Ginekoloog gevonnis ná pasiënt sterf

Die ginekoloog dr. Danie van der Walt in die Witbank-streekshof. Foto: ANA

ʼn Ginekoloog van Mpumalanga is Donderdag in die Witbank-streekshof gevonnis in verband met die dood van een van sy pasiënte.

Dr. Danie van der Walt is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy is in September verlede jaar aan strafbare manslag skuldig bevind.

Pamela Daweti (23) is dood toe sy in 2005 in die Life Cosmos-hospitaal in Witbank geboorte gegee het. Haar baba het oorleef.

Landdros Marlene Greyvenstein het tydens die vonnisuitspraak gesê Daweti se dood kon verhoed gewees het indien Van der Walt by die hospitaal gebly het om na die pasiënt om te sien. Deweti het gebloei nadat sy geboorte gegee het, maar Van der Walt het die hospitaal verlaat.

Greyvenstein het ook tydens haar uitspraak genoem dat Van der Walt geen berou getoon het tydens die verloop van die verhoor nie, maar het gesê sy het in ag geneem dat Daweti se bloeding nie noodwendig deur Van der Walt veroorsaak is nie. “Daar is geen bewyse dat die bloeding, wat die oorsaak van Daweti se dood was, noodwendig deur dr. Van der Walt veroorsaak is nie,” het Greyvenstein gesê.

Greyvenstein se vonnisuitspraak het ook haar reaksie ingesluit op Van der Walt se regsverteenwoordiger, adv. Mike Helens, wat die hof gevra het om sy kliënt ʼn opgeskorte vonnis en ʼn boete op te lê. Helens het Van der Walt as ʼn steunpilaar in die gemeenskap beskryf wat nog altyd beskikbaar was teenoor die mense wat hy gedien het.

Agnes Maditjane, die ma van die oorledene, Pamela Daweti, praat in die hof met Daweti se oom, Lungi Daweti. Foto: ANA

“Hierdie man is iemand wat homself beskikbaar gestel het aan die gemeenskap. Hy is ʼn uitstaande landsburger en familieman,” het Helens gesê.

“Ek ignoreer nie [Van der Walt se] persoonlike omstandighede nie,” het Greynvenstein in haar uitspraak gesê. “Ek erken dat jy ʼn gerespekteerde spesialis in jou beroep is. Ek neem ook in ag dat jy geen vorige oortredings het nie. Jy is van ʼn volwasse ouderdom en ʼn waardevolle lid van die gemeenskap, waar jy ʼn broodnodige diens lewer. Maar ek is van mening dat ʼn gemeenskapsgebaseerde vonnis nie korrek sal wees nie. Ek is van mening dat die mees gebalanseerde vonnis een van tronkstraf sal wees.”

Adv. Francois Brandt, die staatsaanklaer, het ter verswarende omstandighede gesê Van der Walt se mate van skuld is nie van ʼn klein aard nie. Hy het ook beklemtoon dat Van der Walt nog geen berou vir sy dade getoon het nie.

Agnes Maditjane, Daweti se ma, het in die voorste ry van die openbare galery gesit en gehuil terwyl Van der Walt gevonnis is.

Helens het aan die hof gesê sy kliënt sal teen die skuldigbevinding en die vonnis appelleer. Greyvenstein het Van der Walt verlof tot appèl toegestaan en hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat hangende die uitkoms van die appèl.

Maditjane was te emosioneel om met die media te praat, maar Daweti se oom, Lungi Daweti, het gesê die familie voel die hof het gedoen wat hy moes toe hy Van der Walt gevonnis het. “Ons sal die saak dophou en ons hoop dat hy nie ʼn ligter vonnis sal kry na afloop van die appèl nie,” het Lungi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Eps ·

Dit is jammer dat iemand moet sterf. Die sake gaan net verder bydra dat daar al minder spesialiste geboortes gaan doen. Dit is ‘n baie hoë risiko beroep en loop groot risiko om vervolg te word. Ek hoop net die Departement van Gesondheid maak ‘n bydrae om die problem die hoof te bied.

