Gigaba ‘te siek’ om te sê of hy oor Guptas gejok het

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

LP’s het Woensdag Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, ʼn “patologiese leuenaar” genoem nadat hy versuim het om in die nasionale vergadering te verskyn en vrae te beantwoord oor die burgerskapstatus van die omstrede Gupta-familie.

Speaker Baleka Mbete het ʼn brief van Gigaba se kantoor voorgehou en gesê hy “moes na die dokter jaag” en kon daarom nie die vraag-en-antwoordsessie vir ministers bywoon nie.

Maroela Media het vroeër berig Gigaba het Dinsdag ontken dat Ajay en Atul Gupta Suid-Afrikaanse burgerskap ontvang het. Ajay en Atul is twee van drie Indiër broers wat na bewering miljarde uit staatskontrakte verdien het danksy hul vriendskap met oudpres. Jacob Zuma en sy familie.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Woensdag bevestig dat Atul Gupta geregistreer is om in die land te stem – wat beteken dat hy oor ʼn Suid-Afrikaanse identiteitsnommer beskik en inderdaad ʼn burger is.

“Minister Gigaba is ʼn patologiese leuenaar,” het EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi Woensdag gesê. Hy bevraagteken die minister se beskikbaarheid om oor die saak gepols te word.

Speaker Baleka Mbete het daarop aangedring dat Ndlozi die uitlating terugtrek. Ndlozi het egter geweier en is uit die vergadering geskop.

“As jy sulke leuenaars gaan beskerm, dan gaan jy in ernstige moeilikheid kom,” het EFF-hoofsweep Floyd Shivambu gewaarsku.

Shivambu is daarna ook uit die vergadering geskop.

Die DA het voorgestel dat die vrae aan Gigaba uitgestel word sodat hy voor LP’s kan verskyn en aanspreeklik gehou kan word vir bewerings dat hy gejok het oor die Guptas se burgerskap.

Die ANC het ingestem dat die vrae uitgestel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan ·

Genade, tref die Polonie plaag die mense sodra hulle vrae moet beantwoord – eers SAL se Dudu en nou Gigaba.
Ek vra maar net

Piet Snot ·

My maag sou ook gewerk het as ek sulke vrae moes beantwoord (en sulke swak verduidelikings had).

Alida ·

Gerieflikheids siektes. En almal glo hulle. Hulle eet nie polonie nie te grand vir dit.

ferdi ·

Hy loop met snyerspakklere rond bly in duurste hotelle en sy vrou sy mense ly honger hy gee ni om ni hy eet homself blink skande

Alida ·

CR het hom met n doel teruggesit briljante skuif! Nou moet hy verduidelik watse bollie hy en Zuma aangejaag het. Goeie manier om van al die korruptes ontslae te raak. Mooi mnr Ramaphosa! En nou is hy “siek” boĺlie man.

Anti Crime ·

Sommer so skielik siek geword
Seker benoude maagwerkings!
Want dis seker nie die polony nie

Oom Kalahari ·

Mnr Gigaba, as jy so ‘n vraag sessie moet bywoon en is bewus waaroor dit gaan, dan ontwikkel jy baie gou ‘n gewentens koors en vergeet agtige virus. Die beste is antw maar eerlik dan hoef jy nie ‘n leuen diploma te bekom om tyd te speel en dit te studeer nie. Sterkte ou maat….Julius en bende soek geld.

hendrik ·

“huhu nee wassie ekkie.” of “Ek sal more vir juffrou n briefie bring dat ek siek was”

marous ·

Sooibrand en koue koors en glad nie slaap nie en bewe en naar is sleg en as jou stem wegraak en jou geheue ook dan is dit nog erger. Wonder wat is diagnose vir hom en doedoedoedoe.

E.K. die eerste ·

Het seker ook die Shaik virus opgedoen – dis lyk my ‘n siekte wat heelwat regeringsamptenare wat lieg kan oorkom!

LOSKOP ·

Dit is die een kommisie op die ander , die een vrae sessie op die ander , mense word skuldig bevind , maar nerens lees of sien jy op die nuus een van hierdie skuldiges word toegesluit nie.
C R is ook te bang om sy stem dik te maak en hulle te laat aankla. Met die huidige stand van sake sal CR nooit die korrupte elemente totaal kan verwyder nie

Alida ·

Liegsiekte dis wat hulle het. Nou begin die poppe dans en hulle is “siek” Fooitog wie glo die snert tog.

Clem ·

Ek dink nie daar is ‘n goeie Afrikaanse term vir “selective memory” nie want ons Afrikaanse mense is te eerlik daarvoor, uitgesluit sekere regeringsamptenare van die vorige regime natuurlik. Maar, Gigaba, ‘n lewenslessie, as jy nie weet nie dan lieg jy nie, dit het ‘n manier om die kattesbessies te kom uithap…… Lekkerlieg of grootlieg is hoe van die beste leuenaars bekend staan…. Gigaba = Grootlieg??

Boer is nie vir sissies ·

En CR wil grond gee vir sy ministers wat so vinnig siek raak as hulle gevra word om te getuig? Hoe sal sulke softies ooit kan boer? Kry eers die misdaad, korrupsie en wanbestuur van die regering in orde voor julle wil onderhandel oor grond.

Alida ·

Ek stem !! Maak eers die huis skoon en vernietig al die insekte daarin voor daar oor enigiets anders onderhandel kan word.

Penellope Jones ·

Ek sal ook siek word as ek willens en wetens mense so om die bos lei en dan nog daaroor ook nog kluitjies bak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.