Gigaba weet verlede week al van afgradering

Malusi Gigaba, minister van finansies

Malusi Gigaba, die nuwe minister van finansies, het bekendgemaak dat hy al Vrydag geweet het dat Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus afgegradeer gaan word.

Malusi het Vrydag as minister van finansies begin nadat pres. Jacob Zuma in die vroeë oggendure sy kabinet geskommel het en vir Pravin Gordhan die trekpas gegee het.

“Ek het Saterdag aangedui dat ek met Moody’s en Fitch gesels het. Ek het nie van S&P (die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s) melding gemaak nie, want hulle het reeds hul besluit geneem. Hulle het ons ten minste ingelig daarvan. Toe ek Vrydag hier aankom, was hul besluit reeds geneem. Ons het dus nie gedink dis nodig om met hulle te praat nie omdat ons nie hulle besluit kan omkeer nie. Ons sal wel in die toekoms met hulle gesels,” het Gigaba gesê.

“Die rede hoekom ek julle nie laat weet het nie, is omdat S&P my in hul vertoue geneem het en ek wou dit nie minag nie. Ek hoop julle verstaan dit; ek dink dis net ʼn saak van integriteit. Dit mag dalk nie die beste uitkoms wees nie, maar ek dink dit werk.”

Gigaba het gesê hy is van plan om ʼn groep afgevaardigdes, insluitend sakemanne en ander aandeelhouers, na die internasionale graderingsagentskappe te neem vir samesprekings.

“Ons erken gister se aankondiging is ‘n terugslag. Ten spyte van ons huidige uitdagings is dit nie nou die tyd om moedeloos te raak nie. Ons het baie sterkpunte wat ons kan benut om ons ekonomie inklusief te groei. As die regering sal ons beslissend optree in samewerking met al die ekonomiese en maatskaplike vennote.”

Gigaba het Dinsdagoggend met Gordhan vergader voordat hy die media toegespreek het. “Ons moet ons vertrouevlakke behou. Die Suid-Afrikaanse ekonomie is sterk, ons instellings is sterk en ons basiese makro-ekonomiese beginsels is ook sterk. Die kommer is oor politieke risiko’s en onsekerheid oor beleid. Ek sê nie dis maklik om ‘n gradering te verander nie, maar ek dink ons kan die politieke- en beleidsrisiko’s wat deur S&P en Moody’s uitgelig is, bestuur. Ek bly vol vertroue,” het Gigaga gesê.

Moody’s het intussen bekendgemaak dat hy Suid-Afrika se kredietgradering gaan hersien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Frik ·

Hy beter ‘n klomp ervare mense met kennis saamneem, want hy gaan beslis nie weet waarvan die mense praat nie. Los nog maar verstaan en ingeligte kommentaar/bydrae lewer. Sal seker in sy SAL uniform gaan?

Drakensberger ·

Hoe hap die muishond bubbles. Hy moes goed ‘back track’ om dit te laat lyk of die hele petalje PG se skuld was. Ons sien deur hom en JZ se plannetjies – ons is nie onnosel nie!

CHRISTA ·

Waarmee wil hy die ekonomie sterk laat groei? Zupta kompos?

Lize ·

Moody’s se oorweging om die statis te hersien vertel vir my daar is weer net ‘n gekonkel.

Leon ·

Ek wonder nou net hoekom is dit nie Vrydag al bekend gemaak is aan die publiek nie of is dit weer om dink aan die volgende snert om kwyt te raak hoekom erken elke een nie sy foute en herstel dit so gou as moontlik maar daar is baie ander gevalke wat nou na vore gaan kom wag en kyk is nou al wat ons kan doen want almal het nou een of ander storie om sy pakslae vry te spring maar ek dink daardie dae is verby

lw ·

Die meneer en sy handlangers is patologiese leuenaars. Geen integriteit nie.

WitBlits ·

Deur net logika te gebruik was dit Vrydagoggend ‘n gegewe dat die graderingsagentskappe SA sou afgradeer. Hulle het einde Nov 2016 na die laaste gradering gewaarsku dat politiese stabiliteit ‘n sleutelrol sou speel in toekomstige evaluerings en Numba1 het net geen agting gehad of waarde geheg aan die waarskuwings. Boontjie kry sy loontjie of in Engels “spitefull people spite themselves”!

Rabes ·

Malusi, ek glo nie jy het enige kennis van finansies nie, want hoe kan jy beweer die land se ekonomie is sterk. Is jy van lotjie getik?

t ·

Daar is nog geld in die beursie. So die onsigbare masjien wat daai geld insit werk nog. Ekonomie is dus sterk. Gigaba, wat van môre? Eish! môre hy kom nog, moenie worry nie.

André Swanepoel ·

Onervare. Probeer nog leer by sy nuwe tydelike meester hoe om iets verkeerd/winsgewend vir sy meester te doen… tydelik, tot die nuwe Gubta deal geteken is

Bullseye ·

Die kredietagentskappe gaan nie vir lank met windeiers gefop kan word.nie..hul sal gou deur die rookskerms sien

Jors Troelie ·

Hy het seker al vrydag geweet sy brein het rommelstatus bereik.

snoefie ·

hulle het seker gedink hulle kommunikeer met PG wie nie onder dekking van duisternis rondkruip nie. hy het integriteit.

Willie ·

Die groot klomp negatiewe kommentare oor die gebed byeenkoms is vir my ‘n openbaring hoe ver baie van ons van God afgedwaal het. Dit is juis deur sulke sienings dat God Israel aan die vyand oorgegee het om onderdruk te word. Klink dit bekend? Ons sal liewer ons afgode dien – rugby, musiek kunstenaars, politieke partye. Toe die jong manne ‘n Elija gespot het, het God bere gestuur om hulle te verskeur. Dis nog steeds dieselfde God, hy verander nooit. Gelukkig sal die geskiedenis bewys wie reg was.

Gatvol ·

Hoeveel leuens gaan ons nog vertel word? Dink hy rêrig ons is op sy vlak om alles te glo wat hy lieg, hy gaan nog groot verrassing kry!! Adder, nes sy sogenaamde baas, voëls van eenderse vere.

SARIE VAN HEERDEN ·

Gigaba beweer hy het niks met Guptas te doen en het net funksies by hul bygewoon. Ek word genooi na funsies agv my bekendheid aan hulle en ………………… darem so bietjie eensgesind ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.