Gissings ná Mbalula glo twiet hy het ‘in Oekraïne geland’

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: Twitter / @MbalulaFikile)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, se jongste twiet dat hy “pas in Oekraïne geland” het, het ʼn herrie op sosiale media ontketen.

Hoewel die twiet op Mbalula se amptelike Twitter-profiel met meer as 2,7 miljoen volgelinge geplaas is, is dit onduidelik of die minister hom wél in Oekraïne bevind of steeds in Suid-Afrika is.

Die kriptiese twiet verskaf geen besonderhede oor die redes waarom Mbalula hom in dié land, waar die Russiese oorlog al langer as ʼn week woed, sou bevind nie. Mbalula het sedert die plasing van dié twiet Saterdagoggend nog nie weer ʼn inskrywing op Twitter gemaak nie.

Maroela Media het Sondag ʼn navraag aan sy woordvoerder, Esethu Hasane, gerig en wag tans op terugvoer. Luidens ʼn berig op News24 het Pule Mabe, ANC-woordvoerder, by navraag gesê hy vermoed die minister se Twitter-rekening is gekaap.

Duisende gebruikers het egter op die twiet gereageer en onder meer gevra hoe die minister in Oekraïne sou kom, aangesien vlugte gekanselleer is.

Ander opmerkings was dat Mbalula dan nie eens slaggate en vervoerinfrastruktuur in sy eie land kan herstel nie. “Intussen beland ons motors in slaggate,” het een Twitter-gebruiker in haar kommentaar gesê.

Ander gebruikers wou weet wat Mbalula in Oekraïne sou bereik, en of dié land dan nou “hulp met korrupsie nodig het”.

Mbalula het ook wyd reaksie ontlok toe hy op 5 Maart ʼn twiet van die Russiese ambassade in Suid-Afrika op sy eie Twitter-profiel gedeel het.

In dié twiet sê die ambassade onder meer dat hulle Suid-Afrika se ondersteuning waardeer, nes destyds toe Rusland 80 jaar gelede nazisme in Oekraïne beveg het. Mbalula het nie self enige kommentaar by die twiet op sy profiel geplaas nie.

Die Duitse ambassade het egter ook op die twiet gereageer deur te sê dat Rusland se oorlog niks met die stryd teen nazisme te maak het nie.

“Wat Rusland nou in Oekraïne doen, is om onskuldige kinders, vroue en mans vir eie gewin te vermoor.”

Talle mense is reeds dood of beseer nadat Russiese magte Oekraïne tien dae gelede ingeval het. Derduisende mense het ook al landuit gevlug. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Casper ·

Wel as hy daar is hoop ek nie hy gaan hulle leer hoe om hulle paaie in stand te hou nie of om hulle treine te laat funksioneer nie want dit gaan net soos hier in piesangland op chaos uitloop.

Marita ·

Gun hom n free ride terwyl hy nog kan, of soek hy uitkom kans omdat hy nie nie kan dink met al sy probleme ( potholes) om hom?

Marita ·

Crytome.
Vlug vir su eie land se probleme, kan nie eers n pothole uitsorteer, Wie gaan hy nou aan daai kant die skuld gee?

Jr ·

Nou is die man se Twitter gehack. As ons lieg en uitgevang word dan word die dept van bullshine gebel om te kom help. En hy verwag mense wat ge educate is moet sy pathetise verskoonings koop. HY EN LESUFI IS DEFINITIEF SA’s SE LAUREL AND HARDY

Chris dupreez ·

Dit is baie opvallend dat die anc jeugliga nogal oneerlike presidente opgelewer het. Peter Mokaba, Malusi Gigaba, Fikile Mbalula, Julius Malema, Collins Maime.

Swerwer ·

Wel, hy moes seker maar sy teenwoordigheid gaan wys vir die Kommunisme wat hy help bevorder
in ons land. Heel moontlik het hy hul nog gaan nooi om Suid Afrika ook binne te val.

Jr ·

Jammer the “Ghost of Kiev” was nie op maneuvers toe”Mad Mbu “lala” in sy vliegtuig was nie. BYE BYE LOUIS

Heinrich ·

Ons sal nou n losprys moet betaal hom om los te kry in Oekrainie en sodoende Rusland se ekonomie te help herbou. Dan betaal hulle weer die ANC en ou Mbalula se rente terug en sit met die kapitaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.