo. Mnr. Malusi Gigaba se aansoek om verlof, om Nomachule Gigaba [Mngoma] te kruisondervra, is ook geskeduleer asook getuienis van me. Nomachule Gigaba oor Gupta-verwante getuienis,” het Stemela gesê.

Gigaba is van voornemens om te versoek om Mngoma self te kruisondervra en die kommissie te vra om nie haar getuienis publiek bekend te maak nie.

Haar getuienis sal na verwagting fokus op Gupta-verwante sake. Sy en Gigaba was getroud toe hy sleutel-ministeriële posisies beklee het (minister van openbare ondernemings en minister van finansies).

Sy het in Desember in ʼn televisie-onderhoud met eNCA haar siening oor haar vervreemde man gedeel. Sy het aangevoer Gigaba het gereeld die Guptas se berugte Saxonwold-tuiste besoek en kontant geskenk gekry van die Guptas in ruil vir regeringsverwante gunste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Wat is die doel van die Zondo-kommissie? Wat word beoog daarmee?

Genis ·

Om kamstig te wys hulle is erenstig oor korrupsie… Spandeer n biljoen om n biljoen terug te kry?

Johanncb ·

Hier sien ek klaar ‘n klompie donker geheime wat gaan uitkom!

Kokerboom ·

Goed so..laat die geraamtes uitkom. Die dame het ook natuurluk lekker gedeel in die vette!!!

Estelle ·

Hell has no fury like a woman scorned!! Mnr. Gigaba gaan nie lig hiervan afkom nie. Hy wou mos fotos aanstuur aan sy beminde, hy gaan boet!

Aai ·

Gigaba sy het lekker saam gelewe maar nou dat jy haar fonteintjie laat opdroog het gaan sy jou in die tronk sit.

Genis ·

Dalk n gesensorde sessie met al sy kaal video’s? Hulle is so deursigtig, eweskielik blink duur karre… Kaal vrouens, duur drank en klere… dan weet jy….

Jakes ·

Jammer dat elke ANC LPs se vrouens nie kan getuig voor die Zondo kommisie nie want dan sou dit die beste sepie ooit wees. Dit is welbekend dat vroue nooit n man se foute vergeet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.