Gigaba versoek Zwane om reaksie oor Mynbou-handves te hanteer

Argieffoto

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Donderdag erken dat die nuwe Mynbou-handves kritiek uitgelok het en hy het gesê hy hoop dit sal nie die ekonomie verder laat verswak nie.

Hy het Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, versoek om dringend met die bedryf te vergader en hy het gesê die nasionale tesourie sal ook deel wees van die gesprekke.

“Dit is noodsaaklik om die mynboubeleid af te handel om beleggings te verseker,” het hy tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê. “Ons verwelkom die bekendstelling van die Mynbou-handves, maar ons merk dat daar ʼn reaksie in die mark is. Daar is ʼn aantal reaksies en besware.”

Die nuwe handves verhoog die vereiste swart eienaarskap van maatskappye, wat nuwe mynregte wil bekom, tot 30% met stemreg. Die Kamer van Mynwese het gedreig om ʼn interdik te bekom teen die implementering van die beleid en gesê die teikens is nie haalbaar nie en hulle vrees kapitale onttrekking.

Gigaba het die perskonferensie gereël om aan te kondig dat ministers in die ekonomie oor twee weke sal vergader om ʼn strategie saam te stel om die plaaslike ekonomie te red ná bevestiging dat ʼn resessie op hande is met verdere kredietafgraderings.

Gigaba het gesê pres. Jacob Zuma het Woensdagaand sleutelministers bymekaar geroep om die krisis in die ekonomie te bespreek. Zwane het ook dié vergadering bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Als deel van verdere verGRYPE van wat oor is in SA!!!!! ZUMA en sy ZUMAIKIES is laaaaaaaank nog nie klaar met hulle selfbemagtigde staats kaste leegdra nie. Hulle kom dan bloots daarmee weg sovêr so hoekom sal hulle stop? Soos verslaafdes wat nie kan wag vir n volgende “high” nie!

Johannes van Staden ·

NOG n bewys dat hulle net dink aan hulle eie politiese belange en nie eers besef wat die gevolge of moontlike kretiek sou wees nie …verwys maar terug na n onbekwame onkundige geguptifeerde nul en sien wat gebeur …dis 11H45 en die mense speel nogsteeds met ons almal se toekoms !

Johann Marx ·

Hoe kan hierdie persoon sê hy “hoop nie dit sal die ekonomie verder laat verswak nie”? Die skade is gedoen. Het hy nie gesien wat op die markte gebeur direk na die “aankondiging” nie? Ek was onder die indruk hy is die minister van finansies? Wat het Minister Zwane laat dink dat sy aankondiging enigsens ‘n positiewe reaksie in die ekonomie tot gevolg sou hê? Sou jy in ‘n land belê waar jy op enige gegewe oomblik kan hoor jy SAL 30% van als wat jy voor gewerk het binne 6 maande aan iemand anders moet GEE……ongeag of hulle dit verdien of nie? As jy in so ‘n opset wil belê….verdien jy om jou belegging te verloor…

Annette Stander ·

Nog ‘n chaotiese gemors van die ANC! Dit hou net nie op nie!

Eish ·

Twee van my onderwyserese van jare terug se idiome kom dadelik op :
Dis mosterd na die maal
because
You must look before you leap!

marous ·

Giggel die gabba en sy heerser lekker saam oor die fiaskos…

Rudolph van Niekerk ·

Vandag 30%, môre 50%, Oormôre 100%. Wie kan BEE keer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.