Big daddy ·

Dis wonderlike nuus. Dis lankal tyd dat hierdie veaartse ag ek bedoel dokters verantwoording vat vir hulle dade. Dit gaan vir hulle lankal net oor geld. Niks meer en niks minder.

Ekke ·

Sou jy ‘n beter job kon doen? Hy is net ‘n mens. Hy het ‘n werk. Soos jy. Is jy soms moeg? Anyway, ek kan nog aangaan. Laat dit daar.

Piet Snot ·

Op grond waarvan, Groot pappie, impliseer jy dit gaan vir dié dokter net oor geld? Ken jy hom? Was jy daar?
Die enigste situasie waar jy kan kla dat dit vir iemand oor geld gaan (indien dit wel die geval sou wees), is indien jy elke dag verniet sou werk. Of werk jy dalk omdat jy geld kry?
Ek moet bely, as my werk nie geld inbring nie, sou ek dit nie doen nie.
Dink voor jy lelike kommentaar lewer.

Teleurgesteld in die mensdom ·

Jy kan nie van ‘n dokter verwag om ‘n alomteenwoordige towenaar te wees nie.
Danksy mense soos jy doen dokters derduisende rande se ondersoeke om te waarmerk dat daar geen skuld aan hulle kant is nie en op die ou end betaal die pasiënt daarvoor.

Van lekker lag kom lekker betaal

Ou pasient ·

Dr vd Walt was my dokter 18 jaar terug en ek kan met groot agting en respek van hom praat. Was ten alle tye professioneel in sy diens. Selfs toe die susters in teater nog gesukkel het om my by te bring was hulle per telefoon met hom inverbinding.

Kiepie ·

Moes hy nie self nog in die teater gewees het terwyl die susters gesukkel het om jou by te bring nie? Is dit nie juis waaroor hierdie saak ook gegaan het nie, die feit dat hy sy pasiënt gelos het terwyl sy nog in gevaar was nie?

Oupa ·

Ek was nie daar nie, maar wil net vra of die bloeding al daar was terwyl hy nog in teater was. Ek weet nie wat sy verantwoordelikheid net is om die baba te “deliver” en dan is hy klaar nie. Indien hy daar was tydens die bloeding en hy dit kon stop maar geloop het verdien hy dit. Ek het n narkotiseerder intmoet tydens n kuier wat vertel het dat hy op bystand is. Hy was verskriklik dronk en het vertel hoe hy al baie mense onder narkose geplaas het onder die onvloed. Ons glo dat dokters niks verkeerd kan doen nie, maar een van my vriendinne se vriendin is ook oorlede weens nalatigheid en sy was ook omgeveer 23.

Uiltjie ·

Daar word nie gekyk hoeveel lewens hy oor die jare heen geared het nie! Almal sien net daai been fout in sy hele loopbaan…ai, die mensdom.

Aitoggie ·

Goed, hy word gestraf. Ek wens meer dokters en verpleegsters kon boet, vir die verwaarlosing van pasiente in hospitale.

Danie ·

Is ‘n senior teater suster nie veronderstel om die bloeding te kan stop nie? Selfs ‘n gewone vroedvrou kan dit doen. Hoekom word dit nou die verantwoordelikheid van die ginekoloog om dit ook te doen? Dalk het net sommige die memo daaroor gekry.

dis onnodig ·

Ek dink ook so, Danie. Stem nie saam met landros Greyvenstein nie. Dokters doen hulle werk en daarna is die verantwoordelikheid van toesig en sorg dié van verpleegpersoneel. Dit is ook senior personeel se taak om die dokter op hoogte te hou van noodsituasies. Die verkeerde persoon word hier vervolg en verwoes.

Nurse ·

Hoeveel mediese spesialiste of verpleegsters hier lewer negatiewe kommentaar? Soos in enige beroep is daar nalatige persone. Ek het nog net veralgemening hier gelees, wat op die dr gebaseer word.

