Glas dalk in dié Liqui Fruit-blikkies

Só lyk die blikkies.

Pioneer Foods het die Nasionale Verbruikerskommissie ingelig dat hy ʼn besending Liqui Fruit Red Grape Still 330 ml-blikkies gaan herroep.

Thezi Mabuza, waarnemende verbruikerskommissaris, het gesê hoewel die kommissie nog nie ʼn omvattende kennisgewing ingevolge die veiligheidsregulasies vir die herroeping van ʼn produk van Pioneer ontvang het nie, doen die maatskappy ʼn ondersoek na die omvang van die probleem.

“Die inligting wat ons het, is dat glasstukkies in die produk gevind is en dat dit ʼn gevaar vir verbruikers inhou sou hulle dit drink,” het Mabuza gesê.

“Ons vra verbruikers wat die produk gekoop het om die gebruik daarvan dadelik te staak en dit terug te neem na die kleinhandelaar waar hulle dit gekoop het vir ʼn volle terugbetaling.

“Die kommissie sal, sodra ʼn amptelike kennisgewing ontvang is, die herroeping van die produk dophou,” het sy gesê.

Wees op die uitkyk vir dié strepieskodes:

Pioneer-voedselprodukkode: 27327

Strepieskode buite op kas: 6001240225615

Strepieskode op krimpverpakking: 6001240225608

Enkele eenheid-strepieskode (aan die kant van die blikke): 6001240225592

Datumkode: BB 01.04.2021 C Tyd en BB 02.04.2021 C Tyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack ·

Ongelukkige werknemers of sabotasie. Niks vreemd nie so kyk maar gerus wat julle eet of drink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.