Gigaba weier om te bedank

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: ANA

Malusi Gigaba, die beleërde minister van binnelandse sake, sê hy sal net bedank as pres. Cyril Ramaphosa vra hy moet.

“Ek gaan nie bedank nie,” het Gigaba die naweek in ʼn eksklusiewe onderhoud met eNCA gesê, “maar ek sal my natuurlik laat lei deur my organisasie, die African National Congress, en ek sal dien solank die president wil hê ek moet.”

Hy het onder meer gepraat oor die konstitusionele hof se beslissing dat hy nie mag appelleer nie teen ʼn hofbeslissing dat hy in die Fireblade-saak in die hooggeregshof onder eed gelieg het.

Gigaba het gesê hy en Ramaphosa ontmoet mekaar binnekort sodat hy sy weergawe van die Fireblade-saak kan stel, “want ek is nog nooit kans gegun om my kant van die storie te stel nie”. Hy het die naweek aan die Sunday Times gesê dis die Oppenheimers wat lieg, nie hy nie.

Die minister beweer nou strydig met hofbeslissings en die verslag van die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het hy nooit goedkeuring gegee vir die inrigting van die Oppenheimers se Fireblade-terminaal op die OR Tambo- internasionale lughawe vir baie belangrike en baie, baie belangrike gaste nie.

Ál meer stemme klink op wat Gigaba se bedanking eis. Die afgelope week het ʼn seksvideo wat hy kwansuis aan sy vrou wou stuur, in die sosiale media opgeduik. Hy het beweer kuberkrakers met politieke bymotiewe het toegang tot sy foon gekry en die video gebruik om hom af te pers.

Intussen wil die nasionale tesourie ondersoek instel na sy rol in die Transnet-lokomotieftransaksie wat glo beplan is om die Gupta-familie finansieel te bevoordeel.

Gigaba was ʼn jaar lank minister van finansies onder oudpres. Jacob Zuma, maar in Februarie vanjaar het Ramaphosa hom met sy bewindsaanvaarding minister van binnelandse sake gemaak.

Hy het aan eNCA gesê hy veg om sy integriteit te beskerm “en om my beeld te beskerm en seker te maak dat ek nie die slagoffer van onderduimse politieke veldtogte word nie”.

Volgens hom is die seksvideo deur politieke teenstanders uitgelek. In ʼn onderhoud dié naweek met die SAUK het hy gesê hy en sy vrou het “niks om ons oor te skaam nie”, want die video se bekendmaking was “bedoel om my polities te onthoof, om my en my gesin in die openbaar te verneder en die ANC in die skande te steek”.

Die openbare beskermer het aanbeveel dat stappe teen Gigaba gedoen word omdat hy onder eed gejok het, maar in die onderhoud met eNCA het hy meermale ontken dat sy getuienis onwaar was.

Hy het gesê dit voel asof hy gebuk gaan onder ʼn “sneeustorting van druk” wat alles polities gemotiveer is en wat hom wil skets “as iemand wat nie geskik is om ʼn openbare amp te beklee nie, sonder dat ek ʼn regverdige kans gekry het om my kant van die saak te stel en sonder dat daar na my geluister word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ben ·

Hierdie man het onder eed gejok. Die ander sake is van onbelang. Hoe kan die publiek hom ooit vertrou?

Salamander ·

Jok is iets wat kinders soms doen. Hierdie ou lieg soos ‘n tandetrekker.

Hoe nou....... ·

Hy wil net sy weergawe van die waarheid aan CR gaan oordra.

SjN ·

Hy sal natuurlik klou soos n neut, hoop CR steek hom in die pad.

Nel ·

As hy klou soos ‘n ‘neut’ sal dit maklik wees om hom te lig, maar om te klou soos ‘n neet is ‘n ander storie.

Dream on ·

Die man is soos die spreekwoorselike bad penny. As cr hom nou afdank, duik hy na die verkiesing net weer op as adjunk minister. Hoekom wil cr nie van al diesulkes ontslae raak nie? David mabuza is dan sommer adj pres, is hy nie

ANONIEM ·

Ja nee raak onslae van al hierdie kriminele wat ons eens mooi land so opvoeter, sluit hom sommer toe en gooi weg die sleuetel leunaar.