Sê maar net ·

Gaan lees die plaaslike witbank nuus argiewe. Dan sal daar meer lig op die onderwerp gegee word. Hy het die pasiënt vyandig behandel hoekom sy normaal wou kraam. Die ma beweer hy het die “tang” hardhandig in haar dogter heen en weer gedtuk en gesê:”You want a normal delivery, I will give you a normal delivery. ” Die ma het hom gevra om na haar dogter te kom kyk want sy het opgegooi en hy het nie maar die hospitaal verlaat.
Almal in die dorp het my met my swangerskappe afgeraai om na hom te gaan, selfs susters wat in dir hospitaal saam met hom gewerk het.
Hy mag ‘n goeie man wees, maar nie noodwendig ‘n goeie doktor nie.

Daar is 2 kante ·

Ek verstaan wat jy se die verpleegster moet die bloeding stop maar daar is seker situasies wat die verpleegster kan doen wat sy wil om die bloeding te stop maar dit stop nie. Dan moet die dokter oorvat en sy noet teater toe gaan vir verdere behandeling. Onthou n suster gaan aan met versoring na die dokter klaar is maar ons self is nie dokters nie so daar os ongelukkig sekere prosedures wat ons nie mag doen nie en as ons dit doen en daar kom moeilikheid verloor ons, ons werk, word van die rol geskrap en waar sit ons dan….

Lila ·

Natuurlik is dit die spesialis se werk om die bloeding te stop! Jy het mos al die afsprake met die ginekoloog bygewoon.. nie met die hoofsuster nie! En nee… gewionlik wanneer iemand bloei na ‘n geboorte hetst normaal/ keiser beteken ditbdat die baarmoeder nie terug getrek het na sy normale posisie weens stukkies plasenta wat nog nie als losgekom het nie.. dus pomp jou hart tevergeefs en bloed hou aan uitstroom tot jy doodbloei.. dit is beslis niemand anders as die spesialis se taak nie!

Linette ·

Ek hoop die regter het haar van haar feite verkundig. Sover ek weet – na aanleiding van my ondervinding in ginekologiese verpleegkunde – bloei enige vrou vir ‘n periode na sy geboorte gegee het tensy ‘n D&C gedoen is. Die regter sê self dat daar nie bewys kan word dat die pasiënt dood is a.g.v. post-natale bloeding deur die toedoen van die dokter nie. En die feit dat hy die hospitaal verlaat het na hy haar verlos het – waar was die verpleegsters? Is dit dan die dokter se taak om die pasiënte te verpleeg nadat hulle lewe geskenk het? Ek dink nie so nie. Ek dink dit is ‘n geval van ‘n blanke dokter wat ‘n swart pasiënt van haar baba verlos het en die ouers van die pasiënt wat vergelding en vergoeding soek. En nou is die man se lewe in stukke. Hoekom word daar nie dieselfde soort strawwe opgelê aan sekere mense wat wit boere op hul plase op die wreedste wyse vermoor en vermin nie?

Antjie ·

Doodreg. R800 000.00 per jaar versekering is n klomp geld en daarom sluit baie hul praktyke want hul kan dit nie bybring nie. n Dr by n staatshospitaal in party plattelandse dorpe stuur kraamgevalle na die naaste groot staatshospitaal omdat die NHI geen dekking of beskerming voorsien nie.

Francois le Cockon ·

Ginekoloe is in ‘n baie moelike situasie. Tans betaal hulle R800,000.00 per jaar vir versekering, en moet dit nogsteeds betaal 18 jaar na aftrede, aangesien ‘n ouer ‘n eis kan indien tot hul kind se 18de verjaarsdag.

Francoid ·

Is dit n feit?
Dit klink net nie reg nie.
R67000 Per maand.
Dan kan hulle gerus hulle fooie aanpas.

