Gigaba wil OBK sien oor pensioengeld-bewerings

Malusi Gigaba. Foto: Flickr/GovernmentZA

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Maandag bewerings ontken dat hy fondse van die Openbare Beleggerskorporasie (OBK) wil gebruik om sukkelende staatsondernemings uit finansiële moeilikheid te help.

Daar is verlede week berig dat die nasionale tesourie na bewering oorweeg om die OBK, wat staatsbeamptes se pensioenfondse bestuur, te gebruik om onder meer ʼn reddingsboei vir SAL te gee. “Geen formele of informele versoek vir fondse is aan die OBK gestuur nie,” het Gigaba in ʼn verklaring gesê in reaksie op die berigte.

“Die minister vind hierdie berigte kwaadwillig en onkonstruktief. Sulke onwaar berigte lei die aandag af van dit wat belangrik is – om ʼn langtermynoplossing te vind om te verseker dat staatsentiteite voortgaan om tot ons ekonomiese ontwikkeling by te dra sonder om ʼn las op die fiskus te wees.”

Die verklaring lui verder dat Gigaba ʼn dringende vergadering met die raad van die OBK versoek het. Verdere inligting oor die vergadering sal later bekendgemaak word.

Die DA se Alf Lees het die afgelope naweek gesê indien bewerings waar is dat Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad, die OBK vir R6 miljard gevra het om die beleërde SAL te red, is dit net nog ʼn rede hoekom Myeni uit haar posisie verwyder moet word.

“Gigaba is heeltemal verkeerd. Die teenwoordigheid van me. Dudu Myeni op die raad van SAL, wat nog te sê in die posisie van voorsitter, is nie ʼn wettige vereiste nie en ook nie weloorwoë nie. Dit is gewoon irrasioneel en uiters onverantwoordelik van Gigaba om Myeni om tegniese redes op die SAL-raad te hou,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Ja Gigaba…en my ouma is n 103 jaar oue windsurfer! ANC LEGACY: LIEG SOOS PSIGOPATE as deel van die ZUPTOPIA koningkryk. As die ANC ooit sy GAT wil sien moet julle van die staatsdiens se aftree goudmynkie steel! Maar DUDU nog verder. Iemand skuld iemamd BAIE. ANARGIE STAAT.

John ·

Afrika glo as niemand iets weet nie, is alles ok… moet dus net nie uitgevang word nie. Dalk ook vandaar dat die lekplekke vandag toegestop moes word. Wat van ander pensioenfondse wat ook deur vreemdes bestuur word… Stel ondersoek in…

Ander Annie ·

Die pronkertjie loop op dun ys. Hy moet onthou die se geld in die Pensioenfonds gehou word. Wat Myeni aanbetref, die Madame het mos gesê sy sal daar wees tot Zuma se laaste dag. Die pronkertjie spring soos die toutjies getrek word.

Jacques Venter ·

Staats beheerde maatskappye skuld miljarde rande wat Gigaba iewers moet kry. Vir hom is die staatsdiens pensioene soos die spreekwoordelike “sitting duck”

Hoekom glo ek hom nie as hy sê dat hy nie die staats pensioene gaan gryp nie?

Blits ·

Ons weet almal weet he die ANC lieg om elke draai, die selfde storie is gespin met Pravin Gordhan waar dit ontken was dat hulle hom sou verwyder, en toe gebeur dit. net so is die storie ook nonsens, Gigaba het 2 weke terug gesê dat hulle daarna kyk om geld van die pensieon van die staat te gebruik om SAAsinkgat te help.

dis net nog n lieg storie en hulle dink wraggies ons is onosel om hulle crap te glo.
Gigaba is ZUMA handlanger, hy doen wat Zuma sê en stel nie belang oor wat die beste vir Suid Afrika se mense is nie net vir Zuma

Jos ·

So waar Blits. Net sy woorde dat hulle langtermynoplossings moet vind vir staatsentiteite bewys dit. Sy dade en woorde kom nie bymekaar uit nie. Die antwoord is vir hom gegee, vervang bv. die SAL raad met een wat die maatskappy winsgewend kan bedryf, maar nee, dit will Myeni aanhou en haar meer geld gee om te wanbestuur.

Anoniem ·

Jaaa, Gigaba, Julle staatsentiteite IS ‘n LAS op die land se ekonomiese ontwikkeling. As ek ‘n staatspensioen gehad het, het ek dit onttrek.

marous ·

Doen onafhanklike forensiese audit. As daar een sent weg is moet hy bedank saam met al sy maatjies.

MM ·

Daai mense werk jare vir n pensioen en dan wil JY dit van hulle vat om mense wat ons belasting geld gesteel het se skuld te betaal – waar het jy geleer van Finansies?????? Regtig – doen ondersoek in na die staats departemente wat nie hulle skuld kan betaal nie – en sluit die wat die geld gesteel het toe – verkoop hulle eiendomme en duur karre en red so die instansies – LOS die
Staats departemente se pensioen gelde uit ASB – anders gebruik jou eie geld om hulle verder te ondersteun met korrupsie????

Alida ·

Hoekom dink julle het JZ vir Gordhan afgedank? Hy het hierdie ding sien kom en wou ‘n stokkie daarvoor steek toe jaag hulle hom weg deur leuens te versprei. Nou kom dit op die lappe dat al die aantygings wat teen die arme man gemaak is nie waar is nie. SKANDE !!!!

andrea van vuren ·

Christo jy maak my bang. Baie baie bang! Dudu doedoe by Zuma. Dis die prys wat hy vir haar gunste betaal. My pensioengeld!

Boerseun ·

Dis tipies van die kommuniste wat die parlement vol sit: Ontken en mislei! Jy kan die kommuniste vertrou om te lieg! Hoe lekker teer die Rooies nie op die witman se sweet en geld nie! ‘n Ware paradys! En daar is nog baie om te roof en plunder voor als finaal in duie stort. Dan is dit terug na kannibalisme (en aalmoese) soos toe die Voortrekkers die binneland ingetrek het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.