Glebelands-hostel ‘bymekaarkomplek vir moordenaars’

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 38-jarige man is Dinsdagaand doodgeskiet by die berugte Glebelands-hostel in uMlazi in KwaZulu-Natal. Dit bring die sterftesyfer by dié wooneenhede op 93 te staan.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is omstreeks 21:00 deur onbekende verdagtes doodgeskiet. ʼn Saak van moord word ondersoek. Volgens Zwane is die motief vir die moord in dié stadium onbekend.

Zwane het ʼn beroep op die inwoners gedoen om saam met die polisie te werk om misdaad by die hostel te beveg en kriminele aktiwiteite by die polisie aan te meld. Daar is ook ʼn satelliet-polisiestasie in die gebied wat te eniger tyd deur inwoners besoek kan word.

Vanessa Burger, ʼn gemeenskapsaktivis, het per e-pos aan African News Agency gesê sedert 2014 is daar 93 moorde gepleeg. Burger het tydens die Moerane-kommissie van ondersoek se sitting in Julie laat hoor die hostel is ʼn bymekaarkomplek vir huurmoordenaars van die provinsie.

Die kommissie sit tans in Mayville in Durban en sal Maandag getuienis van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aanhoor. Amar Maharaj, adjunkdirekteur van etiekbestuur, het aan die kommissie gesê Opod is wanfunksioneel en beamptes probeer sake vinnig afhandel om teikens te behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.