Oujongvrou ·

Hy moet bly wees hy kry die opsie om te bedank. Sodoende behou hy sy pensioen. Hulle moet hom afdank. Maar wie sal nou ook wil bedank as jy groot salaris kry en vry toegang het tot korrupsie en scooping uit staatskas.

Asmain ·

Hy kan nie bekostig om te bedank nie, dan kom die soustrein tot stilstand! Nou stoom hy maar voort op belastingbetalers se geld!

Genieve ·

Maar dan het CR geen ander keuse nie want hyt onder eed gelieg.

Frans C ·

Die hof het bevind dat hy onder eed gelieg het.Hy sê hy het nie gelieg nie en beweer dus dat die hofbevinding verkeerd is.

koos1 ·

Frans, nie een hof nie, DRIE, plus nog die OB wat dit ook bevind het.
Nene word uitgevang en bedank, Pallo Jordan word uitgevang en bedank.
Moenie van die misbruik van sy staatskredietkaart vergeet nie.
En nou is almal behalwe hy verkeerd!
Hy word skuldig bevind en klou vas. Tipiese Jacob Zuma mentaliteit!
Cyril, hierdie ou is ‘n skande vir jou party en regering.

Penellope Jones ·

Seker omdat hy erg skuldig voel en nou vasklou aan sy “job”.
Sou hy bedank is dit dalk ‘n teken van erkenning en dit is mos nie eintlik iets wat die ANC aan glo nie. . . . . .

Maar, ”verkeerd bly verkeerd, al Doen almal dit.
Reg is reg, selfs al doen Niemand dit nie.”

Koos ·

Drie howe het hom skuldig bevind – en hy sê steeds hy het nie kans gehad om sy saak te stel nie? Ek dog altyd beskuldigdes kry JUIS in ‘n hof die geleentheid om hulle saak te stel?

At Dippenaar ·

Gigaba, niemand hoef jou in die openbaar te verneder nie – dit doen jy sommer self (En gaan dan tekere soos ‘n stout verontregte kind).
Pak jou snyerspakkies en skerppuntskoentjies, en laat jy gaan. Jy kan nie vertrou of gegloo word nie!
Jy is ‘n verleentheid vir alle Suid-Afrikaners!!

Callie ·

Kom nou. Hoekom eis julle sy bedanking. Hoe kan iemand vra Ramaphosa moet hom afdank. Ramaphosa lieg op internationale tv oor plaasmoorde. Hoe kan hy dan verwag sy onderdane moet nie lieg nie. Word wakker SA. Nie een van hulle het meer integriteit nie

Johann cb ·

Ai, foeitog, julle kan mos nie die arme man se kos uit sy mond neem nie! Waarvan gaan hulle leef sonder inkomste? Shame tog…

Snowball ·

As jy in ‘n hoek is, of met jou rug teen die muur, of omsingel. Onder groot druk. ‘Beleaguered’ in Engels.

Linda ·

Breaking news…..Home Affairs minister Malusi Gigaba’s sex tape is one of the trending searches on global porn-site PornHub.
Five of the top-ten searches featured Gigaba.
It has been watched over 23,000 times, with a negative rating of 40%. ……

Anoniem ·

Vir één keer is ons in ‘n wen-wen situasie: as die Prez vir Gigaba die deur wys, is ons ontslae van die laventelhaan, hy is sy pensioen kwyt en Zuma verloor ‘n kader in ‘n strategiese posisie. As die Prez hom nié onslaan nie, lyk dit sleg vir die ANC in die aanloop tot die verkiesings. Die Prez en die ANC het mos hoeka belowe om “sterk op te tree teen korrupsie en dit uit roei”.

honourable member ·

As hy moet bedank oor lieg gaan die hele regering moet bedank.

Henk ·

Ek sien na die gelekte eskom verslag trek gigaba toutjies dat die sweet spat om homself uit die tronk te hou

Stella Berning ·

Sy edele het seker ook die pinocchio storie gehoor. Hy vergeet daar is bewyse gelewer niemand hoef aan hom te verduidelik nie. Doen nou maar die eerbare ding , vra weer askies en gaan.

Johanna Botha ·

Almal is verkeerd en smee n komplot … dom drommel !

Schalk.W.J Hoon ·

Gigaba is ‘n gesoute kader wat weet as jy n’ leuen oor en oor vertel, aanvaar baie dit later as die waarheid. Hy is lank reeds n’ verleentheid vir die regering. Raak ontslae van die man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.