Gim-instrukteur tydens Zoom-sessie doodgeskiet

Een van die geskokte kliënte. (Skermskoot van die video)

ʼn Gautengse fiksheidsinstrukteur is na bewering vroeër vandeesweek tydens ʼn virtuele oefensessie doodgeskiet terwyl sy kliënte die grusame moord aanskou het.

Luidens mediaberigte is die 40-jarige Lawrence Masinge vermoedelik Woensdagaand doodgeskiet terwyl hy ʼn virtuele oefensessie via Zoom aangebied het.

Beeldmateriaal van die moord is wyd op sosiale media gedeel en wys hoe ʼn man oor Masinge, wat op die grond van ʼn oefenkamer lê, staan. Die verdagte skiet Masinge oënskynlik in die kop voordat die uitsending klaarblyklik vashaak en hy van die skerm verdwyn.

In die video kan gesien word hoe vreesbevange kliënte hulpeloos toekyk. Talle van hulle maak opnames met hul selfone en ander hardloop van die skerm af weg. Almal is oënskynlik in skok gedompel.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het aan News24 bevestig dat Masinge om 19:20 in Saulsville in Pretoria doodgeskiet is.

“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie,” het hy gesê.

Die polisie het glo reeds ʼn soektog vir die beweerde moordenaar van stapel gestuur.

“Die polisie doen ʼn beroep op lede van die publiek met inligting wat verband hou met dié saak om die naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.”

Verskeie huldeblyke vir Masinge het intussen ingestroom.

“Rus in vrede, Lawrence Masinge, jy was een van die beste instrukteurs wat ek al ooit teëgekom het,” skryf een sosialemediagebruiker.

“Dis hartverskeurend wat met Masinge gebeur het. Hy was wyd bekend vir sy passie vir ʼn gesonde leefstyl,” sê ʼn ander een.

Die departement van sport, kuns en kultuur het ook meegevoel met Masinge se vriende, familie en diegene wat sy moord aanskou het, betuig. Masinge was deel van die departement se I Choose 2 B Active-inisiatief.

“Ons is stomgeslaan oor Lawrence se moord en betreur die verlies van sy groter as lewensgroot persoonlikheid,” sê Nnaniki Malesa, woordvoerder van die departement.

“Afrigter Lawrence was aan almal in die bedryf bekend juis weens sy passie vir oefen. Almal wat saam met hom gewerk het, weet dat hy hart en siel in elke klas wat hy aangebied het, gesit het.

“Hy was daartoe verbind om elke Suid-Afrikaner se lewe te verander deur ʼn fisieke en aktiewe leefstyl. Hy het inderdaad sy stempel op ons almal afgedruk,” sê Malesa.

“Mag die Here elkeen in hierdie moeilike tyd vertroos.”

Die departement het ook ʼn beroep gedoen op mense wat inligting oor die voorval het, om met die polisie kontak te maak sodat geregtigheid kan geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pablo ·

Net geweld en geweld. Dit gaan nooit ophou nie. Die ANC met al die korrupsie sal dit nooit inder beheer jan bring nie. Ons die wetsgehoorsame burgers is uitgelewer aan die kriminele.

Di ·

Ek het nie meer woorde of HOOP vir hierdie land nie. Die ANC Kaders moet begin veranwoordelik vat vir al hierdie sinnelose moorde wat plaasvind. Hulle is DIE wat kriminele die reg gee het om die land oor te neem deur te moor, roof, verkrag en weg te kom daarmee. Raak onstlae van al die miljoene onwettige immigrante – dit sal die eerste stap wees in die regte rigting.

Drikus ·

So ‘n booswig behoort in die publiek tereg gestel word. Ek is vas oortuig dat daar ‘n skokgolf van geregtigheid moet plaasvind, want moord is buite beheer in ons land…

Shakespeare ·

Dis hoe dit is. ANC/ EFF en stemvee sal “forever” so optree en funksioneer. Viva verrniegende genes.

Vonkprop ·

En so sal die patetiese regering altyd net geskok bly en nooit optree nie.

Danie ·

Die vreesbevange geskokte kliente is kliphard besig om videos te maak.
Tipies van n siek gemeenskap.
Mooi man

Sarel ·

Nog ‘n Huurmoord en nense nedm dit op hulle
Selfone op eerder as om hulp te verleen
Jy my vertel hy kon nie oorrompel word nie.
Waar was veligheiddpersoneel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.