Lientjie ·

Op Worcester is daar nie meer ‘n ginie wat ‘n bevalling doen nie. Hulle sien jou net tot op ‘n sekere aantal maande en daarna word jy verwys na Paarl of Kaapstad, en dit is vanaf Maart hierdie jaar. Sover ek weet het Mediclinic sy kraamafdeling in Worcester gesluit, reeds vir sulke eise teen hulle as hospitaal en hul Dr’s

Japie my Skapie ·

Sal net baie graag wil weet hoe jy verantwoordelik gehou kan word vir iemand se dood , as jy nie die rede waarom die persoon dood is, veroorsaak het nie.

Claudéne ·

Stem! Die pasient het TEEN die Dokter se aanbeveling haar EIE lewe in gevaar gestel!!

Thea ·

Dokters en verpleeg personeel het die mees ondankbaarste werk! Laat ek julle vertel van nagte wat hulle langs n pasient se bed sit om n lewe te red of saam met familie huil oor die verlies van n geliefde en met al daai emosie en lang ure huistoe te gaan en vir jou eie familie liefde en simpatie betoon DIS nie maklik nie maar hulle doen dit dag vir dag na 12-16 ure bd hospitaal!
Sterkte Dr ek hoop jou appel gaan beter afloop jy is n ongelooflike geneesheer!

Nancy Greeff ·

Ek kan net goed praat van Dr Danie van der Walt. Hy was my Dr met my Dogter se Keisersnee. Hy was baie Profesioneel en n fantastiese mens!!

CS ·

Ek was vir jare ‘n pasient van Dr. v.d Walt en hy is ‘n fantastiese dr en persoon en baie professioneel. Die pasient wat oorlede is het geweier om ‘n keisersnee te kry en volhard sy wou natuurlike geboorte gee desondanks die feit dat Dr.V.d Walt dit afgeraai het. Dr.v.d Walt het baie omgegee vir sy pasiente en is ‘n baie geliefde ginekoloog in Witbank.Sy lewe is nou verwoes

Asjas ·

Ek is seker die mediese rekords sal die volle verhaal vertel en die hof sou seker ook daarna kyk, dis hoekom jy ‘n magdom forms teken as jy behandeling weier of aanvaar ens.

E ·

CS as dit wel die geval was dat dr. haar gewaarsku het teen normale geboorte, en iets loop skeef hoekom word hy nou beskuldig? Dit is rasisties hierdie hele spul!
Ek kry hom bitter jammer. En in elkgeval as sy gebloei het na die bevalling sou die susters mos geweet het en dadelik opgetree het of hoe? En daar is geen bewyse dat dit dr. is wat bloeding veroorsaak het nie. Nou hoe nou? En mense wat sterf na operasies en siekte ens? dokters kan mos nou nie beskuldig word as iemand sterf nie, tensy nalatig natuurlik. dit is absurd verby!

Michael ·

Goeie nuus van die dokters maak net eat hulle wil en kom weg met moord want jy moet mos n vrywaring dokument teken voor ky of jou familie behandeling kry ek hoop dit is die begin van beter diens.

Lynne ·

Ek sou dink hierdie saak moes in die Hooggeregs Hof aangehoor word. Dokters is Professionele mense en dit wil voorkom of hier ‘n Politieke geurtjie by betrokke is.

Basson ·

Hoekom altyd die afneemhoek so van onder af? Watse persepsie probeer die joernalis skep daardeur?

En ja, daar gaan oor ‘n kort rukkie geen ginekoloog meer bereid wees om bevallings te hanteer nie, die skrif is aan die muur.

Linette ·

Ek sê weer (en ek hoop dié keer haal MM nie my kommentaar af nie): ek hoop die regter het haar deeglik van feite vergewis. Enige pasiënt wat normaal kraam, bloei ná die tyd, behalwe as ‘n D&C gedoen is. Ek dink dit is ‘n rasgebaseerde ding wat almal nou aan die hande-klap het, omdat die dokter nou skuldig bevind is. Hier in Worcester het ons eens op ‘n tyd 4 ginekoloë gehad – nou moet die verwagtende moeders maar na die provinsiale hospitaal gaan of Paarl/stad toe, want geeneen van die dokters doen meer verloskunde nie – hul risiko en versekeringspremies het net te hoog geraak a.g.v. allerlei eise wat teen hulle ingestel is.

