Girls High antwoord op Jeugliga se eise oor ‘rassisme’

pretoria-girls-high-school

Die hek van die Pretoria Girls High School. Foto: Twitter

Die ANC Jeugliga het ʼn memorandum aan die spogmeisieskool Pretoria High School for Girls gestuur, waarin hy onder meer eis dat dié skool se gedragskode hersien word en dat ʼn onafhanklike party aangestel word om bewerings van rassisme by die skool te ondersoek. Daar moet ook heeltemal weggedoen word met die skool se beleid oor hoe meisies hul hare moet dra.

“Ons aandag is gevestig op die probleem van rassisme, wat steeds by Pretoria High School for Girls plaasvind. Dit is nie ʼn nuwe probleem nie. In 2016 reeds het leerders in opstand gekom teen die gedragskode wat bepaal dat swart studente hul hare moet reguit maak,” lui die Jeugliga se memorandum aan die skool.

Die skool het hierop geantwoord dat die haarbeleid reeds hersien is om “afro’s” toe te laat, mits dit netjies en goed versorg is en nie ander leerders belemmer om die bord voor in die klas te kan sien nie. “Die skool se gedragskode is ook reeds in 2017 hersien en alle belanghebbendes se insette is destyds in ag geneem. Die kode sal weer tydens die vierde kwartaal van die jaar hersien word,” het die skool gesê.

Een van die bewerings deur ‘n leerder van Pretoria Girls High School. Foto: ANA

Leerders aan dié skool het in Junie betoog oor wat hulle beskou as ʼn gebrek aan transformasie, het Maroela Media berig. Leerders het toe reeds gevra vir ʼn hersiening van die skool se gedragskode en die verwydering van enige diskriminerende klousules daarin. Dit sluit in tugstappe vir laatkommery. Die leerders voer aan dit penaliseer swart leerders omdat talle van hulle weens die destydse apartheidsbeleid ver van die skool af woon.

Volgens die Jeugliga kla van die swart leerders dat die skool weier om na hul griewe te luister of klagtes van rassisme te ondersoek. Daarom het hulle die volgende geëis:

  • Die algehele verwydering van die skool se haarbeleid, wat “diskrimineer teenoor swart leerders”
  • Die aanbied van isiZulu as ʼn keusevak by die skool
  • ʼn Hersiening van die gedragskode
  • Die daarstel van ʼn onafhanklike party om die beweerde “institusionele rassisme” by die skool te ondersoek
  • ʼn Hersiening van die indiensnemingsproses om aanstellings meer divers te maak
  • Terugvoer op eise wat reeds in 2016 gestel is.

Die Jeugliga het gevra dat die skool se beheerliggaam, asook die LUR vir onderwys in die provinsie, binne 21 dae aan dié eise gehoor gee. “Die partye se versuim om hierdie saak aan te raak, sal ʼn negatiewe uitwerking op die leerders en die samelewing as geheel hê,” lui die memorandum.

Die skool het verder aangedui dat hulle die moontlikheid ondersoek om isiZulu as keusevak aan te bied deur onder meer ʼn opname onder leerders te doen om vas te stel hoeveel leerders graag dié vak wil neem.

Die skool sê ook hy is reeds besig om rassisme as instelling aan die skool aan te pak, maar gaan nie die indiensnemingsproses hersien nie. “Die transformasie van die personeelkorps om die demografie van die skool te weerspieël word aangepak soos en wanneer poste beskikbaar word. Die sleutelvereistes van die pos moet egter in ag geneem word.”

Die skool wys daarop dat ʼn verslag oor die ondersoek wat in 2016 gedoen is reeds aan die publiek beskikbaar gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Aai ·

Hoekom is daar nie privaat skole in hulle eie gebiede dan is daar nie ‘n probleem van ver ry en dan kan julle,julle eie reels he soos julle wil nou wil julle reels wat al jare daar is verander nou hoe nou?

Plaaskind ·

Gaan dan na ander skole waar julle kan lyk en optree net soos dit julle goed pas en los dan maar die skool vir die wat wel opgevoed en beskaaf wil leer. So maklik soos dit. En die hare gedeelte is BELAGLIK.

Gemaskerde Sopbeen ·

Lekker om te kla as jou Pa kan bekostig om jou in puik skool te plaas.
Bly stil, wees dankbaar en leer. Julle is bloot selfsugtig.

Jacobus ·

Puik opgesom – ondankbaarheid bly maar ‘n aklige ding.

