Gill Marcus, die goewerneur van die Reserwebank, het Donderdag haar uittrede op 8 November aangekondig.
Marcus het aan verslaggewers gesê dit is haar laaste vergadering saam met die monetêre beleidskomitee. Haar vyf jaar termyn kom aan die einde van November tot ʼn einde.
Intussen het pres. Jacob Zuma sy dankbaarheid teenoor Marcus vir haar bydrae uitgespreek. Hy sal binnekort ʼn nuwe goewerneur vir die Reserwebank aanwys.
Die Reserwebank het vroeër Donderdag aangekondig die repokoers bly onveranderd op 5.75%.
Daar het julle dit nou…eersdaags gaan ons ook “miljoeners” wees. Hallo R1000 000 note.