Blondie ·

Iets voel nie vir my reg nie! Is nalatigheid werklik bo alle twyfel bewys?

Richard ·

Aan al die mense wat nou lekker kry oor die ongelukkige situasie: Binnekort gaan geen dokters meer bereid wees om privaat bevallings te doen nie, so wees maar reg dat julle vrouens en dogters op trollies en banke in ons lieflike staats hospitale moet gaan geboorte skenk.

Linette ·

@Richard – in Worcester het die 4 ginekoloë wat hier is, reeds hierdie besluit geneem. Verwagtende moeders van Worcester moet nou maar in die provinsiale hospital verlos word of ‘oor-die-berg’ (Paarl/stad) gaan daarvoor.

stefnie ·

Stem saam Lynne. Dr Danie het my drie k/kinders in die wereld gebring, my dogter gesteriliseer en my histerektomie gedoen. Dr Danie is en sal altyd n goeie ginekoloog wees. Hy was professioneel met my dogter en myself. Is jammer mense oordeel iemand wat hul nie ken!!!!

Heleen ·

Hierdie drs moet ure lank mense se giere en grille verdra..om nie eens te praat van onbeskoftheid nie….want drs en verpleegsters…srs..álle hospitaal personeel word deur sommige mense soos skuim behandel …maar ons moet net altyd glimlag en u dienskneg wees! Ek is voorwaar baie lief vir my werk..en gelukkig is daar pte wat waardering het vir die versorging en liefde wat ons hulle gee en dan alles weer die moeite werd maak wanneer ek mank en uitgeput na my famielie gaan na 13 ure lange dag..want ons gaan altyd laat huistoe want daar is altyd ‘n namma of baba wat aandag vereis..of take wat afgehandel moet word..binnekort gaan genikoloë ophou om obstetrie te doen want die R800 000 tot 1miljoen versekering per jr wat betaal moet word is nie meer dit werd nie.

Heidi Pretorius ·

Maroela, julle gekoopte artikels is dikwels baie eensydig. Doen asseblief beter ondersoek of los liewers.

Ania ·

Stem saam. Die vrou het gebloei nadat sy geboorte geskenk het – elke vrou bloei tog nadat sy geboorte geskenk het! Gee tog bietjie meer inligting.

Elsabe ·

Julle wat so kritiek lewer het geen idee waarvan julle praat nie! Loop ‘n maand in jou plaaslike arts of spesialis se skoene, dan praat ons weer.. Julle besef nie hoeveel opofferings hulle en hulle gesinne maak nie. En ja, ek weet van meer as een ginekoloog wat hierdie saak dopgehou het, en wat waarskynlik nou die beroep gaan verlaat. Die stres is nie die moeite werd nie! ek weet waarvan ek praat, want my man is een van hulle

Kiekie ·

Hierdie Dokter het GEEN fout begaan tydens die bevalling nie! Iemand het opgeslip met die nasorg van die oorledene…nou word die skuld op die Dokter gepak!

alwyn burger ·

Volgens die landdros is Dr v/w Walt nie verantwoordelik nie maar hy moes berou toon en hy moet tronkstraf opgelě word. Laat my dink aan Schrödinger se kat : dit is tegelyk lewendig en dood!. Die landdros is duidelik die kleursensitiwiteit ter wille. Ek vermoed haar inspekteurs sal die vonnis wysig
alwyn burger
posbus 218
middelburg ok
0845806110

cs ·

Alwyn ek stem saam, hulle het gevra vir gemeenskapsdiens maar sy het dit duidelik gemaak hy moet trunk toe gaan asof hy ‘n geharde krimineel is

Fiellies ·

My Dok ons gebede is mt j,ons is di trotse ouers van twee pragtige kinders en toe ons hierheen getrek ht en swager was mt ons tweede een is ons vertel van j en hoe hartseer dt is dt ons ni j sal kan besoek ni wees di voorval…..God sien alles en weet alles hy sal eedag uitspraaklewer….Die godeloses val nt soveel onder God se genade soos Sy eie kinders en vir hulle sal daar maar min wees….

