Gigaba skuldig, maar geen straf aanbeveel

Malusi Gigaba. Foto: ANA

Die oudminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het die wet oortree toe hy burgerskap aan die omstrede sakefamilie, die Guptas, versoek en sommer self toegestaan het, maar geen straf of optrede word deur sy kamerade in die ANC teen hom voorgestel nie.

Dit is die samevatting van ʼn lang verslag oor moontlike staatskaping en ander onwettige optrede betreffend die Gupta-burgerskapsage wat vandag in die parlement ter tafel gelê is.

Ter sprake is die toestaan van Suid-Afrikaanse burgerskap aan Ajay Gupta, sy vrou, ma, twee seuns en nog sewe familielede.

Aanvanklik het die departement van binnelandse sake korrek opgetree en die aansoeke om burgerskap afgewys, lui die parlementêre verslag.

Toe het Gigaba – nadat die Guptas aan hom geskryf het – ʼn persoonlike versoek gerig, ondersteun deur die direkteur-generaal van binnelandse sake en die adjunk-direkteur-generaal, dat burgerskap toegestaan moet word.

Binne net drie dae het Gigaba sy eie versoek “weens buitengewone omstandighede” toegestaan en al die Guptas buiten Ajay (wat verkies het om sy Indiese burgerskap te behou) was – heel wederregtelik – Suid-Afrikaanse burgers.

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Deel van die redes wat verkeerdelik as “buitengewone omstandighede” aangevoer is, is skoolverbeteringsprojekte, veral in Noordwes, waarvan sommige gebeur het en ander oor gelieg is, en werkgeleenthede wat die Guptas glo in Suid-Afrika sou skep.

ʼn Hegte en onprofessionele verhouding het toe tussen sommige Gupta-werknemers en sommige amptenare van die departement van binnelandse sake ontstaan, wat onder meer tot die onwettige uitreiking van werkvisums gelei het.

Die komitee bevind onomwonde dat Gigaba “buitengewone omstandighede” vir die toestaan van Gupta-burgerskap aangevoer het, en sommer self besluit het wat “buitengewone omstandighede” is, ondanks hofuitsprake in hierdie verband.

Dit ly dus geen twyfel dat die Guptas se burgerskapaansoek onbehoorlik bespoedig en die wet oortree is nie. Die komitee se bevindings is onomstootlik dat Gigaba verkeerd opgetree het, asook ʼn hele reeks amptenare van die departement van binnelandse sake.

As aanbevelings word geen optrede teen Gigaba egter genoem nie. Die enigste opvolgstappe is dat die Burgerskapwet strenger gemaak moet word, asook dat strafregtelike klagte teen die Guptas en van hul amptenare ingedien en die saak na die Zondo-kommissie oor staatskaping verwys moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Naomi Berger ·

Wat stel hom bo die gereg.
Wie het hy by die kort hare beet.
Hy moet ook gestraf word.

Stripes ·

Korrup….die hele blerrie spul. As gigaba nie so vol van homself was nie sou die guptas nie die staatskaping so maklik kon uitvoer nie en wat is sy straf?????? Niks, net seker ‘n paar miljoen in die sak vir dienste gelewer.

Johann cb ·

Hy kom weg sonder straf! Wonderlike nuus vir al die ander hooggeplaaste, korrupte amptenare! Kyk net hoe dit met Eskom gaan! Wie gaan vervolg word? Of is dit wie gaan vrygespreek word?

Jeremia ·

Ag, ek is só verskriklik verras.
Het kinderlik naïef geglo aan die tandemuis en Kersvader – dat die hele ou korrupte spul aan die pen sal ry. En toe skille van my onskuldige ogies afval toe weet ek as een durf waag om straf uit te deel dan gaan die poppe dans.

Irma ·

Natuurlik !!!! Dis ‘n maatjie en met maatjies werk hulle mooi. Die van ons wat ons verbeel hulle is veronderstel om maatjies te straf maak ‘n fout. Afrika se reëls werk heeltemal anders. Dit wil my voorkom of 1e wêreld ontwikkeling en standaarde in die derde wêreld net geld waar hulle die duitse motor ontwikkeling kan aanskaf.

Frikkie Geld en huis ·

God slaap verseker nie en die manne sal dit nog uitvind.

koos ·

Nou wie het die guts om kriminele klagte te lê? ANC, DA, EFF, VF+? Kom ons wag en sien.

Francois in NZ ·

Ek is seker dit is n saak wat in die kraal van Gerrie Nel en Sakeliga val. Ek sal die nuus dop hou en sien of my skenkings en lede geld nog n verskil maak. Kom manne sit julle geld waar julle opinie is en ondersteun Sakeliga en Solidariteit.

Nugter ·

Hulle sal nie vir gigaba opsluit nie, want as hulle hom opsluit moet al die ministers opgesluit word, want almal is korrup. So daar sal niks van al die gemors kom nie.

Alma ·

Vir sy straf gaan hy n ministers pos kry na die verkiesing…

Gert Nortje ·

Absoluut korrup Word net erger en erger en n President met al sy kommisie en lee praatjies

Gert van Wierdapark ·

Hoe kon hy dan die hegte Gupta gabbas se gesinsbande opbreek deur nie hul burgerskap versoeke te “fast trek” nie……A nee A.! Hy was sekerlik bewus wat dit vir hom sou inhou! Hoe de swernoot moet ons redelike burgers dan nou verwag het dat die gegroomde Gigaba deur die a en see in die buitenste duister gewerp sou word (soos wat Eishkom met SA doen)? Logika en “common sense” staan lynreg teenoor irrasionaliteit en “corrupt sense” op die pad van ‘n kwarteeu se April fools bestuur!

