Girokopter-ongeluk: Vlieënier se naam bekend

Die wrak. Foto: SAPD

Die wrak. Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat twee mans dood is toe ʼn girokopter buite Lephalale in Limpopo neergestort het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die girokopter het omstreeks 18:20 Sondag by Ashanti Lodge sowat 30 km van Lephalale op die Thabazimbi-pad neergestort. “Die girokopter het glo ʼn boom getref voor dit op die grond geval en in vlamme uitgebars het.”

Otto het gesê die vlieënier en sy passasier is op die toneel dood. Die vlieënier is intussen geïdentifiseer as die 46-jarige Delon du Plessis. “Sy passasier se naam kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.”

Die Burgerlugvaartowerheid sal die ongeluk ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

DPJ ·

Hoe tragies wat ‘n plesier rit moet wees so ‘n tragies ongeluk ontaard. Sterkte aan al die naasbestaandes. Mag die Hielige Gees julle vertroos en met julle wees.

David ·

Ai uncle Delon mag jou siel in vrede en vreedsaamheid daar in die koningkryk van God wees jy was n goeie mens en friend ons gaan jou ongelooflik baie mis. Totsiens vriend.

Ryno van der zandt ·

goeie vriend van my pa Ernst, fantastiese mens en goeie vlieënier, mag oom saam met God wandel in die hemel. ons sal oom onthou. totsiens oomie.

Ettiene Spykerman ·

My vriend…ons gaan jou baie, baie mis…ons is so hartseer…ons gebede aan jou gesin, vriende en familie…?

Melissa ·

Delon was so n goeie mens met n hart van goud! Baie avontuur lustig ! Ons harte is stukkend!

Herman ·

Sal ons kinder dae altyd onthou sterkte vir almal wat
Delon geken het tannie Jun, Bev en kinders .
Sal julle onthou in ons gebede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.