Hartseer gynae ·

Ek is n ginekoloog wat nie net privaat praktyk gelos het nie, maar die hele beroep. Tensy ons daar was of deeglik deur al die notas gelees het kan niemand van ons regtig kommentaar lewer oor die meriete van die saak nie. Dit sal interessant wees om die hof dokumente te lees. Ja, versekering is R900 000 n jaar vir die omvattende pakket, ja die fooie moet op, maar nee, mens kan ook nie bloed uit n klip tap. (Dan word mens ook beskuldig van geldgierigheid) Daar word gereken dat daar teen 2020 (oor 3 jaar) nie meer ginekoloe gaan wees wat privaat bevallings gaan doen nie. Uitsprake soos die gaan daai datum waarskynlik vervroeg. Baie hartseer stand van sake.

Dawie Barnard ·

Ek lees met groot misnoeë die haatgevulde kommentaar teenoor die mediese beroep, waar daar bitter weinig insig getoon word. Elke teatergeval/verlossing is onderworpe aan ‘n “waardeketting” met verskeie individue betrokke. Die verlosundige in hierdie geval, vertrou op die verpleegkundiges om hom te verwittig van bloeding, veranderinge in parameters soos bloeddruk ens. Indien hy van ‘n kritiese insdent verwittig was en geweier het om te reageer, is dit nalatig. Niemand is perfek nie, dit geld ook vir spesialiste, hetsy ingeneurs, tandartse ens. Katastrofale uitkomste soos hierdie het dikwels meer as een swak besluit wat mekaar opvolg. Geen spesialis sal ‘n pasiënt doelgerig leed aandoen nie, teenstrydig met wat meeste graag glo. Medisyne stel baie hoë eise aan artse en dikwels is dit genade van bo wat jou deur uitputting dra, ook wat besluitneming betref. Enige persoon wat dronk bestuur pleeg ‘n misdaad wat hierdie tragedie ewenaar of oorskry. Vyf jaar tronkstraf is belaglik en sal verloskundige dienste erg inperk. Diegene wat nou met vurke en brandende fakkels vervolging eis moet asb in die toekoms alle mediese sorg vermy, want dokters wil net “geld maak”.

Bee ·

MM, verwyder asb my vorige kommentaar, was bietjie onvanpas en getik sonder om eers te dink ??‍♀️
Jammer en dankie byvoorbaard

Sproetjies ·

vra net as dit met jou dogter gebeur het,sal julle nog steeds so heftig vir die Dr op gekon her?? Ek het 3 bevalings gehad en glo my ,my Gine het glad nie die bevalling saal verlaat voor hy seker gemaak het alles was reg!!Die laaste bevaling was ook n geval dat ek inwendig begin bloei het,na dat hulle al klaar my keiser toe gemaak het,maar my DR was daar ,nie Geloop nie,So Dames sit julle in die Moeder se skoene!!!
Iemand se ja nou is die Dr se lewe geruine,wat n grap!!!! Wat van die ma wat 23 is waar is haar lewe??
Die kind wat nooit haar/hom ma sal ken nie!!!