Francois in NZ ·

Ek is seker dit is n saak wat in die kraal van Gerrie Nel en Sakeliga val. Ek sal die nuus dop hou en sien of my skenkings en lede geld nog n verskil maak. Kom manne sit julle geld waar julle opinie is en ondersteun Sakeliga en Solidariteit.

Wilma ·

Anc se kaders is bo wet verhewe. Zuma sal.ok skotvry wegstap. Zondo komm is geld mors

Alida ·

Goeie genugtig.
Hy is mos nou skuldig aan wanpraktyk
Die ANC moet onmiddelik die nnaam GIGABA van hulle lys verwyder.
Kan hom mos nie weer minister maak nie.

SjN ·

Die man het persoonlik die aanvaardigings gaan aflewer namens Zuma en sy seun

Hanna Hoekom ·

“Buitengewone omstandighede” kan ook as “Zuma-se-invloed” verstaan word? Ek dink nogals so.

fred ·

na die eerste groep “gravytrainers”, soos Sexwale,Ramophosa,ens kom nou die tweede groep met hierdie Gigaba,Manyi,ens….en daar is nog baie van hulle wat in die tou staan vir hulle BMW X5,Range Rovers en mansions in golf estates….onbekwaam en skaamteloos…n resipie vir totale vernieling

Emma ·

Die een so korrup nes die ander seker te grend om aangekla en toegesluit te word. Die anc gaan niks aan hulle doen nie want dan moet hulle almal laat opsluit.

Antjie ·

Ek sê lankal: Hierdie kommettees op kommittees is die openlikste toekrap waarvan ek nóg gehoor het! Hoekom? Dit gee aanleiding tot ʼn persgedrewe verhoor, waaroor almal jammer gekry moet word.
Die NVG kan dalk optree, maar wil nie op die advokaat voorsitter se tone trap nie.
As daar al ooit iets was wat ons by die VN kon aangee, die Internasionale Strafhof, en selfs by westerse én ander staatshoofde, is dit dít! Sommer nóú, want die skelms dink mos kiesers is skape!

honourable member ·

Wat n grap, Hy weet seker weer iets van hulle. So dis maar n gunsie vir n gunsie.

George in Bloem ·

Baie geluk aan Gigaba wat hierdie ANC toets met lof geslaag het en nou ‘n baie welkome bevordering met gepaardgaande vet verhoging te wagte kan wees. VIVA!! Die klomp narre met hulle manewales is genoeg om enige mens naar te maak.

JohanL ·

Die ANC is soooooo voorspelbaar – geweet Gigaba sal nie gestraf word nie. Die kriminele “gene” is maar net in die ANC. Kom al van hul dae in ballingskap af.

DeVill ·

Beste Mnr. Ace Magashule.

Gigaba is nou al skuldig bevind dat hy gelieg het onder eed en nou weer dan hy die wet oortree het met die burgerskap toekenning aan die Guptas.

Is hierdie nou al genoeg rede om hom van die lys te verwyder?

LHS ·

En………..wat is nuut ? Hoekom kan of wil mense steeds glo en dink in terme van Westerse standaarde, waardes, beginsels en norms. Daar is niks of niemand wat enige Afrika regering of diktator kan keer of stuit om te doen net wat hulle wil nie. Skreeu en kerm gaan absoluut niks verander of beter maak nie. Ons is nog instaat om so hier en daar n ou walletjie te gooi maar mettertyd breek dit ook. Ons is totaal en al uitgelewer aan n swart Afrika regering soos in alle ander Afrika lande.

fred ·

LHS: jy is heeltemaal reg, dit is twee verskillende met elkaar botsende kulture …westerse klere en karre gaan daar niks aan verander nie….dit is hier Afrika en ons moet maar probeer om daarmee saam te lewe….hoe moeilik dit vir ons ook is….jammer dat ons blankes die gelag hiervoor moet betaal en niks terugkry nie…..ek is in Europa groot geword en na 40 jaar hier ,erg ek my nog altyd oor die gemors wat oorals rond gegooi ,en dan praat ons nog nie eens van al die korrupsie en wetteloosheid nie….

ne ·

Is dit ‘n April grappie so vroegtydig? Gigaba maak van alles wat hy aanraak ‘n gemors. Selfs sy party glo aan hom soos ek my Bybel glo.

Foxi ·

Ag nee Maroela…..waar is my geeloog kommentaar dan nou? Dit was mos nou nie so erg nie.??

Andre ·

Jakkals verander nooit van streek nie.
Wie met gesonde vestand sal die man ooit kan vertrou ?
Geen een van die staatskaping skurke sal enigiets oorkom nie omdat daar alreeds ‘n president geskep is.

alida ·

O sies ek dog hierdie man se gesit sal nooit weer in ‘n koerant pryk nie. Geen skaamte nie. Dikvellig.

Maria Botha ·

Dit is vragtig ‘n skande hoe kan hy nie gestraf word nie dit wat hy gedoen het is nie wettig nie en hy moet eindelik tronk toe gaan vir die mistap hoop die regstelsel in SA werk nog want anders weet ek nie.
Mr Nel hier is een vir jou

Joon ·

What a luck. As ek hy was, sou ek net so bly gewees het. Gun hom dit, die lewe is kort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.