Jaco ·

Dis 26 jaar na apartheid en swart leerders bly steeds ver van die skool af en het vervoerprobleme. Hoekom? Hulle mense reageer dan die land. Die hele my ongelyke situasie kon mos lankal omgekeer/reggestel gewees het. Daar is dan al vir jare BEE.
Te veel wit aanstellings by die skool is ook die regering se skuld. Daar is dan al vir jare regstellende aksie. Waarom pas die ANC-beheerde dept van onderwys dan nie hulle eie beleid toe nie?
Nee wat, die ANC jeugliga behoort eerder by hulle eie ANC te gaan kla.

koos10 ·

Jaco, die kort antwoord is dat die ANC nie weet hoe om te bou en op te bou nie. Dit is dan soveel makliker om eerder die standaarde te verlaag, as om our people te uplift. Alles wat werk moet afgebreek word, en dit sal so aangaan totdat niemand meer iets het nie, dan is almal gelyk!

Rose ·

Dit is maar net die eerste van nog vele ‘eise’. Hulle toets net die water. Alle waarde stelsels moet eers afgebreek word, en as ons die woord rassisme ingooi, dan word alles toegelaat.

Anel ·

Julle het geweet wat die reëls was toe julle ingeskryf het. Niemand het julle daar in gedwing nie. Daar is duisende dogters wat baie graag daar sou wou skoolgaan maar dit nue kan bekostig nie. Kyk maar wie kla die hardste. Die rykstes. Hulle wat in spoggerige huise woon. Dis hulle wat ook laat kom. Die wie se ouers hard werk om hulle daar te hou, hou by die reels, staan bietjie vroeër op en is betyds. Om nog steeds apartheid te blameer is verregaande. Kyk maar ook wie gooi die probleem eerste. As jy nie daar wil wees nie bou jou eie skool waar jy kan maak soos jy wil, maar los die opgevoede kinders uit sodat hulle verder op gevoed kan word.

Elmarie ·

Ag tog… Kan net my oe rol… Niks anders konstruktiefs om by te dra as ewige gekerm oor rassisme en haarstyle en bollie

Cabytheron ·

Toe ek op skool was het die woord rassisme nie in my woordeskat bestaan nie! Ek het skoolgegaan en sport gespeel. Maandae is dit vroegoggend al in die pad val koshuis toe en Vrydagmiddag is verby en daarmee heen teen die tyd wat jy by die huis kom! Dit was alles deel van: ‘jy gaan skool toe om te leer en basta met die res!’
Gaan woon nader aan die skool of gaan na ‘n skool nader aan jou huis! Die plakaat op die foto in die berig slaan die spyker op die kop!

JohanR ·

Die ANC Jeugliga stel eise? En wat sal afgebrand word en vernietig word, as daar nie aan die eise gehoor gegee word nie? Is die leier van die ANC Jeugliga nog daai een wat lyk asof hy Floyd Shivambu in gesluk het, en 75 jaar oud is. Dink sy naam was Oros? ANC Jeugliga is soe relevant as wat die ANC Vroueliga is! Kan leerders nie net skool toe gaan en leer nie? Moet daar altyd allerande ander strooi wees?

Aai ·

Sekere skole is ‘n sirkus want hulle wil nie vorentoe beweeg.

Francois Le Cochon ·

Artikel 8 van die SA Skolewet stipuleer die proses wat gevolg moet word om ‘ n skool se gedragskode op te stel. Ouers, leerders en opvoeders moet insae he^. Indien die meerderheid ‘n sekere gedragskode aanvaar, is dit afdwingbaar op die wat dit nie aanvaar. Indien die SBL nie met ouers, leerders en opvoeders konsulteer nie, is die gedragskode nie wetlik afdwingbaar nie.

koos10 ·

Francois, ek stem heeltemaal saam met jou, maar dit moet ook reg gedoen word. Daar moet ‘n vergadering belê word en die saak moet bespreek word en gestem word. Kinders kan nie betoog en die departement en politieke partye betrek omdat hulle nie gelukkig voel nie.
Dis ongelukkig so dat die regte prosesse nie gevolg word nie, maar as die meerderheid daarvoor STEM moet dit gebeur. Die wat ongelukkig is daaroor kan dan maar ander skole gaan soek.
Dis ongelukkig wat die boek sê, in praktyk gaan hierdie dogtertjies hulle sin kry. Shame, hulle gaan nog op die harde manier leer dat dit in die werklike wêreld nie so werk nie.

Andrew ·

Duur prys word nou betaal vir die gevaalde multikultuur samelewing projek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.