Stadskind ·

Liewe aarde mense. ‘n Vrou is dood weens sy nalatigheid. Hoe kon hy die hospitaal verlaat terwyl sy kritiek was? Nou moet ‘n pa sy kind alleen grootmaak oor ‘n geld vraat wat sy verpligtinge buite die hospitaal belangriker ag? Hy het mos ‘n eed afgelê. My eie pa is dood weens mediese nalatigheid. En daardie dokters het niks oorgekom nie. Sou julle dieselfde sê as sy jul vrou of dogter was?

cs ·

Die wat nie seker is van waaroor dit gaan nie-gaan lees gerus die Witbank News online-die storie is daarop van die begin af dan sal mense verstaan presies wat gebeur het

Deidré ·

Die Dokter met sy besondere kennis en ervaring het ‘n keisersnee aanbeveel en voorgestel, maar die oorledene het aangedring op ‘n normale bevalling! Hoe de hel kan die Dokter nou vir haar dood verantwoordelik gehou word??!!

Jonathan ·

In sekere staats hospitale is die sterfte syfer vir pasgebore babas 100 vir elke 1000 geboortes..10% ! ?. Hoekom ? Weens n tekort aan dokters…niemand wil vir die sirkus regering werk nie…Tv reekse soos Binneland, skep deesdae ook n “mark” waar gesinspeel word dat die mediese beroepe vir elke klein dingetjie gedagvaar kan word en vet somme geld uit betaal moet word…ek wonder wat sou gebeur as daai dr geweier het om die bevalling te doen…? Dan was hy seker n rasis…Ek is oortuig die Apèl hof gaan die vonnis tersyde stel.

Dink net ·

Daar word net afleidings gemaak hier, maar waarom al die klipgooiery? Het julle al ooit besef om spesialis te word behels 6 jaar se voorgraadse studies, waar mediese studente vir hul “prakties” redelik hard en gratis werk, daarna 2 jaar huisdokter en 1 jaar gemeenskapsdiens: harde werk en werk maklik dubbeld die ure oortyd waarvoor vergoed word, baie pasiente is maar ondankbaar (soos ons kan aflei uit kommentare), dan moet mens wag vir geleentheid om te kan spesialiseer (regstellende aksie moet maar in ag geneem word) en na nog 4 tot 5 jaar se studies is jy spesialis wat hierdie belaglike versekereing moet betaal, werk steeds onmenslike ure. Geen geld kan hierdie opofferings wat gemaak word vir self of families vergoed nie, daar is groot sin vir verantwoordelikheid en opregte omgee betrokke, hierdie spesialiste kan almal iets anders en beters doen as dit oor geld gaan!

naas ·

Die advokaat is Mike Hellens SC. Ek verstaan die skuldigbevinding, want net 1% nalatigheid is nodig vir ‘n skuldigbevinding vir strafbare manslag. Die vonnis lyk skokkend onvanpas in die omstandighede wat berig word. Op appèl dink ek hy sal ‘n opgeskorte vonnis en/of boete kry.

Babsie ·

Verseker polities georienteerd. Watter normale mens kry rent-a-crowd met McDonald’s burgers en ballonne en is ‘n party mood alvorens uitspraak gegee is. Verseker het hulle gehoop op geld en ek wonder wie het hulle geborg?!! Hulle maak sy lewe hel….dit terwyl Dr vd Walt VERSEKER ONSKULDIG is. Geen persoon kan 24/7 by sy werk wees nie. Iewers moet jy rus. En soos hierbo reeds genoem…Hoe kan jy berou toon op iets wat jy nie gedoen het nie. Dan erken jy mos skuld…en wie van julle sal skuld erken op iets wat julle nie veroorsaak het nie?!! Ek daag jou uit. Ek glo hier is ‘n slang in die gras. Hulle moet net onthou…what goes around, comes around. Wat hulle aan Dr vd Walt en sy familie doen sal hulle nog in haal. Dubbeld en dwars. Ek glo regverdigheid sal geskied. Ons wil, maar God beskik.

Danie Bruwer ·

Wanneer word die taxi “bestuurders” wat baie meer mens met opset doodmaak deur stopstrate en robots verontagsaam ook swaar vonnisse opgelê?

Danie Bruwer ·

Wanneer word taxi “drywers” wat meer mense verongeluk met opset ook swaar strawwe opgelê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.